1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6407100

Besoekers aanlyn

Ons het 12 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

HUIGELAGTIG AFRIKAAN OF TROTSE AFRIKANER?

Klaas WaarseggerJy kan nie albei wees nie, tensy jy ‘n gesplete persoonlikheid het. Jou identireit bepaal dit so. Swart is nie wit nie en wit is nie swart nie. Dit is tragies as mense nie weet wie of wat hulle is nie. Om voor te gee dit wat jy nie is nie, is skelm en onwaardig.

Die slenter om eweskielik ‘n Afrikaan te wil wees, is bloot ‘n sieklike politieke poging tot kamoeflering. Jy word bloot ‘n dwaalgees.

Die realiteit van kleur wil die sogenaamde Afrikaan ten alle koste ontken. Vir my persoonlik is dit ‘n belediging om om my blankheid te misken. Soortgelyk is dit ‘n belediging om ‘n swartman se swartheid te misken. Die ergste daarvan is dat dit die skeppingsorde van God misken!

Die kruiperige benadering om kastig Afrikaan te wees is ‘n gebrek aan eiewaarde en eerlikheid. Vir hierdie mense is Afrikaanras ‘n vloekwoord. Om jou eie ras te ontken is selfvervloeking. Om Afrikaner te wees in hulle denke, is om ‘n skurk of booswig te wees. Dan klim die “Boerefaksie” saam op daardie wa en hang die verraadbordjie saam met die ander volksverdelers om die Afrikaner se nek asof daar dan nou ‘n verskil tussen die woord Boer en Afrikaner ontstaan het. Kollektief het hierdie spul volksverdelers ‘n fobie ontwikkel om hulleself te wees om sodoende ‘n aanvaarbaarheid in die nuwe eenrassige politiek af te pleit. Om ‘n rooi beret te dra of skeiding in ‘n homogene volk deur woordkeuse, is vir hulle ‘n absolute oorwinning en aanvaarding, ongeag die skeiding en antagonisme wat skeiding in teenstelling met samehorigheid bewerk.

So word die Afrikaner in ballingskap geplaas. Sy lewenswêreld word ‘n nuwe ideologiese inhoud en millieu gegee deur Afrikanerverraad. Die Westerse denkwyse moet toenemend plek maak vir die Afrikanermanier van dink en doen.

Die vraag wat ontstaan is, hoe sien jy die toekoms? Die toekoms van jou volk, van jou kultuur, van jouself of helaas, van Suid Afrika? Is jy behoudend trots Afrikaans of het jy ook verval in ‘n basterpolitieke kultuur?

Die boustene van ‘n volk is geloof, eiewaarde, respek, reëls, gesag, verantwoordelikheid, reg in teenstelling met verkeerd, grense en gebondenheid en die moed om daarby te staan of te val! Dit is byna sonder uitsondering totaal afwesig in die nuwe Suid Afrika. As volk is ons by ‘n kantelpunt. Dag “zero” het alles te make met of jy ‘n huigelagtige Afrikaan geword het, en of jy ‘n trotse Afrikaner gebly het. Jy moet nou self die vonnis vel! Wat my betref:

“Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan

En sy wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan

Ek hou van 'n man wat sy moeder eer

in die taal uit haar vrome mond geleer

En die bastergeslag in sy siel verag

Vir my die Afrikaner van durf en daad.” (Jan F.E. Cilliers)

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie