1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6456532

Besoekers aanlyn

Ons het 14 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

‘N SIGBARE SLENTER OM DIE GANSE WÊRELD TE OMSKEP IN ‘N POLISIESTAAT!

Ongeregtigheid in beeldNie eers ‘n goedbedekte, saamgesweerde onder ‘n dekmantel komplot nie, maar ‘n feitlik openlike geknoei met sigbaar fiktiewe en oordrewe vreesaanjaende beelde van sterftes en moontlike sterftes, van ‘n virus wat nie naastenby die potensiaal van ‘n pandemie het nie, het die hele wêreld in ‘n staat van onderwerping aan die gesag van wie weet wie?

As daar erken kan word dat die hoofstroom media ‘n propagandamasjien in die hande van die geldmag geword het, dan het sosiale media se ontwerpers, wat grotendeels ook maar die manne met geld is, darem dié voordeel dat dit nog die moontlikheid bied vir onafhanklike kommentaar. Dit is dan ook hier waar dit duidelik word dat Corona, oftewel Covid 19 lankal bestaan en heeltemal buite verband gebruik word vir politieke doeleinde.

Kom ons konsentreer vir ‘n oomblik op ons eie land Suid Afrika. Hier is soveel elemente van onbevoegdheid, korrupsie, onvermoë en agterlikheid aan die orde dat dit moeilik is om te glo dat Ramaphosa en sy bende instaat kan of sal wees om ‘n werklike pandemie te bestuur. Ons pragtige land lê in stof en as, van een van die mees vooruitstrewende lande in die wêreld, tot rommelstatus gereduseer as bewys.

Tito Mboweni verklaar in ‘n berig uit Business Maverick: “Finance Minister Tito Mboweni said on Friday that the state’s combined fiscal and monetary response to the economic damage wrought by the lockdown and Covid-19 pandemic is over R800-billion.” (my beklemtoning)

Tito se volgorde van wat die ekonomiese skade berokken, is in die kol! Dit is die onsinnige “Lockdown” wat die reeds verinneweerde ekonomie verder gaan vernietig en nie die fiktiewe virus nie! Indien die regime hulle daarop toegelê het om net die sogenaamde Covid 19 aangetaste persone te identifiseer, in kwarantyn te plaas en te hospitaliseer, sou al hierdie miljarde en biljoene wat nou ewe skielik beskikbaar is en Suid Afrika waarskynlik in ‘n onherstelbare skuldlas gaan dompel, nie nodig gewees het nie.

Om die land se reeds verpletterde ekonomie deur BBEE, onteiening sonder vergoeding, gebrekkige indien nie moedswillige landboubeleid tot stilstand te dwing deur kommunistiese militêre en polisie betrokkenheid om inperking van werk en beweging te bewerkstellig is kranksinnig! Dit kan nie anders as om mense se besit te vervreem deur die onvermoë om hulle finansiële verpligtinge te kan nakom omdat hulle nie mag werk of reis nie.

Dit was Willie Marais, die laaste leier van die Herstigte Nasionale Party, voordat hulle die pad byster geraak het, wat by geleentheid verduidelik het dat as die gelmag iets van iemand wil hê wat hulle vir die een of ander rede nie kan bekom nie, dan is die metode om so iemand bankrot te kry want dan kan jy sy eiendom op sy bankrot vandisie vir ‘n appel en ‘n ei bekom!

As dit is waarheen die ANC mik, sal dit die sekerste bewys wees dat hulle strooipoppe in diens van die vyande van die Afrikanervolk is, en soos tydens die Anglo Boereoorlog weer gebruik is sodat die Britte die sogenaamde hoëgrond bly behou!

Vir ons mede volksgenote wil die AVP maan, u moet nie hierdie toestand aanvaar as onomkeerbaar nie! Ons moet dit tydelik verdra maar nie aanvaar nie. Wat besig is om te gebeur is ‘n openlike ongeregtigheid en daaruit sal omstandigheid ontstaan waaroor hulle nie beheer sal hê nie. Die biljoene waarmee hulle die massas swartes se welwillendheid en ondersteuning koop, gaan opraak! Laat ons nie uit ‘n onmagtige posisie onsself blootstel nie, maar gereed maak vir die geleentheid wat hulleself vir ons sal skep! Laat ons waak én veral bid! Soos Israel van die Bybel het ons volk grootliks afgedwaal. Daarin het die kerke ons voorgegaan en ons volk gefaal deur self af te wyk in hulle verstrengeling van humanistiese, liberale en in akademiese instede van Bybelse waarhede.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie