1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6454268

Besoekers aanlyn

Ons het 14 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

RADIKALE DEMOKRASIE

Radikale demokrasie soos in werking in die nuwe Suid-Afrika is die politiek van onlus, stakings, moord, brandstigting, roof, kriminele optredes, oorlog , aanstigting teen witmense, kommunisme en terrorisme. Terwyl die orde in die nuwe Suid-Afrika ineenstort sit die Kruiperkaners soos die Klaas WaarseggerVF+ en lede van die DA houtgerus in die Afrikaner antagonistiese parlement. Spreekwoordelik – Nero maak liefde en speel musiek terwyl Rome brand.

Dit is skokkend dat die VF+ en DA harder veg teen Apartheid as die “Tripartite Alliance”. Terwyl die militantheid, ondergrawing en verdrukking uitspeel teenoor die Afrikaner probeer hierdie partye steeds om verkiesing na verkiesing die Afrikaner in te lok in “Dingaan se kraal”, welwetende wat die gevolge is. Die politiek van konkrete gegewendheid (Godgeskapenheid) word deur hulle negeer en afgemaak as boos. Ons trotse vlag (oranje, blanje, blou) het ook vir hulle kwetsend geword.

Dit is juis die ontkenning van eiesoortigheid wat ons gebring het waar ons vandag is. In die naam van sogenaamde bevryding of progressiwiteit word ‘n genadelose aksie gevoer teen diegene wat weier om die reën-bog-nasie deelagtig te word. Ons word beskou as ‘n struikelblok vir hulle radikale transformasie agenda. Die bedrog van die onmoontlike om mense en volke gelyk te stel met papierwerk (wetgewing) ongeag begaafdheid, menslike ontwikkeldheid, ervaring ens. is dwelmdenke. Vandaar die drakoniese wette van ‘n kwotastelsels, BBBEE en verwante wetgewing van onteiening van grond sonder kompensasie. Eensydig en blatant word aanspraak gemaak op witmansbesit, sy maatskappy, sy spaargeld, sy inisiatief en arbeid asof die witman verantwoordelik is vir hul lewensbestaan en tekortkominge.

Abraham Lincoln, die eertydse president van Amerika se wysheid (vry vertaal uit Engels) het betrekking:

KOS VIR OORDENKING

Jy kan nie die swakkes versterk
deur die die sterkes te verswak
Jy kan nie die kleinman help
deur die die grootmanne af te breek nie
Jy kan nie die armes help
deur die rykes te vernietig nie
Jy kan nie die loonverdiener help
deur die loonbetaler na onder te trek nie
Jy kan nie uit die moeilikheid bly
deur meer te spandeer as wat jy verdien nie
Jy kan nie die broederskap van die mensdom bevorder
deur klassehaat aan te hits nie!
Jy kan nie sekuriteit skep op geleende geld
Jy kan nie karakter en moed bou
deur ‘n mens se inisiatief en onafhanklikheid weg te neem nie
Jy kan nie mense permanent help
deur vir hulle te doen wat hulle
vir hulleself kon en moes doen nie. (Abraham Lincoln – President van Amerika)

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie