1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
10648655

Besoekers aanlyn

Ons het 156 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

POLITIEKE “KORREKTHEID” DIE EUWEL VAN ‘N WÊRELDWYE POLITIEKE KLIMAAT

Dit verstom ‘n mens dat veronderstelde intellektueles, akademici en sogenaamde geleerdes, ankerloos saamgesleep word na die afgrond van beginsellose beleidsrigtings wat onvermeidelik afstuur op volksvernietiging!

Dit is asof elke woord of terme wat ontwerp is om ‘n stigma te verteenwoordig, die vermoë verwerf het om elkeen en almal wat toonaangewend is met ‘n vrees vir assosiasie te besoedel. Die mees “gevreesde” term is rassisme! Niemand wil tog ‘n rassis wees nie! Die gevolg is dat terme soos “volk”, “volkseie”, “Nasionalisme”, feitlik vloekwoorde geword het.

Die bekende ekonoom Dawie Roodt het onlangs gesê dat die ANC homself onbevoeg en die mees vernietigende mag bewys het wat Suid-Afrika nog ooit gesien het.(Waarmee ons van die AVP heelhartig kan saamstem)

Hy het sy sienings oor die African National Conference (ANC) gedeel tydens 'n bespreking by die 2026 Biznews-konferensie by die Champagne Sports Resort in die Drakensberge.

Roodt het gesê dat die ANC se ideologiese wortels in sosialisme en kommunisme nie in pas is met die moderne wêreld nie.

Die party se ideologiese fondament is die primêre rede vir Suid-Afrika se ekonomiese agteruitgang en ander finansiële probleme.

“Iets is verkeerd, en dit word die ANC genoem. Dit is verkeerd omdat die ideologiese basis sy wortels in sosialisme of kommunisme het,” het hy gesê.

Wat Roodt vermy om te sê, is dat die Afrika bewys van die swart ras se onvermoë om skeppend en verantwoordelik met regeringsvorming om te gaan, sy affiniteit vir sosialisme en kommunisme as grondslag het.

In Europa word onwettige immigrasie voorgehou as die euwel vir die onheil waaraan hulle huidig blootgestel is. Inderwaarheid is dit egter die slagspreuk van gelykheid, vryheid en broederskap wat ontwerp is om Afsonderlike Ontwikkeling in die doofpot te stop! Die agenda om identiteit uit te wis deur verbastering af te dwing, is deur die liberalisme en humanisme in die verskillende kerke op die spits gedryf terwyl identiteit op die agtergrond rangeer is terwille van “mensereg”!

In Suid Afrika is dit die postmoderne politieke jeug wat dienstig geraak het aan integrasie terwille van politieke korrektheid! Dit het die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling vervang as ‘n potensiële “beter” beleid, sonder om die somme van getalle oorwig in aanmerking te neem.

Met die DA as dryfveer en die VF Positief wat ingekoop het in die Regering van Nasionale Eenheid, waar niks van nasionalisme oorgebly het en gèèn eenheid sigbaar is nie, is regeervermoë onbestaanbaar! Om jou dus te begewe na die “mistieke stembus” van ‘n ANC regime, plaas enige stemmer se intellek onder ernstige verdenking.Daar is geen hoop dat alliansievorming vir die blanke enige voordeel het nie. In teendeel verswak dit ons stryd om hierdie land wat die Afrikanervolk se wettige eiendom is, weer vry te kry!

Ons verdeelde en verskeurde Afrikanervolk is nog nie gereed om op beginselgrondslag in samewerking op te tree nie. Sport en plesier is steeds nog hoog op die daaglikse sakelys, terwyl stryd om vry en onafhanklik in jou eie land te wees nog moet plek maak vir sinlose argumente wat geen bydrae kan of sal maak tot ons onmiddellike dilemma nie. Samewerking met die hoop om politieke seggenskap te verkry is wensdenkery en sal soos in Afrika, slegs die deelnemers finansieël bevoordeel!

Keer terug na jou God, keer terug na jou volk en keer terug na jou identiteit, Afrikaner en Boer, wat nooit kan loskom van jou taal en gemeenskaplike geskiedenis en kultuur waarin jy gegiet is nie!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie