1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7466011

Besoekers aanlyn

Ons het 74 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

'N VRYVAL SONDER VALSKERM HET NET ÉÉN UITKOMS!

VryvalRamaphosa se beste pogings en uitsprake om korrupsie aan bande te lê, kon dusvêr die ekonomiese agteruitgang nie stop nie! Die oorsaak, of jy dit wil glo of nie, het nie 'n ander oorsprong as binne getallepolitiek nie. In 'n veelvolkige samelewing waar jy 'n samevoeging van verskeie etniesanderse swart volke in 'n een-mens-een-stembedeling het, het jy 'n resep vir onderlinge weerstand van een volk teen 'n ander!

Vir 'n Venda om gesag te handhaaf oor 'n Zoeloe of 'n Khôsa sonder weerstand, is wensdenkery en in elkgeval, 'n oefening waarmee hy sy lewe op die spel plaas. Maandelange ondersoeke, skorsings met vol betaling, komisies van ondersoek, herontplooiing van kaders en derglike eierdanse is die enigste wyse waarop so 'n "president" en/of amptenaar sy pos en lewe kan behou. 'n Effektiewe maatreël teen korrupsie maak egter nie deel uit van al hierdie speletjies nie.

Die mees onlangse voorbeeld is Eskom se hoof- uitvoerende beampte, Andre De Ruyter se ontdekking van 'n houtsteelmop van R200,000, aangekoop in Eskom, wat sukkel om 'n netto verlies aan belasting van R20,5 miljard te delg, ondanks 'n omset van R200 miljard. Hy het insig gegee in die korrupte praktyke by die staatsbeheerde kragprogram in 'n onderhoud met die Sunday Times. Dit kom nadat die groep sy resultate vir die boekjaar tot einde Maart 2020 gepubliseer het, op Vrydag (30 Oktober),

De Ruiter het aan die Sunday Times erken dat om gedissiplineerde verskaffingsprosesse in Eskom af te dwing, 'n langsame proses is. Wanneer jy dit afdwing sê de Ruiter, ontaard dit telkens in aantygings van korrupsie en onaanvaarbare optrede van jou kant af. Dit is die populêre verweer wanneer jy iemand ontbloot wat onbevoeg is of doodeenvoudig nie hulle werk doen nie.

Intussen duur die moorde van swart op wit ook onverpoosd voort! Senekal het nie op die potensiële moordenaars 'n indruk gelaat nie. Die gebrek aan wet en orde, korrupte en onbevoegde polisie en die onge-ergde regime, indien nie die aanstigters van moord deur swartes op blankes nie, is hulle om die minste te sê, die stilswyende en toelatende toeskouers wat saamgelees, alles bydraende faktore tot die doelgerigte aanslag is om ons volk uitgewis te kry.

Die toenemende ekonomiese en strukturele verval van elke denkbare stelsel wat oor eeue deur die Afrikanervolk in plek gestel is om van Suid Afrika die toonbeeld van geordende, beskaafde, voorspoedige en vooruitstrewende land soos 'n ligbaken hier aan die suidpunt van Donker Afrika gemaak het onder die seënende Hand van ons hemelse Vader, is in 'n vryval na verplettering in die hande van die bende swart kommuniste wat paradeer word as die "regmatige" regeerdersvan Suid Afrika!

Is die verval hulle, die swartes se skuld? Nee en nogmaals nee! Die skuld moet by onsself gesoek word wat ons laat meesleur het deur die liberalisme, humanisme en grenslose afwyking van beginsel. Ons pêrels is voor die swyne gestrooi en word nou vertrap omdat ons ons geskiedenis en God se genade, barmhartigheid en gebooie vertrap het! Kom nou Afrikaners, keer terug na u God, na u volk en na die beginsel van eensgesindheid in innerlike politieke oortuiging wat ge-anker is in nasionalisme! Kom in verset in u afkeer van alles wat volksvreemd is, wat dwing om die tweede toring van Babel te bou deur een universele volk, taal, godsdiens, regering en die roem op "we are one" beginsel!

Ons identiteit is niemensgemaaknie!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie