1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6118619

Besoekers aanlyn

Ons het 49 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

AAN GOD DIE EER!

BybelPs. 81:1-17

“In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van Mériba. Sela.” (:8).

Daar is deur die genade van die Here jaarliks nog volksgenote wat getrou die Gelofte van Bloedrivier nakom. Die Gelofte wat ons voorouers gemaak het dat ons hierdie dag van oorwinning jaarliks as ‘n dankdag en soos ‘n Sabbat sal deurbring en op hierdie wyse die eer en roem van oorwinning aan God sal laat toekom.

Daar is ongelukkig ook baie mense wat allerhande verskonings probeer formuleer waarom hierdie dag nie eerbiedig hoef te word nie. Ons hoor byvoorbeeld gereeld dat mense van mening is dat ons voorouers nie namens ons hierdie besluit kon neem nie. Hulle kon nie namens ons aan God ‘n Gelofte maak en hul nageslag hierdeur bind nie. Feit is dat hulle kon. En hulle het. Daar is baie dinge wat ‘n mens doen, goed en sleg, wat op jou nageslag en hul latere nakomelinge ‘n invloed uitoefen. Jy het tog geen sê gehad in wat jou naam behoort te wees nie en jy aanvaar hierdie besluit van jou ouers eenvoudig as ‘n keuse wat hulle moes maak. Jy het geen sê gehad in die erfporsie wat vir jou nagelaat is nie, maar jy protesteer nie te veel daarteen dat iemand ‘n gunstige besluit geneem het om vir jou ‘n erflating te laat toeval nie.

Dit is tog vir my opvallend dat dit vir sekere mense so ‘n bittere sware las is om hierdie Gelofte te eerbiedig en na te kom. Dit is mos alreeds ‘n teken dat daar baie, baie groot fout in so ‘n persoon se geestelike lewe is. Wanneer dit vir ‘n mens ‘n las en swarigheid is om aan God dank en eer toe te bring weet ek nie of jou geestelike lewe op ‘n gesonde standaard is nie. Dit is tog vir enige ware gelowige ‘n voorreg om aan God dank en eer toe te bring.

Ons is vinnig om God se voorspoed en seën te verwag. Ons is ongelukkig ook vinnig met verskonings wanneer ons herinner word aan die eerbied en gehoorsaamheid wat ons aan Hom verskuldig is. Kyk maar rondom u. Luister maar na mense se gesprekke en hul denkwyse in ons tyd. Dit is vir baie mense verbysterend dat dinge so sleg gaan in ons land. Baie mense wonder hoe dit moontlik is dat ‘n God van liefde kan toesien dat mense so swaar kry. Baie mense wonder hoe dit moontlik is dat ‘n God van orde kan toesien dat ‘n land so in chaos verval. Hierdie vrae laat baie mense se geloof dalk skipbreuk ly. Is God by onvermoë om te red? Die antwoord is eerder dat mense God daarvan weerhou om Sy verlossing te bewerk. In plaas daarvan dat ons in diepe ootmoed na God se raad, verlossing en redding vra, is ons besig om die een plan na die ander sonder Hom te smee. “Maar my volk het na my stem nie geluister nie, en Israel was vir My nie gewillig nie. Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel.” (Ps. 81:12&13). Hoe lank wil ons die ellende aanskou wat ons eie planne waarin ons gedurig wandel, oplewer?

Daar is sekerlik baie mense onder ons wat terug dink en terug verlang na die dae van rustigheid, voorspoed en vrede. Die dae waarin ons kinders naby ons was en nie in vreemde lande ‘n heenkome gaan soek het nie. Die dae waarin ons Vaderland bewonder is eerder as wat dit die bespotting van die wêreld was. Die dae waarin misdaad ‘n skaarste was en werksgeleenthede as algemeen beskou is. Die dae waarin ordelikheid en rustigheid in ons Vaderland welkom was terwyl chaos en wanorde ongewenste gaste was wat gou met hardheid verwyder sou word. Die dae waarin kinders in die skole opgevoed is en nie met drek tot in hul siel besoedel is nie. Dit was dalk die dae waarin die meerderheid van ons volk nog vir die Here onse God gewillig was. Die dae waarin ons dit nog as ‘n prioriteit en voorreg beskou het om te bou aan hierdie huis van God waartoe ons voorouers hulself en hul nageslag verbind het.

Daar is so ‘n groot hoeveelheid volksgenote wat eenvoudig nie meer aan God die eer bewys wat Hom toekom in die betaling van ons Geloftes nie. En tog verwag ons dat God ons noodkrete en bedes om hulp moet eerbiedig? Daar is so ‘n groot hoeveelheid volksgenote wat eerder in selfsug aan hul eie koninkryke bou omdat dit belangriker is as ons roeping as ‘n volk om aan hierdie volkshuishouding van Hom te bou. Dit is vir ons belangriker om in mense se oë geëer te word as om die eer van God te ontvang. En dan wil ons God verwyt en huil wanneer hierdie self opgerigte koninkryke inmekaar tuimel.

Ek en u moet vandag opnuut herinner word aan die feit dat ons Gelofte om aan God die eer van die oorwinning by Bloedrivier te gee nie alleen op een dag in die jaar ons verantwoordelikheid is nie. Dit eis van ons om daagliks deur ons lewens aan Hom eer toe te bring. Dit eis van ons om ons eie koninkryke opsy te skuif en nie elkeen net vir sy eie huis te hardloop nie, maar om gesamentlik aan hierdie volkshuishouding ter plaatse te bou. Hierdie huis tot Sy eer waartoe ons voorsate hulself en ons as hul nageslag verbind het. As God se eer vir ons belangrik is, sal ons nie tevrede kan wees met hierdie toestand waarin hierdie huis verval het nie. As ons eie gerief, ongeërgdheid en selfsug swaarder weeg, sal ons dit seker maar in hierdie toestand laat. Die nakoming van ons volk se Gelofte op 16 Desember van elke jaar, maar ook op elke ander dag van die jaar, is sekerlik ‘n aanduiding van hoe hoog ons God se eer in ons lewens stel.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie