1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6458115

Besoekers aanlyn

Ons het 23 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

HULDEBLYK MET DIE AFSTERWE VAN MNR. ARCAS VAN ROOYEN

Die AVP betreur die Afsterwe van een van ons dagbestuurslede wat gisteroggend om 3.45 vm, 3 Augustus 2020, na ‘n kort siekbed oorlede is.

Arcas 1‘n Beginselvaste, onkreukbare sout van die aarde Bittereinder Afrikaner wat vas geglo het dat die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling, onontbeerlik was vir Afrikaner voortbestaan. ‘n Beleid wat dr. D.F. Malan aan Adv. Hans Strydom oorgedra het en wat Hans Strydom aan Dr. Verwoerd oorgedra het maar wat in die stof geval het na die internasionaal beplande sluipmoord op hom. In die bloedplas van dr. Verwoerd, op die vloer van die parlement het die Nasionale Partybeleid bly lê, buite die vermoë, moed en durf van John Vorster wat hom opgevolg het om wat Verwoerd opgebou het voort te dra en instand te hou.

Die verdere vertrapping en minagting vir die waarde van daardie beleid deur die opvolgers van Vorster, nl. P.W. Botha en F.W. de Klerk, wat die NP. Laat skeur het en die Herstigte Nasionale Party laat ontstaan het onder die bekwame leiding van dr. Albert Hertzog, Jaap en Willem Marais wat die waardevolle beleid weer uit die stof opgetel het, is waar Afrikaners soos Arcas van Arcas 2Rooyen se staal gewys het. Arcas van Rooyen was lid van die dag en hoofbestuur van die HNP tot 2008 toe beleidsafwyking Arcas nogmaals die vaste koers van beginsel gekies het en strydvaardig en bekwaam met ywer en vasberadenheid sy gewig in goud werd was vir die AVP.

Ons sal Arcas mis soos wat ons Oom Jannie Meyer en Marten du Preez se betrokkenheid ontbeer vanweë hulle aftrede as gevolg van hulle lewensrypheid. Ons is dankbaar om Oom Marten nog by ons te hê! Wat egter blywend is soos in ‘n klip gegrif, is die voorbeelde wat hulle vir ons wat jonger is nalaat. Voorbeelde van werksywer, betroubaarheid, betrokkenheid ten koste van hulleself, maar bowenal van geloof , nederigheid en eerlikheid.

Arcas 3Ons is vandag met bewustheid van verlies, tog ook bewus van kwaliteit van menswees waarvan die AVP die ryke erfgename is en waarop ons kan voortbou vir ons nageslag. Aan Arcas se liewe vrou Veronica en seuns en dogter, ons hartlike dank vir die tyd wat Arcas aan die AVP kon afstaan ten koste van julle! Arcas het wyer ge-ywer as net sy gesin en familie, hy het sy gewig by die Afrikaner se vryheidstryd ingegooi waarin julle deur hom ‘n ryke aandeel het. Ons matig ons aan om dan namens die Afrikanervolk aan julle toe te bid, die seën van ons hemelse Vader en dat julle berusting sal vind in Arcas se verlossing op ‘n vreedsame, natuurlike wyse.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie