1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6404828

Besoekers aanlyn

Ons het 9 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DIE RIVONIA JOOD DENNIS GOLDBERG STERF

Dennis GoldbergDenis Goldberg, anti-apartheidsaktivis sedert sy skooldae, is in Kaapstad gebore op 11 April 1933, Sy ouers, Sam en Annie was Joodse immigrante en albei kommuniste.Goldberg was sy lewelank betrokke by antiregeringsorganisasies wat hom met alles en almal wat pro regering was in konflik gebring het.

Hy het bekend geraak as een van die tien Rivonia aangeklaagdes, was skuldig bevind, gevonnis en vir 22 jaar vir hoogverraad tronk toe. Reeds in 1957 het hy hom aangesluit by die verbanne Kommunistiese Party en in 1961 reeds lid van Umkonto we Sizwe oftewel MK, die gewapende vleuel van die ANC terroriste organisasie. Hy het aanklank gevind by terroriste wat dieselfde sentimente as hy gedeel het en bande gesmee met Nelson Mandela, Oliver Tambo, Walter Sisulu, Bram Fischer, Ahmed Kathrada, Albie Sachs and Chris Hani.

Saam met Mandela, Sisulu, Kathrada, Govan Mbeki, Elias Motsoaledi, Andrew Mlangeni en Raymond Mahlaba is Goldberg In 1963 skuldig bevind in die Rivonia verhoor en tronk toe gestuur, geskei van die swart kommuniste wat Robben eiland toe gestuur is. In die blanke tronk is hy later gevolg deur   Bram Fischer and Jeremy Cronin.

Goldberg was die eerste van die Rivonia gevangenis wat vrygelaat is. Dit was in 1985 waarna hy onmiddellik die land verlaat en as banneling homself in London gevestig het. Daarvandaan het hy openlik die ANC se sake verder bedryf en bevorder, onder die waaksame oë van die Britse regering! By 1990 was die res almal vrygelaat. Goldberg sterf op ouderdom 87 in Houtbaai op 29 April 2020 en word hy soos Constand Viljoen as ‘n held beskryf terwyl hy niks anders as ‘n terroris en landsverraaier in die oë van die Afrikanervolk is nie.

Dit is die optrede van hierdie soort immigrant wat in terme van geloof, kultuur en politiek, ‘n land se immigrasiebeleid behoort te bepaal. Die afwyking van ‘n beleid van hoofsaaklik gelowige mense met voorkeur uit jou stamlande na die moord op dr. Verwoerd, het ons duur te staan gekom. Indien so ‘n aansoek nie geloof, nasionalisme en afsonderlike ontwikkeling as oortuiging het en ook nie die uitgesproke voorneme om die bestaande kultuur van die Afrikaner sy eie temaak nie, behoort hy of haar aansoek vir immigrasie met die oog op burgerskap,nie toegelaat te word nie .

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie