1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9995601

Besoekers aanlyn

Ons het 185 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE REDE WAAROM SOLDATE UIT SUID AFRIKA KANONVOER WORD IN SENTRAAL AFRIKA

altDivine Inspiration Group Oil, wat besit word deur invloedryke sakevrou Andrea Brown is tans bedrywig in die SAR.

Een van die feite wat die duidelikste blyk uit die fiasko oor die slagting van soldate uit Suid-Afrika in die Sentraal-Afrikaanse Republiek is dat die ANC-regime van Jacob Zuma onlosmaaklik verstrengel is in skemas van die Joodse geldmag.

Die naam Dan Gertler wat sy Afrika-mineralemonopolieë uit Israel bedryf, word prominent in die debakel genoem. Gertler en sy maatskappy is ook betrokke by magspele in die Kongo ten einde minerale-monopolieë vir die Geldmag te verseker.

Op 'n ander webblad word geskryf terwyl talle vrae opduik oor Suid-Afrika se militêre betrokkenheid in die oorloggeteisterde Sentraal-Afrikaanse Republiek, waar dit na vore gekom het dat maatskappye met skakels na invloedryke politici in Suid-Afrika en sakemanne gretig is om olie en minerale in die streek te ontgin. Familielede van Zuma word dan in die ontleding geïmpliseer.

Die berig afkomstig van Timeslive gaan voort: Ten minste een maatskappy, Divine Inspiration Group Oil, wat besit word deur invloedryke sakevrou Andrea Brown is tans bedrywig in die SAR.

Brown, wat die enigste direkteur van die maatskappy is, is 'n belangrike sakevennoot met Encha Group, 'n beleggingsmaatskappy wat gestig is deur Tiego Moseneke, die broer van die huidige adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke. Sy het ook opgetree as 'n konsultant en met die regering gewerk in die opstel van SEB-wetgewing.

Dertien Suid-Afrikaanse soldate is dood en 27 gewond oor die naweek in die hoofstad, Bangui, om rebelle te verhoed om die land se omstrede president, Francois Bozize te ontsetel. Die rebelle het intussen die hoofstad oorgeneem en Bozize is landuit.

Troepe op die grond beweer dat baie gedood is om Suid-Afrikaanse kommersiële belange te verdedig.

Ander maatskappye wat oliebelange in die naburige Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) het, wat strek tot by die suidelike streek van die SAR, is Caprikat en Foxwhelp, wat besit word deur Jacob Zuma se neef, Khulubuse Zuma. Beide van hierdie maatskappye is in die Maagde-eilande geregistreer.

Nie een van hierdie individue kon gister vir kommentaar bereik word nie.

Presidensiële woordvoerder Mac Maharaj het gister gesê hy het "geen aanduiding" nog van Zuma oor die "wat die volgende stap in die SAR sal wees nie".

Ten spyte van swak ekonomiese groei, beskik die SAR oor 'n oorvloed van onontwikkelde minerale hulpbronne, en mynboumaatskappye van regoor die wêreld stel daarin belang. Die hulpbronne sluit in koper, grafiet, ilmeniet, ystererts, ligniet, mangaan, monasiet, kwarts, rutiel, sout, tin en uraan, volgens die Amerikaanse Geologiese Opname.

Op sy webwerf, het Divine Inspiration Group Oil verklaar dat 'n ooreenkoms onderteken is om 'n olie-veld te ontgin wat strek van die suid-weste van die land tot in die naburige Demokratiese Republiek van die Kongo onder presidensiële dekreet.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie