1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7445469

Besoekers aanlyn

Ons het 56 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

SELFBESKIKKING, HENSOPPER TOWERWOORD!

Piet de WetTerwyl in 'n magsposisie, met Afrikaners nog in beheer van Suid Afrika, was die selfbeskikkingsbepleiters van huidig, juis diégene wat die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling teëgestaan het. Dié beginsel wat uit dure ervaring uit die geskiedenis na vore gedruk is om selfbeskikking vir elke volk in Suid Afrika te verseker. Die énigste beginsel wat ons Afrikanervolk instaat gestel het om temidde van elf ander nie-blanke volke oor onsself te beskik!

 

Met daardie beginsel as deel van ons grondwet het ons volksvoorgangers Suid Afrika uit die wildernis ontworstel, tenspyte daarvan dat hulle ook nog moes stry teen barbaarse aanvalle wat geloods was vanuit swart geledere om te plunder en te steel en selfs te moor, instede daarvan dat hulle ook die gebiede wat hulle beset het opgebou en ontwikkel het soos die blanke.

Dit was, soos nou, makliker om te vat wat nie aan jou behoort het nie as om daarvoor te arbei. Met die "ywer en kundigheid" wat vandag voorgegee word as sou dit met die blanke se vermoë gelykstaan, het swaksinnige, geloof- en moedlose politici gekapituleer voor druk uit die internasionale gemeenskap. Die resultaat is male sonder tal voorspel en lê meer as vierhonderd jaar se prestasie van die blanke nou in stof en as!

 

In 'n onderhoud met Ernst Roets van Afriforum oor die kwessie van selfbeskikking verduidelik Dirk Herman en Kallie Kriel van Afriforum die noodsaaklikheid van selfbeskikking teenoor Staatsbeskikking, wat letwel, deur middel van onder andere ook hulle bemiddeling ontstaan het, tenspyte daarvan dat hulle gewaarsku was dat die teenhang van Afsonderlike Ontwikkeling nie in ons volk se belang is nie en op die keper gesien, ook nie in die verskillende swartvolke s'n nie! In vergelyking met die ou SAP en NP verskille, 'n tipiese Hensopper benadering eerder as stryd in verset in belang van reg en geregtigheid!

 

Wat ernstige kommer wek van Afriforum is dat al sy verteenwoordigers, om Hermann se woord te gebruik, 'n ingeboude filter het wat hulle laat wegskram van die enigste suksesvolle en werkbare beginsel in belang van blanke voortbestaan, wat nog te sê van selfbeskikking in Afrika. In wese is dit in die lig van al die simptome, wat die afwyking van ons beginselbeleid van Afsonderlike Ontwikkeling as oorsprong het en waaroor Afriforum nou struikel, niks anders as politieke korrektheid wat Dirk self "eintlik maar oneerlikheid" noem! Ek haal enkele stellings aan van Dirk uit 'n ondergenoemde debat in 2014.

 

DEBAT TUSSEN JAN DE LANGE EN DIRK HERMANN

G’n meer oortreder, slagoffer

2014-08-16 21:56

Dirk Hermann

In verlede week se ‘Sake-Rapport’ trap die arbeidsjoernalis Jan de Lange vir Dirk Hermann van Solidariteit uit omdat dié in sy kritiek op regstellende aksie nie onaanvaarbare hoë swart werkloosheid in gedagte hou nie. Hier antwoord Hermann.

"Jan, ek praat met baie gehore en dikwels is die grootste deel van die gehoor swart. Die vraag is tereg hoe ons boodskappe verby mekaar se ingeboude filters oordra. Ek het nie ’n kitsoplossing daarvoor nie, maar die antwoord is nie politieke korrektheid nie, wat eintlik maar oneerlikheid is.

Die aanname van die tirannie van verteenwoordigendheid is dat as Suid-Afrika se werkmag op alle plekke en alle vlakke verteenwoordigend van die nasionale rassedemografie is, is ons ’n gelyke samelewing.

Die antwoord moet op ’n ander vlak lê en dit is aan die insetkant van regstellende aksie, naamlik opleiding en ontwikkeling. Hieroor moet baie meer geskryf word.

Dit is hoegenaamd nie ’n swart-wit- vraag nie; die vraag is eerder of die vaardighede en ondervinding by die pos pas. Dit sluit ook nog nie eens in dat institusionele geheue, streekwerklikhede, individuele vaardighede en passie ook vir ’n effektiewe staatsdiens in ag geneem moet word nie.

 

 

Die fout wat Dirk begaan is om nie die baie geskrifte wat geskryf is te lees en kennis te neem van die inhoud daarvan nie. Oor eeue, tot vandag toe het pogings aan die insetkant van jou "regstellende aksie" géén olossing gebied nie! Al sou daarin geslaag kon word om opleiding en ontwikkeling op dieselfde vlak as die blanke te bring, verander dit nog niks aan die demografie waar die minderheid steeds die slagoffer van getalleoorheersing sal wees. Daarbenewens is hulleself gevangenis van getalle wat alle rede oorheers en die aanskouingsles van Afrika is. Dit is waarvan julle weier om kennis te neem asof julle slimmigheid instaat is om dit op te hef!

Ek antwoord graag op Dirk Hermann se ope brief oor "Ek sal self"

 

OPE BRIEF AAN DR. DIRK HERMAN OOR SY OPE BRIEF

Dr. Herman, aangesien jyself nie erg het aan jou titel in jou ope brief nie, vergun my dus asseblief dieselfde onge-ergdheid, hoewel nie uit disrespek vir jou titel nie. Dit is tog wonderlik hoe tydsverloop genesing kan bring. Die tydsverloop waarna ek hier verwys het egter vir ons volk ook erge benouing gebring wat ons gespaar kon gebly het.

Jou brief handel vanuit Maroela Media se meningsvormingsdebat dat ons ‘n plig het om nee te sê en mekaar te help. Daarmee kan ek nie verskil nie behalwe om te sê dat jou aanvanklike beperking van vriende en makkers, asook die behoefte van waarmee jy wil hê dat “ons” mekaar moet help, beligting benodig.

Jy sal begrip hê dat daar Afrikaners in ons land oorgebly het wat verskil met die woordgebruik en politieke inklinasie van beide Solidariteit en Afriforum. Julle vermy sover moontlik die term Afrikanervolk wat ons in voorkoms, taal en kultuur asook geskiedenis, onderskei van ander volke en julle verfoei die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling wat deur die woordgebruik “apartheid” gedemoniseer en beklad is met alles wat dit nie is nie.

 

Ek bemerk egter uit jou brief ‘n weerstand teen onreg en vergryp van mag, wat veral nou in duidelikheid neerslag vind waar die liberale denker se verwagting van samewerking, hulp en morele handeling in ‘n tyd van nood, besig is om sy grootste knou te kry!

Namate die gebrekkige en vewaande “beter politieke insig” van die hedendaagse politiek- selfaangestelde politieke leiers, se wanstaltige moderne politieke ideolgieë in die voorspelde voë van ons eertydse kundige Afrikaner leiers begin val, waarteen jy nou beswaar het, sal beide Solidariteit en Afriforum die Afrikanervolk se steun en befondsing begin verloor en sy leiers soos Jan Smuts en F.W. de klerk as verraaiers verstoot word.

 

Daar is weinig indien nie elke hofgeding waarin Solidariteit en Afriforum betrokke geraak het, wat nie ‘n simptoom is van die Afwyking van die beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling nie. Magsdeling in ‘n multikulturele samelewing waar getallepolitiek die “morele” basis vorm, is sekerlik die mees immorele stelsel ten opsigte van die Afrikanervolk waarteen ons eertydse leiers nog altyd gewaarsku en gewaak het! Rasseskeiding is ‘n natuurlike grens wat God self geskep het en deur geen hof ongedaan gemaak sal kan word wat geregtigheid tot gevolg moet bewerk nie. Hierin vertoon jy en jou organisasies ‘n teenstrydigheid!

Dit werk nie eers in Afrika waar daar hoofsaaklik homogene rasse in lande betrokke is en konfrontasie as gevolg van onverdraagsaamheid vanweë kultuurverskille heeltydse gewelddadige konflik die gevolg is! Dit is asof die moderne gees van eenheid in verskeidenheid die jongmens se verstand só benewel het dat nugterheid vir sigbare en onhaalbare politieke maatreëls ‘n ondeurdringbare newel geword het. Dit het selfs deurgedring tot die aanvaarding van die selfdegeslag huwelike en homoseksualisme in die kerk! QUO VADIS AFRIKANER??

 

Omdat die reg nie meer reg is nie maar gek soos wat jy dit stel Dirk, daarom kom die groter gemeenskap nie hul plig na om nee te sê en skreeu hulle dit nie van die dakke af nie! Omdat julle nie saam met ons nee gesê het toe julle moes nie en julle dus nie nou meer vertrou word met ons Afrikanervolk se sake nie! Julle verwerp nie die godlose grondwet met al die onreg en boosheid wat in hom opgesluit is nie. Julle verwys na ons as ‘n minderheid asof ons nikseggend is. ‘n Volk is tog ‘n volk! Ongeag sy getalle! Wat meer is, hierdie land is óns land wat besig is om deur leuens en onreg onder ons uit gesteel word en julle wil dit deel met ons uitgesproke vyande se lakkeie wat ‘n bewese rekord van onreg en magsmisbruik al vir eeue vertoon! Daar is ‘n intuïtiewe Godgeskape gevoel van wat reg en wat verkeerd is wat nie deur wetgewing verander kan word nie. Om die mag van die wet te misbruik om jou eie vertolking van wat jy dink reg is op ander af te dwing, is magsmisbruik en ‘n vergryp aan wat natuurlik reg is.

 

Dirk, jy verwys na die stelsel wat op julle platgeval het. ‘n Regter bevind dat hulp in ‘n krisis op grond van die kleur van jou vel gegee mag word en die stelsel meen dis reg so, skryf jy! .Die stelsel het hierdie saak op morele vlak verloor. Om belastingbetalers se geld te vat om hulp te gee op grond van die kleur van jou vel, is moreel siek, sê jy!

Dit Dirk, is die stelsel waarteen daar sedert die ou Sappe se beleid deur ons Afrikanerleiers gestry en gewaarsku was! Dit is die beleid wat Solidariteit en Afriforum vandag in wese ondersteun instede van om dit saam met ons te bestry! Dít is die onreg wat ons nie moet aanvaar nie, ‘n benadering wat voorspel is dat dit in ‘n rassestaat sal ontwikkel!

 

Jou erkenning dat: “Die regering het ons egter nou weer eens laat besef - ons moet ons eie ding meer, en op nuwe maniere doen”,is die bewys dat Afsonderlike Ontwikkeling reg was, reg is, moreel verdedigbaar en in elke betrokke volk se belang! Die doel en betekenis daarvan was en is vandag nog dat elke volk die reg het om volgens sy eie aard, sy eie behoeftes en sy eie vermoë oor homself te regeer binne sy eie grondgebied. Dít is moreel regverdigbaar en die oplossing vir alles waarteen jy nou jou makkers en vriende oproep vir samewerking en hulp.

 

Indien jy in die Afrikanervolk se geskiedenis ‘n bydrae wil maak, verander eers die koers van Flip Buys en F.W. Stigting se koers met Solidariteit en Afriforum, wat met hoofsaaklik Afrikanergeld tot stand gebring is. Om Afrikanersamehorigheid te verkry, sal jy dáárin moet slaag. Dan sal jy bydra om ons te beveilig, ons kultuur uit te leef en op te pas, saam te leef, te konsentreer en saam te bid. Dan sal jy voorwaar reg wees as jy sê: “ Dis die wapens in ons hande” - voorwaar kragtige wapens waarvoor ons vyande vrees en hulle bes doen om ons verdeeld te hou deur gebruikmaking van partye en organisasies wat ander se belange hoër ag as ons Afrikaner en ons land se belange!

Reg en geregtigheid setel by ons Hemelse Vader, vanwaar ons voorgeslagte dit in die ontginning en vestiging van beginsel en beleid verkry het. Mag Hy dit in Sy raadsplan vind om ons Afrikanervolk weer só bymekaar te bring! Een van Siel en een van Sin! Op die beginsel van magsdeling met elf verskillende swart volke, pleit jy by die verkeerde hulpbron! Afriforum is op daardie beginsel, 'n bedreiging vir die Afrikanervolk se vryheid.

Danie Varkevisser

Leier Afrikaner Volksparty

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie