1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5746573

Besoekers aanlyn

Ons het 35 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

WETSGEHOORSAME BURGERS: VAN WIE PRAAT MTHETHWA?

Nadat die regime deur middel van wetgewing, wetsgehoorsame blanke burgers van Suid-Afrika in “kriminele” verander het, wil dit op die oog af voorkom of daar ’n liggie in die tonnel skyn, of verbeel ek my? Mthethwa se verklaring dat die Wet op die Beheer van Vuurwapens gewysig gaan word om dit vir veral vir diegene wat vir selfverdediging aansoek doen om ’n vuurwapenlisensie, makliker te maak en ook die administrasie daarvan te bespoedig, laat ’n mens wonder of die naderende verkiesing hier ’n invloed het.

Dit is nietemin ’n verklaring wat elke blanke op sigwaarde behoort op te volg en onmiddellik aansoek te doen in die lig van die vlaag aanvalle op blankes en die Malema demonstrasie by die hof waar dit juis gaan oor die opruiende dreunsang om boere te vermoor!  Dit is ook aangevul met “kill the Boer, kill the Farmer”  ’n liedjie wat enersyds die minagting van die swart ras vir wetsgehoorsaamheid demonstreer en andersyds ’n waarskuwing tot ons blankes rig om gereed te wees om vermoor te word!

Wetsgehoorsaamheid beteken behalwe om gehoorsaam te wees aan die voorskrifte van die wet, ook om ordeliewend te wees.  Blankes wat vir ’n leeftyd in besit was van vuurwapens en nooit van ’n oortreding vir die misbruik daarvan aangekla is nie, het ’n eenmalige lisensie daarvoor ontvang en dit eerbiedig.   Nadat die swart regime oorgeneem het, het hulle waarskynlik uit vrees vir ’n opstand, die besit van vuurwapens gekriminaliseer deur wetgewing en boonop die blankes met miljoene rand belas vir her aansoeke, bevoegdheidsertifikate en allerhande rompslomp waartoe hulle administratiewe bevoegdheid al gou geblyk het, nie opgewasse was nie.

Sperdatums moes by herhaling verskuif word en tot vandag is daar meer as ’n miljoen hernuwings en nuwe aansoeke wat nie afgehandel kon word nie. Die oproeriges en wetsongehoorsames gedy wanneer daar wanorde is en Malema se lyfwagte kan met Bulgaarse outomatiese wapens in die openbaar verskyn en gaan selfs die hof binne sonder dat hulle ge-arresteer word.

Mthethwa se in die bres tree vir iemand soos Cele, verhoog my wantroue in die opregtheid van sy bedoeling soos in die verklaring uitgespreek.  Nietemin moet dit beproef word deur onmiddellik daarvan gebruik te maak.  In die lig van Winnie Mandela en Malema se uitlatings by die hof, het elkeen van ons ’n wapen nodig vir ons eie veiligheid en selfverdediging.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie