1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6289784

Besoekers aanlyn

Ons het 47 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

GEENEEN MOET WAPENS BESIT SÊ BHEKI CELE, EN HY WIL WET EN ORDE IN SUID AFRIKA HANDHAAF??

Plaasaanvalle neem toeLuister na hierdie stommiteit!

January 16, 2020 - Nuus

Bheki Cele

Die ANC se Minister van Polisie, Bheki Cele, reken hy gaan sy stryd voortsit om Suid-Afrika ‘n wapen vrye land te maak.

Cele sê geen persoon in die land behoort ‘n wapen te besit nie, en gaan ‘n voorstel inhandig vir ‘n wysiging van die Wet op Vuurwapen Beheer.

Hy het aan die media verslaggewers gesê die regering maak goeie vordering met die vuurwapens wat vrywillig ingehandig word onder die amnestie tydperk wat eersdaags verval.

Die minister sê meer as 2,000 vuurwapens is reeds ingehandig onder die amnestie regulasie wat duur tot die einde van Mei 2020.

Kommer bestaan egter oor die wapens wat ingehandig is, aangesien korrupte polisiebeamptes die grootste gevaar kan word om wapens in die hand van misdadigers te laat beland.Die beklemtoning is van die AVP.

Dit is verbysterend om hierdie man te hoor, al weet ‘n mens dat hy soos al die ander nie die skerpste potlood in die pakkie verteenwoordig nie. Daar is wêreldwyd opnames wat die futiliteit van wat hy sý stryd noem, bewys. Benewens dit, weet elke nasionalis dat dit ‘n kommunistiese metode is wat oral in die wêreld toegepas is waar die kommuniste beheer geneem het. Wat uiteraard van Cele net ‘n pion maak.

Daar is nie ‘n enkele regeringsvorm wat nog nie deur hierdie onbevoegde ANC-regime tot in die grond in vernietig is nie en van hulle ‘n bespotting van die wêreld gemaak het. Vanuit die as en rommel wat hulle uiterste vermoë beklemtoon, matig elke swarte wat outoriteit verkry of sommer hom en/of haarself toege-eien het hulle aan om vir ons te dikteer wanneer en hoe hoog ons moet spring! Lees die artikel van MY BROADBAND hieronder en sien waarvan ek praat!

Indien daar nog mense is wat dink dat die wapens wat hulle gaan inhandig , terwyl hierdie “slim” swart minister dit sy uitgesproke strewe maak om ons te ontwapen, moet daar regtig ook by ons ‘n ernstige skroef los wees! Net so min as wat die eens wêreldbekende kragreus vandag instaat is om selfs net Suid Afrika se ligte aan te hou, net so min is hierdie Polisieminister en sy hele polisiemag instaat om wet en orde in hierdie land te handhaaf en veiligheid te verseker.

Sy wanstaltige oplossing van ontwapening van die massa wetsgehoorsames, terwyl hy nie instaat is om die minderheid rampokkers, moordenaars en rowers te beheer nie, onderstreep sy onbevoegdheid, kortsigtigheid en onderdanigheid aan sy kommunistiese meesters. Die rol wat ons organisasies het wat daarop aanspraak maak dat hulle ons belange op die hart dra, sal moet verander van ”politiekkorrekte speletjies” , na daadwerklike standpuntinname sodat ons saam met hulle sterk standpunt kan inneem. Daarby sluit die AVP ook die landbouorganisasies in wat instede van sterk standpuntinname, onderhandel oor ons volk se eiendomlike asof dit hierdie mense se welwillendheid sal bewerk.

QUO VADIS AFRIKANER?

MY BROADBAND: Nuus

Eskom Uitvoerende hoofde van 1985 tot 2020-die probleem is duidelik

Personeel skrywer: 16 Januarie 2020

Eskom was eens een van die wêreld se voorste elektrisiteitsmaatskappye. Dit was so suksesvol dat dit teen die einde van 1990 meer as die helfte van die elektrisiteit in Afrika verskaf het. Eskom was ook 'n hoogs doeltreffende elektrisiteitsprodusent en in sy 1994 jaarverslag het dit die feit bevestig dat dit die wêreld se laagste-koste-produsent van elektrisiteit was. Jare se korrupsie, onbevoegdheid en politieke inmenging het egter hierdie eens trotse instelling verpletter en dit tot by die randjie van ineenstorting gebring. Hierdie eens stabiele, doeltreffende en effektief bestuurde kragstasie kan nou nie meer genoeg krag produseer om die ligte in Suid-Afrika aan te hou nie. Beurtkrag, wat vir baie ure per dag kan duur, word nou deel van die daaglikse lewe vir alle Suid-Afrikaners en is besig om die ekonomie te verpletter.

Leierskapskrisis by Eskom:

een van die grootste uitdagings wat Eskom in die gesig staar, is die gebrek aan 'n bekwame leierskapspan en-Raad. Energie deskundige Ted blom dring by die regering aan om politiekverboinde mense te vervang met mense wat oor energie-ervaring beskik. Hulle strategie het skouspelagtig gefaal en na vele bedankings, die Eskom CEO posisie dermate vergiftig, dat baie min potensiëleleiers so ‘n pos sal oorweeg. Die massiewe omsetsyfer van die Eskom-Uitvoerende hoofde oor die afgelope dekade illustreer duidelik waarom dit as die mees uitdagende werk in die land beskou word. Tussen 1985 en 2007 (22 jaar) het Eskom slegs 3 Uitvoerende hoofde – Ian McRae (1985 – 1994), Allen Morgan (1994-2000), en Thulani Gcabashe (2000-2007) gehad.

Dinge het vinnig verander na Gcabashe weg is en oor die volgende 13 jaar het Eskom 13 Uitvoerende hoofde, tussentydse Uitvoerende hoofde, en Waarnemende Uitvoerende hoofde gehad.

Hierdie onstabiliteit het sy tol in die maatskappy ge-eis; gereelde beurtkrag, korrupsie, en die stygende skuldlas het die toestand van Eskom tussen 2008 en 2020 gedefinieer . Die Eskom-buurtwagposisie is ewe onstabiel, aangesien daar oor die afgelope dekade ses voorsitters was, in vergelyking met slegs drie voorsitters van die 20 jaar toe Eskom 'n wêreldklas-kragstasie was.

Eskom CEOs – 1985 to 2020

Timeline of Eskom chiefexecutives

Eskom Chairpersons – 1985 to 2020

Timeline of Eskom chairpersons

The image below provides an overview of Eskom’s chairpersons between 1985 and 2020.

________________________________________

Now read: Eskom is not too big to fail – it has already failed

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie