1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7444727

Besoekers aanlyn

Ons het 39 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

BRIEF AAN RAPPORT NIE GEPLAAS – ALBERTINA SISULU

Die Redakteur Rapport

Sal u asseblief so goed wees om hierdie brief te plaas in die volgende uitgawe.

 

Verlede week in Rapport verwys ene D. Coetzee van Randburg na Afrikaners as ongeskikte barbare en ‘n vieslike kommin ding.

Blykbaar was daar ‘n uitjouery toe ‘n minuut se stilte gevra was net voor die Leeus en Sharks se wedstryd, vir die afsterwe van Albertina Sisulu.

In my beskeie opinie het die mense siek en sat geword vir die alewige politieke inmenging in sport, in hierdie geval word ‘n persoon vereer wat geen aandeel in die opbou van rugby gehad het nie?

Albertina Sisulu was ‘n bedrewe ANC aktivis. Sy was ook eggenote van die gevange S.A.K.P. leier Walter Sisulu; en was visie – president van die U.D.F. wat al die ondergrond eenhede van die ANC gekoördineer het saam met Umkhonto we Sizwe, die militêre been. Ons almal is bewus van die gruweldade wat hier uitgespruit het (bron: Peoples War, Anthea Jeffrey).

 

Die uitjouery was ‘n spontane reaksie van ‘n gevoel en bewustheid van die juk wat Afrikaners vandag moet dra as gevolg van die verloop van sake uit die politiek.

 

Vir ene D Coetzee, ou vriend, skeur jou los van jou eie Afrikanernasie en verwonder jouself dat die ander nasies nie oormekaar val om jou in te neem nie, dan vra jy Afrikaners verskoning vir jou uitskellery.

 

Arcas van Rooyen

Erasmusrand, Pretoria

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie