1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6364245

Besoekers aanlyn

Ons het 56 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

AFRIKANER TERUG-NA-JOU-VOLK


Elke mens op aarde het bewustelik ‘n beeld van homself as verwysingspunt. Kleurbewussyn is ‘n geboorte stempel wat jou verbind aan jou rasse afkoms. Hierdie selfbeeld ontwikkel verder en verskerp met blootstelling aan ander rasse. Jou andersheid word nie net Klaas Waarseggeronderstreep deur velkleur nie maar ook deur jou oorgeërfde inhoudelike psige (Carl Jung: Argetipe)
Identiteit is nie’n sinoniem vir rassisme soos wat huidige parlemetariërs in die nuwe Suid-Afrika beweer nie. Die werklikheidsaard van die mens tree na vore deur sy leefwyse, denke, volksaard en optredes. Laat die swart partydige en blanke kwaadwillige hantering van die Kovid-19 pandemie vir ons ‘n les wees.

Die “oorkant die rubicon” politiek van de Klerk se on-nasionale party staan nou in blom. ‘n Land “sonder grense” is ‘n plek waar etniese chaos heers. By die wegdoen van grense, tussen reg en verkeerd, tussen beskaafdheid en barbarisme, tussen natuurlik en onnatuurlik, tussen normaliteit en abnormaliteit, tussen swart en wit is die noodwendige uiteinde van ‘n almal saam gemeenskap die resep wat almal ten gronde rig.

Dit is ‘n skande, veleentheid en bedreiging dat die DA en VF+ (Volksfoefieparty) die “oorkant die rubicon” politiek skaamteloos voortsit terwyl die Afrikaner dit moet ontgeld. Dit is asof hulle nie die ontploffing van chaos in ons land begryp of wil raaksien nie. Hulle is volledig ingelyf in staatsoptrede as gevolg van hul deelname en aanvaarding van die Afrikaner-hatige grondwet. Verkiesing na verkiesing probeer hulle om die Afrikaner in “Dingaan se kraal” in te lok. Afrikaner volksbelang is nie ter sprake nie. Dit is slegs verkiesingsuitslae wat nagestreef word. Soos wafferse rugbyspelers probeer hulle om met ‘n dubbele skêrbeweging blank en nie-blank te bedrieg.

Vandag besef mens dat vrede, veiligheid en voorspoed ook deur die duiwel belowe kan word. ‘n Volk kan slegs behoue bly as hy met lus en liefde getrou bly aan sy aard. Ons is Afrikaners omdat ons ‘n eie volk wil wees. As Afrikanisme wat nou dreig om ons Afrikaners plat te slaan, finaal gaan wen, sal ons en ons nageslag uitgelewer sal wees aan onversadige moordlus soos wat in die res van Afrika gebeur het.

As ek terugdink aan dr. Verwoerd ervaar ek die volgende emosie:
  Skielik voel ek vry
  Hy was ‘n leier vir my
  Vir my volk gestry
  Weg van dwinglandy

Ek los u met die wekroep: Afrikaner terug na jou volk, terug na Apartheid. Jou volk se eer is ook jou eer, verdedig dit met alle krag.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie