Bemagtiging: Wit vroue gaan nie meer tel……en die Bloemfonteinse lughawe se naam kan binnekort verander na die Bram Fischer Internasionale lughawe, is berigte wat onlangs in ’n Afrikaanse dagblad verskyn het.
Wat is die dieper betekenis hiervan? As die Freedom Charter, wat volgens eie verklaring die bloudruk van die ANC regime is, in aanmerking geneem word, is dit duidelik dat ongeag enige verklaring wat hulle mag maak waarin die welwese van die Afrikaner belowe of gewaarborg word op welke terrein ook al, waardeloos is.
Daar word onverbiddelik voortgegaan om die geskiedkundige eiendomlike van die Afrikaner in te palm deur die herbenaming van alles wat ’n Afrikaanse naam het, asof dit die swartes se skepping was. Petrus Steyn moet nou Mamafube en Odendaalsrus Mahobe word.
Om nog meer van die belastinginkomste na swartes toe te kanaliseer, is ’n komitee in die Vrystaat vir geografiese name gestig en twee miljoen rand bestee aan openbare verhore oor pleknaamveranderings.
Benewens die naamsveranderings word die aanstelling van wit vrouens en gestremdes as voordeel in die bepaling van die gradering van bemagtigde organisasies, deur voorgestelde wetswysiging, in die ban gedoen. Dit word gestel dat in die geval van ’n werksaansoek deur ’n wit en ’n swart vrou vir dieselfde pos, die swart vrou waarskynlik voortaan aangestel sal word. Die implikasie hiervan is noodwendig verdere en vinniger agteruitgang soos wat reeds in die staats en munisipale instellings beleef word. Diskriminasie teen Indiërs en kleurlinge op dieselfde wyse, is volgens die Afrika patroon onafwendbaar.
’n Ingebore strewe na mag in die swart ras, soos wat by herhaling deur Mugabe op selfs die ouderdom van 88 demonstreer word en ook sigbaar is by Kabila in die DRK, maak ’n bespotting van hulle hooggeroemde demokrasie en is ’n aanskouingsles van wat in Suid-Afrika te wagte kan wees.
Dat daar steeds blanke mense is wat die mening toegedaan is dat jy hierdie mense se welwillendheid kan bekom deur toegewings, samewerking en onderhandeling, grens aan politieke waansinnigheid en dan poog hulle nog om mense daartoe te oorreed!
Dit is selfs wenslik dat vir die tyd van dekadensie en verval onder ’n swart regime, name verander word sodat die wêreld die vernietiging van die beskawing in Suid-Afrika aan die regte kapstok kan hang! Juis vir daardie rede het die AVP die item Naamsverandering op ons webblad aangebring sodat elke naam wat verander word aangeteken kan word. Daar is ongelukkig talle Afrikaners wat reeds gemaklik geraak het met van die name wat verander is en kinders wat glad nie weet wat die oorspronklike naam was nie!
Nadat die nuwe Suid-Afrika klaaglik misluk het onder die Swart Kommunistiese Meerderheidsregime en die wêreld sy kop in skaamte sal moet laat sak vir die ondersteuning aan ’n bende terroriste wat hulle tot ikone verhef het, sal die Afrikanervolk weer ons land terugvat en herstel onder die seënende hand van God, soos dit was in die verlede.
Hoe stywer die skroewe aangedraai word, hoe sterker sal ons staan totdat ons weer oorwin het!