1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9168848

Besoekers aanlyn

Ons het 198 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

HOE BELANGRIK IS ONDERWYSING VAN U KIND VIR U?

Dié vraag behels natuurlikerwys ook die belangrikheid van die strukturele onderwys waaraan u kind blootgestel is en die onderwysers wat u kind moet onderrig. Die verbod wat die regime op beheerliggame van voormalige model C-skole geplaas het om bonusse en voordele aan skoolhoofde en onderwysers te betaal wat besonderlik presteer het, sal noodwendig veranderings teweegbring.

Dit is vir geruime tyd opmerklik dat onderwys vir die oorgrote meerderheid onderwysers nie meer ’n roeping is nie maar wel ’n beroep waarin die vlak van besoldiging voorkeur geniet, vêr bo die verantwoordelikheid wat met opvoeding in die onderwys gepaard gaan waaraan Afrikanerouers gewoond was.

WAARAAN WAS ONS GEWOOND?

Uit ’n boek getiteld,”Onderwys in Transvaal 1838 – 1937” geskryf deur prof. dr. J. Chr. Coetzee van Potchefstroom, kom daar duidelike riglyne van die Afrikanervolk se oogmerke met onderwys en hoe dit vanuit die staanspoor ingerig was.

Die trekkers wat die Kaapkolonie verlaat het getrek as gevolg van die Engelse regering wat behalwe dat hulle die Afrikaners onderwerp het aan vernederende en onderdrukkende beleidsrigtings, ook ’n benadering van verengelsing van kerk en skool gevolg. Die trekkers   het liewer geen skool as ’n Engelse skool vir hulle kinders se opvoeding verkies.

Omdat die onderrig en opvoeding van hulle kinders van die uiterste belang was, het die trekkers wat nie blootstelling aan ’n skoolmeester gehad het nie, self hulle kinders die basiese in lees, skryf, spelling, taal en reken geleer.  “Die opvoeding was inderdaad ’n voorbereiding van die eise hier op aarde……Maar die opvoeding was inderdaad nog meer: dit was wesentlik ’n voorbereiding vir die eise van die lewe hiernamaals.  Tyd en Ewigheid, lewe en dood, hierdie aarde en die hiernamaals het in die lewe van die Trekker mekaar as’t ware ontmoet.”

Die verstandelik-geestelike vorming van die kind is van kleins af deur die Trekkervader en moeder in woord en voorbeeld, aanvullend by die sedelik-godsdienstige en akademiese opvoeding geleer om hom gereed te maak vir die aflegging van belydenis van geloof, omdat Godsdiens vir die Trekker die mees praktiese saak van sy lewe was.

So was ook ons opgevoed met die CNO, Christelik-Nasionale Opvoeding – en -onderwysbenadering, waarmee Suid-Afrika tot die mees vooruitstrewende land in Afrika en sewende mees vooruitstrewende land in die wêreld uitgebou is en waarvan die infrastruktuur na agtien jaar se uiterste plundering, wanbestuur en korrupsie, steeds plek-plek bly staan.

HUIDIGE ONDERWYS

Feitlik al wat dieselfde gebly het onder nie-blanke bewind, is dat die kinders in die oggend opstaan en skool toe gaan en smiddae nagenoeg dieselfde tyd as in die verlede, huis toe gaan.

Sedert 1994 is daar bykans elke jaar ’n verandering aan die leerplanne, ’n verandering van minister van onderwys, probleme met handboeke, laat en foutiewe eksamenvraestelle, swak prestasie, moord, seks en aanrandings in die skole, onderwysers en mense wat vraestelle moet merk wat akademies swakker toegerus is as die leerlinge, ens., ens.

Die ergste is egter dat benewens dat die Godgebonde karakter en grondslag uit die onderwys uitgehaal is, die Afrikaner se geskiedenis, waar daar nog daarna verwys word, verdraai is  en vervang word met leuens en sg. vergrype van die Afrikanervolk teenoor ander rasse terwyl elke Afrikaanse opvoedingsinstelling verengels en oorstroom word met swartes.  Van kwaliteit en standaard is daar geen sprake, wat staan nog om die kind toe te rus vir die eise van die lewe. Daar het nie ’n enkele Universiteit oorgebly wat die Afrikaner sy eie kan noem en wat nie bestuur en beheer word deur een of ander liberalis wat die volksvreemdes terwille is nie! So het daar ook weinig onderwysers oorgebly vir wie die volkskarakter van ons volk belangrik genoeg is om daarvoor in die bres te gaan staan nie.

ONDERWYS VIR 2012

Afrikanerouers vir wie Godsdiens en volksbelang,(nasionalisme), in die onderrig en opvoeding van sy kind belangrik is, se kinders vind jy in enkele privaat en volksgerigte skole waar die ouers ten bloede toe moet betaal omdat sulke skole geen subsidie van die staat ontvang, ten spyte daarvan dat daardie ouers ook belasting betaal en geregtig is op belastinggeld wat vir onderwys begroot word. Dit is ook in hierdie skole waar onderwysers, ongeag van ’n karige besoldiging, gevind word omdat onderwys sy of haar roeping is.

Soos na die Engelse besetting in die verlede Afrikaners ook hulle kinders uit die Engelse staatskole uitgehaal het en met behulp van enkele simpatieke Hollandse onderwysers privaat CNO skole gestig het, het die hoë uitgawes hulle later teruggedwing na die staatskool.

Dit is in belang van ons kinders se voorbereiding vir die eise van ons tyd, dat Afrikaners ’n Onderwyskonferensie reeds vroeg in die jaar hou ten einde die toekoms van ons kinders in oënskou te neem en te beplan om hulle voldoende en bekostigbaar daarvoor voor te berei.

Hiertoe roep die AVP Afrikaneronderwyskundiges op wat die verantwoordelikheid besef en volgens hulle roeping bereid is om hierin ’n bydrae te maak in belang van ons kinders en vir die behoud van ons volk se voortbestaan.

Ons kan nie die regime verantwoordelik hou vir die ellende waarin onder andere die onderwys van ons kinders verval het nie, ons moet ons eie mense verkwalik wat dit wat ons s’n was, vir die regime gegee het! Iemand het onlangs gesê dat as jy jou huis vrywillig aan iemand beskikbaar stel en hy maak vuur op jou sitkamer se vloer, moet jy nie hom daarvoor verkwalik nie maar jouself, veral as jy van sy karaktersamestelling bewus was of daaroor gewaarsku was!

Laat ons dus skouer aan die wiel sit om ons kinders van ’n toekoms te verseker. Ons het niemand se toestemming daarvoor nodig nie, net die genade en barmhartigheid van God waarvoor ons met oorgawe kan bid!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie