1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6252136

Besoekers aanlyn

Ons het 64 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

CORONA VIRUS TEELAARDE VIR MISDAAD

Inbrake verhoogWat ‘n fees vir die kriminele in Suid Afrika! Die regime se moedswillige weiering om veiligheidsorganisasies toe te laat om met patrolering voort te gaan en ook ‘n beperking te plaas op boereveiligheidsorganisasies, skep ‘n teelaarde vir ‘n onbeheersde misdaadvlaag wat daagliks eskaleer.

Swart kinders wat in die boere se mielielande ingestuur word wat sakke vol groenmielies pluk en dit dan in die donker na die pad toe sleep waar bakkies dit oplaai en aan straatverkopers voorsien wat oral in die stede en dorpe sit en dit verkoop, rig enorme skade en verlies aan inkomste vir die boere aan.

As die toenemende skaap en bees diefstal bygereken word, die verhoogde plaasaanvalle en moorde op boere, is die regime se beheermaatreëls in belang van die bekamping van Cvid 19, ernstig onder verdenking.

Inbrake by skoleDie minister van basiese onderwys , Angie Motshekga kerm oor die vandalisering van skole. Daar is reeds vier skole afgebrand en 183 gevandaliseer. Daar word ingebreek, toerusting en kos gesteel en die skole in die algemeen beskadig deur te breek en te vernietig.

In Gauteng 55 skole, in Noord Wes sewe skole, Mpumalanga 72 skole en in Kwazulu Natal twee skole waar ingebreek, gesteel en vernietiging plaasgevind het. Motshekga sê dat sy deurgaans met Bheki Cele die minister van Polisie in aanraking is. Wat dit beteken is in die lig van getuienis egter nie veel werd nie, aangesien Cele die man is wat veiligheid in die ban doen.

Die regime se aanwending van die weermag in samewerking met die polisie, is meer ingestel daarop om hardhandig op te tree, selfs teen mense wat ingevolge die beperkingsmaatreëls, die reg het om te werk of te beweeg.

Indien die regime en sy “president” van die publiek verwag om die erns van sy inperkings te verstaan en te gehoorsaam, naamlik om die effek van beheer oor die verspreiding van die “pandemie” te stuit, sal sy maatreëls met oorleg, goeie beheer, billik en in verhouding met die bedreiging geformuleer moet wees. Wat goed is vir een bevolkingsgroep en bedryf, is noodwendig goed vir almal.

Om al die veiligheidsmaatreëls in die ban te doen wat sy minister van polisie nie eers in “vredestyd” kon handhaaf nie, is bepaald nie ‘n oplossing nie. Dit skep slegs ruimte vir misdaad om handuit te ruk. In gebreke daarvan om wet en orde te laat handhaaf deur instansies wat daartoe instaat is, kan ‘n mens met reg wonder of die bedoeling van die president nie is om misdaad vrye teuels te gee en veral plaasaanvalle, plaasmoorde en besteling van veral plaasboere vanuit die skuiling van Corona, te laat begaan nie.

Ramaphosa het by geleentheid gebruik gemaak van die padda in die pot met koue water, wat stadig verhit word. “He meant that the black majority would pass laws transferrring wealth, land and economic power from white to black slowly and incrementally, until the whites lost all they had gained in South Africa, but without taking too much from them at any given time to cause them to rebel or fight”.

Afrikaners moet paraat bly in hierdie tyd en met groter omsigtigheid na hulle veiligheid omsien. Om deur onverskilligheid nou die virus op te doen, is nie die beste ding wat nou met jou kan gebeur nie. Vermy dus kontak so vêr moontlik en beskerm uself waar kontak onvermydelik is.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie