1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5476751

Besoekers aanlyn

Ons het 52 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Media

VERSKANSINGSFONDS WAARSKU SA OOR INEENSTORTING

Reuters

Londen - Suid-Afrika funksioneer nie reg nie en sal ineenstort binne die volgende 15 jaar met meer ernstige gevolge as Libië, sê Toscafund, een van die Verenigde Koninkryk se hoë-profiel verskansingsfondse.  Dit sal kommoditeit-ryk Rusland en Australië bevoordeel.

 Die hoofekonoom en vennoot Savva Savouri, wat navorsing gedoen het oor Suid-Afrika se ekonomie, het die emigrasie van professionele werkers en die “tekort aan gesentraliseerde leierskap” hiervoor blameer.

"Leierskap in SA is sosiaal, polities en demografies gebrekkig. SA sal ineenstort binne 15 jaar en die weg van MENA (the Middle East and North Africa) volg, maar die ineenstorting sal baie meer ernstig wees," het  Savouri aan Reuters gesê in 'n onderhoud hierdie week.

"Professionele wittes en swartes verlaat die land in hordes - die menslike kapitaal is vervalle," het hy gesê.

Savouri se kommentaar kom in die golf van kommentaar oor die Libiese leier Kaddafi wat sukkel om 'n twee-week-oue opstand in die wêreld se 12de grootste olie-uitvoerland onder beheer te bring, wat gehelp het om Brent ru-olie op te stoot tot bo $ 115 ’n vat.

Die onrus in Noord-Afrika en die Midde-Ooste het ook die verdringing van die Egiptiese leier Hosni Mubarak en Tunisiese-leier Zine al-Abidine Ben Ali gesien, sowel as protes opstande in Bahrain en Saoedi-Arabië.

Savouri het gesê 'n ineenstorting in Suid-Afrika, wat die wêreld se grootste produsent van platinum en ’n  belangrike produsent van palladium saam met Rusland is, sal kommoditeitspryse hoër druk tot voordeel van mededinger kommoditeit-ryk lande.

"Dit is duidelik dat Rusland en Australië sal wen in die proses. Die oplewing in kommoditeitspryse sal hulle baat ," het hy gesê.

Savouri, wat bekend is vir sy uitgesproke voorspellings, het in Januarie gesê dat die finansiële dienste sektor prakties "wetteloos" handel.

Hedge fund warns of SA 'blow-up'

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie