1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6127850

Besoekers aanlyn

Ons het 41 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

F.W. DE KLERK SE LAASTE POLITIEKE ASEM

FW DE KLERK AANHALINGPOLITIES BEïNVLOED

Die kroonrat van verraad in die Afrikanervolk, Frederik Willem de Klerk, voer op die vooraand van sy 84ste verjaardag, een onderhoud na die ander in ‘n poging om te oortuig van die noodsaak, die bloedbad, die burgeroorlog en die onderhandelinge wat onafwendbaar sou wees. Sy napraat van Beyers Naudé, Willie Jonker en andere, asook die Wêreldraad van kerke van die euwelheid en morele onverdedigbaarheid van apartheid hang soos ‘n stank van die doodsheid van sy politieke ontrou oor sy volk. ‘n Dekadente damp van sy volk se verspilde bloed van derduisende moorde, en die karkas van wat van Suid Afrika oorgebly het, onsigbaar vir sy benewelde en besoedelde politieke oordeel. Dit besoedel die Afrikaner se heroïse geskiedenis soos ‘n onuitwisbare inkklad in ‘n onvervangbare handboek.

SELFVERHEFFEND

De Klerk se hele betoog reflekteer op sy volk se intelligensie asof hy met kinders te make het. Moedswillig verswyg hy die koersverandering na die bedenklike moord op dr. Verwoerd waaroor daar nou nog meer vrae as antwoorde in die lug hang. Die moord op sy vrou Marike, die ontbinding van die Staatveiligheidsraad, die afdanking van 24 generaals, sy twee besoeke aan die State Department van Amerika die stigting van die Konserwatiewe Party,die geheime dokument van die Broederbond, die Idasa komplot, die geknoei van en met Constand Viljoen en projek hamer.

Indien die “vreesaanjaende scenarios”, wat de Klerk steeds bly voorgooi as motivering vir sy optrede, regtig wesentlik was, waarom al die uitoorlêery, geheime samesprekings asof ons volk te dom is om dit in te sien? Of is dit omdat die Afrikanervolk slim genoeg is om deur hy wat de Klerk is, se trouelose gehoorsaamheid aan die vyande van die Afrikanervolk en optrede in hulle belang eerder as in sy volk se belang te sien? Het Suid Afrika en die Afrikanervolk daarby gebaat soos wat hy daarby gebaat het??

DOOF EN BLIND VIR FEITE

Elke ding wat in Suid Afrika verkeerd geloop het sedert de Klerk se 1990 rooi Vrydag toespraak, was hy by herhaling oor gewaarsku dat dit sou gebeur! Om die waarheid te sê, het hy dit self in 1973 voorspel! Dit verg nie uitermate indringende navorsing om deur de klerk se selfoortuiging te sien wat hy aanhou herhaal met waarskynlik die enigste oortuigde, hyself nie. Dit was Ghoete wat gesê het dat as jy die leuen aanhou verkondig, dit naderhand vir jou die waarheid sal word.

Sy wanvoorstelling van apartheid as verkeerd, moreel onverdedigbaar en dat dit vir baie mense baie leed beteken het in sy onderhoud met die ontvanklike Manelisi Dubase van die SABC, is elk by herhaling in die parlement waarvan hy deel was in dr. Verwoerd se tyd, deur dr. Verwoerd beantwoord engedebateer met die opposisie, sonder dat hulle die geldigheid van dr. Verwoerd se argumente verkeerd kon bewys.

Die blote logika van die bestaan van verskille in voorkoms, in taal, in kultuur, in intellek en in ervaring, bevesrig juis die waarde van Afsonderlike Ontwikkeling. Dit handhaaf identiteit, taal, kultuur en vreedsame naasbestaan wat alles bedreig word deur die teenhang daarvan. Daar is absoluut géén logika in de Klerk en sy liberale meelopers se ywer vir multikulturalisme wat nog nêrens in die wêreld suksesvol was en geslaag het nie. Die effek daarvan is sonder uitsondering konflik en agteruitgang!

POLITIEKE WAANSIN

Om in die lig van die ontwakende begrip in Europa waar die minderhede nou meerderhede begin word met toenemende konflik, verval, misdaad en alles wat Suid Afrika sedert die afwyking van die beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling, ons land tot rommelstatus reduseer het, steeds te beweer dat dit die beste ding is wat in Suid Afrika se geskiedenis met ons gebeur het, grens aan kranksinnigheid! Met “Afrikaners” soos de Klerk, het ons volk werklik nie vyande nodig nie! Mnr. Jaap Marais het onder andere FW de Klerk as leier be-oordeel en aan hom punte toegeken op ‘n skaal van 25.

VISIE

Jaap MaraisIn die afdeling visie en oordeelsvermoë het De Klerk op sy openbare rekord swak gevaar. Sy hele visie van wat die "nuwe" Suid Afrika moes wees, lê aan flarde. Die sluitsteen van diè visie, was magsdeling. Magsdeling is egter deur homself beëindig toe hy uit die Kabinet getree het in betuiging van frustrasie en verstriktheid. Sy visie van die Nasionale Party wat swart steun sou trek, het in die mis verdwyn en sy party is besig om te disintegreer. By al die slimmighede wat hy aangevang het om sy program van uitverkoping op dreef te hou en te blaak in die uitoorlê van kiesers deur valse versekerings, moet sy oordeelsvermoë getoets word aan die mate van sy misvatting oor die resultaat wat behaal is. De Klerk se vermoë om die verband tussen dinge in te sien en die gevolge van sy besluite en optrede te bereken, kom sigbaar kort.

10 punte uit 25 daarvoor is ruim.

Selfstandigheid en Betroubaarheid

Hier sal De Klerk gemiddeld kwalifiseer. Sy optrede getuig egter van 'n aansienlike mate van be-invloedbaarheid. Sy "bekering" van regs na links is 'n bewys van 'n gebrek aan selfstandigheid. Sy uittrede uit die Regering van Nasionale Eenheid is die gevolg van swig voor druk. Dit het sy vroëre verdagte betroubaarheid verder onder verdenking gebring. Die 1989 verkiesingsversekering van eie skole, eie woongebiede en van weiering om met terroriste te onderhandel, en die daaropvolgende miskenning daarvan, was 'n skokkende bewys van onbetroubaarheid! Hier kry De Klerk 7 vir selfstandigheid, maar 2 vir betroubaarheid: dus 9 uit 25

Prestasie

By politieke prestasies kom De Klerk in aanmerking vir die wyse waarop hy met 'n verskuilde agenda sy politieke verraad met sukses uitgevoer het. Dit moet egter verreken word teen die mislukking van sy hele beleid, wat regstreeks die ellende verwoesting en smart in Suid Afrika veroorsak het. Wat groeipotensiaal betref, het De Klerk 'n volslae nulpunt bereik indien dit nie reeds minder is nie. Hy het geen reserwekrag nie en sy voedingsbron is leeg. Sy leierskap in die NP is van alkant ingeduik en verswak. Hy was in 'n doodlooppad wat hyself gemaak het en wat nou tot sy gedwonge bedanking gelei het.-- Die finale erkenning van mislukking. (Hierdie artikel was 'n week voor die aankondiging van sy bedanking geskryf)

Frederik Willem de Klerk, gebore op 18 March 1936)

Staatspresident van Suid Afrika vanaf 1989 tot 1994 en as Adjunk President van die RNE van 1994 tot 1996, die AVP verklaar jou as ‘n onbevoegde, uitgediende en trouelose Afrikaner wat aan ons volk onberekenbare skade berokken het. Jou pogings om jouself te regverdig mag vir die engelse en swartes reg klink. Vir die Afrikanervolk het jy jouself in die vyand se kamp tuisgemaak en is niks wat jy kwytraak geloofwaardig nie. Jy het jou volk verraai en jy kan nou maar gaan! Neem asb. Net die Viljoens, Meyers, Schoemans, du Preezs en andere wat soos julle dink en redeneer saam na moontlik Griekeland of dalk Frankryk? Enige plek waar julle tot julle sinne mag kom sal goed wees.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie