1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7438038

Besoekers aanlyn

Ons het 11 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

GROOT GRIEP VAN 1918: 4 000 TOT 5 500 VAN OUDTSHOORN SIEK; TYDELIKE HOSPITAAL OP SKOUGRONDE

Groot griep 1918Sekere paralelle met Corona? (AVP)

POSTED BY: DESIGNER OCTOBER 11, 2018

Op 10 Oktober was dit 100 jaar sedert die griep­epide­mie van 1918 sy spoor van verwoesting ook op Oudtshoorn gelaat het.

Deur Okert Stander

Agtergrond
Daar word algemeen aanvaar dat die epidemie gedurende die laaste deel van 1917 in Asiё begin het; teen begin 1918 weswaarts beweeg het en in Europa en Noord-Amerika gemanifesteer het. Met die toetrede van die VSA tot die Eerste Wêreldoorlog is die griep via soldate na Europa versprei en die term “Spaanse Griep” daaraan gekoppel. Binne die be­stek van twee weke is die hele Suid-Afrika deur die grootste natuurlike ramp in die geskiedenis getref.

Groot griep 1918 2Die epidemie het soos ’n vloedgolf deur Suid-Afrika getrek en die Departement van Gesondheid het dadelik maatreëls in plek gestel en per omsendbrief of telegram na alle plaaslike ower­hede gestuur. Hulp is hoofsaaklik ver­- leen deur mediese sorg, kos, oorledenes wat begrawe is, oprigting van tydelike hospitale en die vervoer van die siekes.

Dr F Arnold, hoof- mediese beampte van die Unie van Suid-Afrika, het op 9 Oktober 1918 in ’n omsendskrywe aan alle plaaslike owerhede geskryf dat die griep in ’n baie ernstige lig gesien word en die departement owerhede finansieel sal bystaan.

Op 10 Oktober het Arnold ’n tele­gram uitgestuur waarin die virus as “Epidemic Influenza” geïdentifiseer is. Daarom word 10 Oktober beskou as die amptelike datum waarop die griep in Suid-Afrika aangeteken is en daarom ook die naam “Black October”. Arnold het verder versoek dat skole, bioskope, teaters, konserte en alle binnenshuise sa­mekomste gesluit moet word, dié kennisgewing in die plaaslike koerant geadverteer moet word en waar moontlik plakkate opgesit moet word.

Teen einde November 1918 het sowat 500 000 mense in Suid-Afrika gesterf wat dit die grootste pandemie in moderne tye maak. Volgens die Departement van Gesondheid was die einddatum van die griep 31 Desember.

Die impak van die griep op die lewens van die inwoners van Oudtshoorn

Die swak sosio-maatskaplike omstan­dighede in die distrik en dorp het tot gevolg gehad dat baie mense geïnfek­teer is. Met die ineenstorting van die volstruisveerbedryf begin 1914 is baie mense in groot armoede gelaat. In 1916 het 210 mense uit die distrik hul in die gebied tussen Voortrekkerweg, Adderleystraat tot by Scheepersstraat gevestig. Huise was klein met min lig en lug en geen lopende water. Higiëniese omstandighede was uiters swak en baie inwoners het ook diere soos hoenders, varke en bokke vir eie gebruik aangehou. Waens en perdekarre was vir baie al vervoermiddel. Dié omstandighede het ’n groot vliegplaag veroorsaak, die difteriekiem het maklik versprei en kin­dersterftes het die hoogte ingeskiet. Toe die griepepidemie dus die dorp tref, was baie inwoners makliker vatbaar.

Vanaf 23 September 1918 het die sterftesyfer in Oudtshoorn toegeneem, maar niemand het regtig geweet dit is die ”Epidemic Influenza” nie. Die eers­te berig oor die siekte was in die Oudts­-hoorn Courant van 4 Oktober, toe ver­- wys is na ’n polisiebeampte wat aan griep oorlede is. Hy het vanaf Kaapstad na Oudtshoorn gereis en is vermoedelik daar aangesteek en met die virus wat so na Oudtshoorn versprei het. Volgens die uitgawe van 9 Oktober het mnr en mev H Bekker van die buurdorp, Ladismith, ook reeds die griep gehad. Ter plaatse het dit bekend geword dat mnr en mev Attie Fourie en hul kind ook die griep gehad het. In dieselfde uitgawe word die eerste keer gemeld dat die siekte ook via treine versprei is. ’n Kondukteur wat op die trajek tussen Klipplaat en Oudtshoorn gewerk het, het griepsimptome gehad en die virus aan passasiers oorgedra.

Volgens die Oudts­hoorn Courant is stedelike vervoer as­ook pos- en telegrafiese dienste die mees­­- te geaffekteer, en is skole in Kaapstad en Port Elizabeth onbepaald gesluit.

Die eerste inskrywing in die sterfte- aangifregister van Oudtshoorn was op 10 Oktober met dood van ’n 39-jarige huisvrou van Vaaldraai. Sy het vyf dae nadat sy siektesimptome getoon het, gesterf. Die Oudtshoorn Courant het op 4 November gevra mense met simpto­me van hoё koors moet nie rondbeweeg nie, maar in hul kamers bly en rus. Volgens die distriksgeneesheer was daar tussen 4 000 en 5 500 aangemelde griep­gevalle in Oudtshoorn. Will Johnson is aangewys om oor die inwoners van Dysselsdorp toesig te hou en ’n mediese student, ’n mnr Lewin, oor die gebiede Armoed en Wynandsrivier.

Op 11 November 1918 was 1 000 mense in afsondering en 3 518 witmense en 2 118 bruinmense wat die griep onder lede gehad het.

Die stadsraad het ’n tydelike hospitaal by die skougronde opgerig waar 502 pasiënte toegelaat is. Vrywilligers het by die hospitaal gehelp. Die sopkombuis was onder die leiding van me Paterson terwyl me Luntz in beheer van die medisyne-afdeling, en me Sladow­sky van die linneafdeling was.

Die munisipaliteit het ’n groot rol gespeel om siekes te help met 75% van aangemelde gevalle wat munisipalehulp gekry het.
174 mense het tussen 10 Oktober en 31 Desember 1918 op Oudtshoorn gesterf. Volgens die sterfte-aangifre-gister was die sterftesyfer in Buffelsdrif, Dysselsdorp, Bloupunt, Waaikraal en De Rust baie hoog.

Dié pandemie het ’n baie negatiewe invloed gehad op die sosiaal-maat­skap-like omstandighede van inwoners van Oudtshoorn, en vir die kerk en regering was die versorging van die persone in nood ’n groot uitdaging. Vandag, 100 jaar later, staan ons in verwondering oor hoe die gemeenskap saamgestaan het om die ramp te kon oorleef.

Die skrywer, dr Okert Stander, is ’n historikus/kultuurhistorikus. Kontak hom by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie