1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6458108

Besoekers aanlyn

Ons het 18 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

‘BEVOORDEELDES’ REIK VERKLARING UIT'

Die land brandDie AVP plaas hierdie verklaring soos wat dit in  die Beeldkoerant verskyn het terwille van kennisname van die Afrikaners wat daardeur benadeel word. Vir perspektief sal die AVP ook 'n verklaring daaroor uitreik.

‘Jammer vir julle lyding oor apartheid’ – ontsteld dat party ‘dit wil ontken’

Apartheid is 'n misdaad teen die mensdom en moreel onverdedigbaar.

So het 'n groep vooraanstaande Afrikaanse Suid-Afrikaners "wat deur apartheid bevoordeel is", gister in 'n gesamentlike verklaring gesê.

Hulle het ook hul ontsteltenis uitgespreek oor die "onsensitiewe en deursigtige" pogings onlangs om te ontken dat dit 'n misdaad teen die mensdom is.

Die verklaring is uitgereik deur emeritus professor Willie Esterhuyse, 'n lid van die raadgewende raad van die Thabo Mbeki-stigting, prof. Wannie Carstens van Potchefstroom, Barend la Grange, bedryfshoof van South Africa Day, dr. Lindie Koorts, 'n historikus aan die Universiteit van die Vrystaat, Cobus Bester, 'n aanbieder en joernalis, Truida Prekel, 'n inno-vasie-konsultant en gemeenskapsaktivis, dr. Andre Bartlett, moderator van die NG Kerk se Hoëveldsinode, Ferdi Engelbrecht, entrepreneur, stigter en direkteur van die Privilege-stigting, Dawie Jacobs, 'n voormalige ambassadeur in verskeie lande, en Foeta Krige, joernalis, skrywer en voormalige regisseur van RSG se nuus aktualiteitsprogramme.

Die groep spreek hul berou uit oor "die seerste lyding van ons medelandgenote onder daardie onmenslike en vernederende bestel en teken onvoorwaardelik apologie aan teenoor al ons landgenote".

Die verklaring kom kort nadat 'n herrie om die kop van oud-pres. FW de Klerk uitgebreek het omdat hy in 'n onderhoud gesê het apartheid was nie 'n mis­daad teen die mensdom nie.

Die FW de Klerk-stigting het die uitlatings onvoorwaardelik teruggetrek.

Gister het pres. Cyril Ramaphosa weer na De Klerk oor sy uitlatings gekap. Dit was in 'n gedenklesing vir die ontslape ANC-strydros Raymond Mhlaba wat hy in Vryheid in KwaZulu-Natal gelewer het.

Nie Ramaphosa of die groep het De Klerk by die naam ge-noem nie.

Ramaphosa het gister in sy ge­denklesing gesê die eenheid tussen swart en wit Suid-Afrikaners word tans ondermyn deur diegene wat daarna streef om die "herinnering van ons apartheidsverlede te wil manipuleer deur apartheid voor te stel as iets minder as wat dit eintlik was: 'n misdaad teen die mens­dom en 'n misdaad teen die mense van Suid-Afrika.

"As daar Suid-Afrikaners is wat steeds glo dat apartheid nie 'n misdaad teen die mensdom was nie en dit wil vergelyk met dit wat in ander lande gebeur het, moet hulle wakker skrik en weet dat apartheid inderdaad 'n reuse misdaad teen die mense van hierdie land was."

Die groep besorgdes het voorts gesê dat hulle hul ook verbind tot die uitskakeling van ongelykhede voortvloeiend uit apart­heid.

"Ons berou die feit dat alle Suid-Afrikaners verhoed is om vryelik op sosiale en ekonomiese terreine te meng en sodoende ontneem is van die genieting van die ryk diversiteit van die Reenboognasie en geindoktrineer is op die basis van vrees en vooroordeel.

"Ons nasie is daardeur armer gelaat."

Die groep skryf hoewel hulle in hul persoonlike hoedanigheid optree, verteenwoordig hulle ook eendersdenkende kollegas, vriende en familielede - "ons is dit aan hulle verskuldig om standpunt in te neem". (Llewellyn Prince – Beeld 2020/02/24)

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie