1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7443822

Besoekers aanlyn

Ons het 48 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

DIE VERKIESING: 2+2 IS NIE VIR ALMAL VIER NIE!

As die Freedom Charter die bloudruk vir die ANC se politieke optrede is en Helen Zille van die DA verklaar in die openbaar dat sy die Freedom Charter ondersteun, wat is die verskil in hulle politieke benadering?

Dit is nie toevallig dat daar nêrens in die wêreld  ’n enkele voorbeeld bestaan van ’n regering van Nasionale eenheid wat suksesvol bedryf word nie, allermins een met ’n vergelykbare samestelling van dié van Suid-Afrika!

Hiervoor was Afrika al vir so lank as wat daar lewe was ’n aanskouingsles wat elke blanke volk wat hom hier kom vestig het, met die doel om saam met die inheemse swart ras die gebied te ontwikkel en die bestaande potensiaal te ontgin tot voordeel van almal, groot offers moes bring en stank vir dank verduur!

Daardie politieke som het oor die eeue vir baie én vir min blankes nie altyd opgetel na die regte antwoord nie!  Die strewe na gelykheid, vryheid en broederskap was nog nooit genoegsame ruilmiddel vir vreedsame naasbestaan  waarna gestrewe is nie. Om dit te probeer bewys  deur die daarstelling van infrastruktuur en ekonomiese ontwikkeling met die vestiging van skole, universiteite, hospitale, werkskepping, ens., kon nog nooit daarin slaag om die swarte se welwillendheid oor die langtermyn te verseker nie.

Genls. Jan Smuts en Louis Botha

In April 1912 sê Genl. Botha dat om rasse op dieselfde vlak te plaas geen bevrediging sal bring nie en iets anders gedoen sal moet word soos bv. ‘n mate van selfregering aan hulle onder toesig van die blankes. Op 24 September 1912 sê hy op Heidelberg dat die “Kaffervraagstuk” die moeilikste vraagstuk in die land was en dat die oplossing lê in die afsondering van die naturelle in sekere gebiede,  met ‘n soort selfregering in slegs daardie gebiede en nêrens elders nie. In die Parlement het hy dan ook in 1913 ‘n voorstel ter tafel gelê dat die naturelle gesegregeer moet word met selfregering onder toesig van die blankes.

In 1917 by ‘n eetmaal wat tot sy eer gehou is het Genl. Smuts, as lid van die Imperiale Oorlogskabinet  onder voorsitterskap van Lord Selborne, ‘n toespraak gehou oor “The White Man’s Task”

“We have felt more and more that if we are to solve our Native question it is useless to try to govern Black and White in the same system, to subject them to the same  institutions of  government and legislation . They are different not only in colour but in mind and political capacity and their political institutions should be different”. Hy het verder verduidelik dat oor die lang termyn daar areas sal wees wat die swartes sal bewerk en beset waar hulle hulself volgens hulle gebruike sal regeer terwyl die res van die land deur  blankes beheer sal word wat hulleself apart volgens Europese standaarde sal regeer.

‘n Gevolgtrekking gebaseer op die praktyk en wat nie deur  die Engelse regering gerepudieer was nie en waarvan dr. Verwoerd bepaald nié die Vader was soos hy tydig en ontydig beskuldig word nie!

 

DIE DA VAN HELEN ZILLE

Met die wins in swart stemme in Donderdag se munisipale verkiesing het Zille se party in getalle gegroei, maar volgens die politieke som van Afrika, oneindig baie probleme as wins verkry.

Dieselfde onbevoegdheid, dieselfde korruptiewe neigings, dieselfde haat oor etniese grense heen as wat binne die ANC heers, het nou ook deel van haar mondering geword waarvoor sy meer as skrapsgeklede danspassies gaan nodig hê om te besweer!  Dit bloot omdat 2+2 nie vir die swart ras 4 is nie!  Dit is oor eeue reeds vasgestel dat die swart ras verkies om oor homself te regeer ten spyte van enige verval wat daarmee gepaard gaan, as om in voorspoed onder ’n blanke regering te staan!

Beloftes van beter dienslewering aan die “agtergeblewenes” behels die toepassing van die Freedom Charter wat bloot beteken om nog meer van verdienstelike blankes se besit, aan onverdienstelike swartes te laat toekom.  Vir Blankes maak daardie politieke som ook nie sin nie!

DIE VF+

Blanke Afrikaners se ondersteuning van die VF+ het alreeds in die vorige verkiesing baie swak vertoon en was hulle prestasie bloot toe te skryf aan die kuberkraker se spookstemme wat aan hulle toebedeel was.  Die ou gesegde van as jy twee perde gelyk wil ry, jy in die middel sal deurval, het nou hulle lot geword!  Wat wel verblydend is, is dat dit duidelik daarop dui dat al hoe minder Blanke Afrikaners gaan stem het!  Dit word ’n gemeenskaplikheid waarin ons weer samehorigheid kan verkry namate die paar verdwaalde Afrikaners wat nog vir die Antichristelike DA en ACDP gestem het, ontnugter word!  Hoe lank sal hulle nog kan saamleef met partye  wat roem op Christelikheid en hulle dan in die openbaar verbly oor die “gay” stemme wat hulle verwelkom?

DIE TAFEL IS GEDEK

Vir groter verval, meer geweld, swakker beheer en toenemende druk op die blanke met klem op die Afrikaner.  Daar moet deur die wêreld bewys word dat Suid-Afrika nie net die Afrikaner se land was nie en daarom sal die aanslag op ons volk verhewig word om te verhoed dat dié van ons wat oorgebly het en stadig maar seker besig is om te konsolideer, se strewe na nasionalisme vernietig word.  Ons moet ingetrek word by die onderhandelaars met die oog op ’n rasgemengde, onpatriotiese bastervolk wie se strewe die hier en die nou is met die oog afgewentel van ons ewigheidsbestemming!  Mag God ons daarvan bewaar.

HOU GOEIE MOED AFRIKANER!

Soos wat die greep van die Antichris oënskynlik toeneem en verstewig, so kom die dag van afrekening ook nader!  God laat Hom nie bespot soos wat die swartes in die afgelope verkiesing van die Afrikaner gelowige en ook ander gelowige blankes se God ’n belagging probeer maak het nie!  Maak u dus geestelik en fisies gereed vir die dag wat dit God sal behaag om ons te gebruik om SY eer te herstel.  Intussen sal ons die verdrukking en verguising noodgedwonge moet verdra.  Moet dit egter nooit aanvaar nie!  Bly paraat en bly gereed.  Beskerm u kinders en hou die vlam van nasionalisme in hulle brandend deur na die leerinhoud van hulle skoolwerk te kyk en dit reg te stel.

Moet nie ons heilige en volksfeeste verwaarloos nie.  Daarin lê veel versterking vir ons verantwoordelikheid vorentoe!

Mag die uitkoms van hierdie afgelope verkiesing die inspirasie word wat ons as Afrikaners nodig het om ons weer bymekaar te dwing, of ons bymekaar wil wees of nie!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie