Die onverwagse dood van die geheimsinnige Noord-Koreaanse leier. Kim Jong – IL, het ’n wye geskarrel in die wêreld veroorsaak. Behalwe ’n oproep deur die president van Suid-Korea vir ’n noodtoestand in feitlik elke staatsdepartement, het hy ook alle verlof opgeskort en gelas dat die weermag tot gereedheidsgrondslag van hoogste graad geplaas moet word.
Die aankondiging op staats-TV dat Kim Jong(69), aan ’n hartaanval dood is terwyl hy in sy land met ’n trein op reis was en Noord Korea ’n kortafstand missieltoets daarna uitgevoer het, terwyl daar juis spanning bestaan omdat N-Korea nie bereid is om bes te gee oor sy kernwapenprogram nie, het die moontlikheid van ’n kernbedreiging aansienlik verhoog.
Japan en S-Korea, wat albei groot militêre basisse van die VSA huisves, was deurlopend met die VSA in verbinding. Onderhandelinge tussen N-Korea, die VSA, Japan, Rusland, China en S-Korea wat in 2009 ’n dooiepunt bereik het nadat N-Korea ’n tweede kernbom in ’n toets laat ontplof het en boonop ’n S-Koreaanse oorlogskip gesink het, het genoeg potensiaal vir internasionale vrees vir die onvoorspelbaarheid en onverskrokkenheid van die Noord-Koreane.
Die uitkoms van toekomstige onderhandelings met N-Korea setel egter in die outentisiteit van Kim se hartaanval. Ten spyte daarvan dat Kim ’n diktator was, was hy skynbaar geliefd onder sy mense. Sou vuilspel hier ontdek word,is enigiets moontlik.
Internasionale betrokkenheid in die sluipmoord op dr. Verwoerd en die stelselmatige vestiging deur internasionale bemiddeling van swart en meesal kommunistiese regerings in Angola, Mosambiek, Rhodesië, Suidwes-Afrika en daarna Suid-Afrika, dui onteenseglik op ’n bepaalde strategie.
Dit het waarskynlik ook ’n noue verband met onlangse gebeure in Egipte, Jemen, Sirië, Libië en ander Noord-Afrika en Midde Oosterse lande waar leiers vervang word met manne uit die Bilderbergers, Trilateral Commision en ander “New Age” drywers. Dit is juis vir hierdie langtermyn oogmerk waarvoor lande soos N-Korea, China en Iran ’n ernstige bedreiging vorm.
Sou Putin in Rusland daarin slaag om die onrus oor die uitslag van die onlangse verkiesing te laat bedaar, is die kernhulp uit Rusland aan Iran ’n bydraende bedreiging vir die Nuwe Wêreld Orde.
Opstand onder gewone kiesers wêreldwyd oor regeringspraktyke wat aanvanklik internasionaal bestuur is, begin sy eie patroon en momentum bou. David Cameron van Britanje se weiering om deel te wees van die EU se plan om Europese lande se finansiële skuldlas te verlos, spruit waarskynlik juis hieruit en uit die implikasies wat so ’n besluit vir sy party in ’n verkiesing sou hê terwyl die Engelse kieser self finansieel swaarkry.
Ons gaan nou ’n tydperk tegemoet waarin die wysheid van Afrikanerleiers wat besef het dat integrasie nie in belang van vreedsame naasbestaan is nie, oral begin inslag vind. Die eise wat volksvreemdes wêreldwyd op inheemse volke se ekonomie, gesondheidsdienste, skole, universiteite en ander infrastruktuur plaas, om nie te praat van geloofsoortuiging en kultuurgoedere nie, word ondraaglik en bevorder opstand en rassehaat.
Michael Power van Investec, hy is ’n globale strateeg, se stelling dat Amerika en Europa ekonomies kapot is, is ’n standpunt wat reeds geruime tyd, inteendeel reeds etlike jare die ronde doen. Die feit dat dit nou openlik en oral in die media gedra word, sal sekerlik ’n invloed hê op die tempo waarmee gepoog sal word om verandering in wêreldlande te bewerkstellig.
Die AVP se siening is: Die mens wik, maar God beskik! Laat ons Afrikanervolk nie op prinse vertrou nie maar Sy voorskrifte volg, want daarin lê ons heil!