1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6410345

Besoekers aanlyn

Ons het 21 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

IN DIE UITRUIL VAN APARTHEID VIR INTEGRASIE, WAT HET ONS GEKRY?

Postmoderne politiciIn ‘n uiterste poging van die media om ons te oortuig dat ons in utopia aangeland het en F.W.de Klerk se visie van ‘n “leiernasie” verwesenlik is, is dit raadsaam om opnuut na ons Afrikanervolk se posisie te kyk en te vergelyk met wat ons gehad het.   Daar is by herhaling ‘n vooruitskouing gegee van vêrsiendheid, gegrond op die vermoë om beleid en besluite twintig jaar vooruit te projekteer en te weet wat die gevolge daarvan sal wees, deur meer as een Afrikanerleier. Vêrsiendheid gegrond op waarneming, ervaring en insig, maar wat ons deur die vingers gesien het. Dit is dáárdie gevolge wat ons postmodernnistiese “slim” en selfaangestelde politici nou ingehaal het. Die AVP kyk opnuut terwille van perspektief in 'n troebel tyd, na net een van ons vorig ware Afrikanerleiers

 

DOKTOR H.F. VERWOERD

As een van die grootste staatsmanne van sy tyd, gemeet aan sy voorsiening vir die chaos waarin die Republiek vandag verkeer, staan hy as staatshoof onge-ewenaard tot vandag en waarskynlik nog tot ver in die toekoms. Dit is dus gepas dat ons net weer ons geheue sal verfris van sy aansien, selfs onder die Afrikanervolk se felste vyande!

Uit die mond van ‘n vooraanstaande opposisielid uit die dampkring van die destydse liberale Joodsbeheerde huishouding van die Progresiewe Suzman, de Villiersgraaf, PFP, DP( vandag se DA), mnr. Jan Botha, was dr. Verwoerd so beskryf: “Teen die tyd toe hy gesterf het, het hy sy eie monument gebou gehad wat daar vir almal was om te sien: die Republiek van Suid Afrika. Die blankes is saamgesmee tot eenheid, die land was militêr sterk en veerkragtig, die polisie en die veiligheidsmagte was besig om doeltreffend te werk met alle pogings tot ondermyning en infiltrasie, die land se ekonomie was dinamies, uitdyend en het grotendeels selfonderhoudend geword.... In die geskiedenis sal sy naam altyd voortleef as die leier wat, toe sy land bedreig was deur binnelandse onlus en ekonomiese sanksies, boikotte en openlike agressie van oorsee, gestaan het as ‘n simbool van weerstand en die wil en vasberadenheid om te oorleef. Sy fisieke en geestelike moed het hom ‘n lewende legende gemaak vir die wat hom gevolg het.”

So het sy oposisie hom opgesom teen die tyd dat hy gesterf het.

WAT HET HY VIR ONS NAGELAAT, AFGELEI UIT SY OPPOSISIE SE GESIGSPUNT?

  1. ‘n Republiek
  2. Blankes in eenheid saamgesmee
  3. Sterk en veerkragtige militêre mag
  4. Doeltreffende polisie en veiligheidsmag
  5. Dinamiese, uitdyende en selfonderhoudende ekonomie
  6. Toe sy land bedreig was deur binnelandse onlus en ekonomiese sanksies, boikotte en openlike agressie van oorsee, om te staan as ‘n simbool van weerstand!
  7. Die wil en vasberadenheid om te oorleef
  8. Fisiese en geestelike moed

WAT HET DAARVAN OORGEBLY?

Wat het van hierdie ongelooflike prestasie as ankerpale in die Afrikaner se mondering oorgebly?

  1. Nie eenheid nie maar verskeurdheid
  2. Nie sterk militêre mag nie maar korrupte, sieklike, ongeorganiseerde, militêrgeklede barbare.
  3. Nie doeltreffende polisie en veiligheidsmag nie maar gewettigde gewetenlose       kriminele, met die oog op blanke teistering, terrorisering, verarming, volksmoord en uiteindelike uitwissing..
  4. Nie dinamiese, selfonderhoudende ekonomie nie, maar ‘n skuldbelade bankrot stelsel wat moet en daadwerklik hande hou volgens die patroon van Afrika!
  5. Nie ‘n simbool van weerstand teen agressie nie, maar kapitulasie, onderhandeling, kompromie, samewerking en aanvaarding van kommunistiese swart onkundige heerskappy oor diie blanke!
  6. Nie vasberadenheid en die wil om te oorleef nie, maar toegewing, swart bemagtiging, emigrasie,volkstaatjies, ontvlugting en gelatenheid!
  7. Nie fisiese en geestelike moed nie, maar ongeloof en politieke hensop-en- joinerbenadering.

Hierin was ons grootliks self verantwoordelik deur agter swakkelinge aan te loop, weg van gebaande weë, weg van beginsel, weg van duidelik neergelegde en beproefde riglyne, teen alle grondige waarskuwings en voorspellings in, tot uit ons Godgegewe erfenis uit, in bankrotskap in! Volgens die media, tot in die orde van 45miljard wat kan draai by 90 miljard. ‘n Onvermydelike toestand waar barbaarsheid die oorhand oor beskawing gekry het deur onbesonne besluitneming van buite Afrikanerkring opgedwing aan swakkeling Afrikanerleiers wat eerder geloof in mense as in God openbaar het.

Dr. Verwoerd se bron van krag.

Met die afsterf van Adv Hans Strydom op 24 Augustus 1958, is hy aangewys as sesde eerste minister van die Unie van Suid Afrika, toe nog binne ‘n bestel van volksvreemde en volksvyandige oorheersing. In sy toespraak het hy die volgende gesê: “Ek glo dat die wil van God deur hierdie stemming geopenbaar is…….Ek sal elke dag my krag soek in die Woord en nie in myself nie”

Die anker wat ons as volk deur ongeloof versaak het en sedert die Internasionaalbeplande moord op hom, op “prinse” begin vertrou het!.

As verskeurde en verdeelde volk moet ons kennis neem van die skade van verdeeldheid

Dr. Verwoerd het twee sterk verklarings gemaak wat vir ons van belang is: “Die witman wat na Afrika gekom het, het gekom om te bly.

Die tweede belangrike standpunt is dat niemand iets kan bereik deur ‘n ander te probeer seer maak van wie hy verskil nie, maar dat slegs goed gebore kan word uit pogings om aan andere goed te doen.

Sy strewe na blanke eenheid was by Dr Verwoerd ‘n hoë voorkeur as die blanke hier wou bly voortbestaan. Samewerking tussen Afrikaans en Engelssprekendes was dus vir hom noodsaaklik vir die bereiking van eenheid en apartheid was vir hom die onontbeerlike staatkundige bedeling om die blanke beskawing in Suid Afrika mee te beveilig.

Ek haal ‘n enkele voorbeeld aan van sy ywer om almal, selfs die voortvarende jeug te oortuig van sy standpunt: Op 4 September 1965, op 2 dae na, presies ‘n jaar voor Stafendas se moord op hom, spreek hy die Nasionale Jeugbond op hulle versoek, toe op Loskopdam. Hulle kongrestema was “die stryd teen Afrikaner-nasionalisme, juis met die oog op die twee Engelse wat hy in die kabinet opgeneem het en volgens hulle be-oordeling, Afrikaner Nasionalisme bedreig het!.

Dr. Verwoerd het reageer op die vraag of die Afrikaner homself sal kan handhaaf in die toekoms, en as hy kan, wat die voorwaarde daarvoor sou wees. Daardie vraag, was bedoel vir ‘n projeksie wat ook vandag ver by ons verby strek tot by ons nageslag, omdat Dr Verwoerd opgemerk het dat hy dink aan tenminste ‘n halfeeu vorentoe!

Diè vraag omvang natuurlik ook vandag ons hele volksbestaan! Dr Verwoerd stel egter die vraag ondergeskik aan ‘n ander vraag nl. “Kan die witman homself handhaaf in Suid-Afrika?” Wat is die toekoms van die witman in Suid-Afrika? Want as die witman homself hier kan handhaaf, is die vraag of die Afrikaner hom sal kan handhaaf, vanselfsprekend geantwoord.

Hy het die voorwaarde vir voortbestaan so gestel: “As ons in Suid-Afrika ‘n beleid van integrasie sou aanvaar, dan sou ek sê dat nieteenstaande alle tierlantyne wat jy daaraan heg op grond waarvan jy belowe dat die blanke vir afsienbare tyd nog sal bly heers, sal die blanke hom op die ou end nie kan handhaaf nie. Die blanke sal hom nie kan handhaaf onder enige beleid van integrasie nie” Hy het bv verwys na die maatskaplike terrein van kerke en skole en hoe die blanke daar en op elke ander terrein, uiteindelik verdring sal word.

Dit is nou vyf-en-veertig jaar later! Kan ons Dr Verwoerd se projeksie vandag toets? Deur beginsel en beleidsafwyking het nie net die blanke nie, maar ook die Afrikaner en elke swart volk daarin gefaal om homself te handhaaf.   Die tragiese gevolg is dat daarmee saam, is ook die Afrikaner se Godswaardes, sy Christelik-Nasionale grondslag en sy bloedgekoopte vryheid in die drein af en lê finale uitwissing vir ons voor as ons nie wil verenig op die beproefde beginsel en beleid waarvan die sukses deur selfs dr. Verwoerd se opposisie besing is nie!

ENKELE RIGLYNE WAAROP ONS WEER EENHEID SAL VERKRY

Uit die aangehaalde voorbeelde kan ek nie anders as om die volgende riglyne vir volkseenheid te onderstreep nie.

  1. Die witman wat na Afrika gekom het, het gekom om te bly. Dit is ‘n onontbeerlike uitgangspunt wat in elke Afrikaner se gemoed veranker moet wees.
  1. Dat niemand iets kan bereik deur ‘n ander te probeer seer maak van wie jy verskil nie, maar dat slegs goed gebore kan word uit pogings om aan andere goed te doen sal alle toekomstige pogings tot volkseenheid, goed beloon word as dit ook ons uitgangspunt word!
  1. Samewerking is noodsaaklik op pad na volkseenheid.       Die voorwaarde is behoud van beginsel en beleid en ‘n onverbiddelike optrede en verset teen alle pogings om daarvan afstand te doen!
  1. Ek sal elke dag my krag soek in die Woord en nie in myself nie
  1. Betrokkenheid binne ‘n volksvreemde en volksvyandige bestel bring onvermydelik onderlinge verdeeldheid oor beginsel en beleid!
  1. Handhawing van beginsel en beproefde beleid buite die volksvreemde en volksvyandige bestel darenteen, ongeag welke omstandigheid, werk onderlinge eensgesindheid en vertroue in die hand
  1. Geloofsvertroue en fisiese moed selfs as die dood dreig,       word beloon
  1. Gebed tot God en gehoorsaamheid aan Sy gebooie sal dat Sy hand ons lei tot die vryheid waarna ons streef.
  1. ‘n Ingryping in die onderwys en opvoeding van ons kinders kan nie meer aan volksvreemdes oorgelaat word nie. Ons het reeds een geslag verloor! Hulle moet môre as ‘n eendragtige volk, die leiesels by ons vat!

Namate die volke van die wêreld al meer te doen kry met ‘n toestroming van volksvreemdes wat inbreuk maak op hulle volkshuishouding, sal die nalatenskap van Hendrik French Verwoerd in die toekoms wat voor ons lê, nog ver buite ons land se grense neerslag vind! Ons moet God vandag dank vir leiers soos hy, wat na sy dood nog veel vir ons kan en sal beteken.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie