1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5915771

Besoekers aanlyn

Ons het 40 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Banier 3

Afrikaner

SUID-AFRIKA HERLEEF BLOUKRANS, MOORDSPRUIT EN WENEN SEDERT 2 FEBRUARIE 1994, DAAGLIKS

LaertrekDit is die datum waarop FW de Klerk oor die eter bekend gemaak het dat die Nasionale Party “abdikeer” aan die Kommunisme. ’n Swart dag in die geskiedenis van die Afrikanervolk as daar ooit een was, wat die begin van ’n totale onteiening en geleidelike volksmoord op die Afrikaner ingelui het.

Gekies uit die geledere van dr. Verwoerd se kabinet, met die skyn van nasionalisme omhul, is John Vorster, PW Botha en FW de Klerk as leiers van die Afrikanervolk agtereenvolgens verkies. Van Vorster af is nasionalisme egter op ’n glybaan na integrasie geplaas, deur PW Botha voortgesit, tot by die finale oorgawe deur de Klerk.

Integrasie beteken ’n demografiese verskuiwing van mag na die swart meerderheid. Die beheer van die swart meerderheid was en is nog kommunisties. 2 Februarie 1990 was dus in wese die begin van ’n oorgawe van die Afrikaner se Godgegewe erfenis aan ’n kommunisties beheerde regime.

Hoe hol is die argument van ongekende geweld en ander ellende wat ons sou tref as die oorgawe nie bewerk was nie! Is dit dan nie juis die Kommuniste wat die blaam dra vir die grootste menseslagtings in menseheugenis nie?

In ’n dokument van die SAKP wat in 1992 die lig gesien het, (not for circulation) getiteld “Between the people’s offensive and the Regime Crisis: Prospects for a democratic victory and advance to socialism”, word de Klerk en andere se skakeling met die Kommuniste agter die Afrikanervolk se rug, duidelik aangetoon.

In diè dokument word dit ook duidelik dat die Kommuniste die krediet opeis vir die vordering tot beheer van die ANC-beheerde Swart meerderheids regering oor Suid-Afrika. ’n Blatante leuen! Die swartes sou onder géén omstandigheid daarin kon slaag om die mag by die Afrikaner te kon afneem, as dit nie was vir die deeglik Internasionaal beplande sameswering waarvoor Vorster, Botha en de Klerk gewerf is nie. Gewillig het hulle toegegee aan elke eis tot by meerderheidsregering van een-mens-een-stem, wat volgens dr. Verwoerd die instrument vir oorheersing oor die blankedom sou wees.

Op ons weg na geloftedag word ons opnuut herrinner aan die diaboliese listigheid van Dingaan en sy impi’s wat ’n massamoord gepleeg het op ons voorsate waarvan die barbaarse wreedheid sedert 1838 tot vandag, nie ’n jota of titel verander het nie. Die huidige dubbelsprakigheid van Ramaphosa wat die aanstelling van ’n blanke om Eskom weer werkbaar te maak, aan die eenkant verdedig en in dieselfde asem transformasie belowe, kan goedskiks met Dingaan vergelyk word!

Daar is niks wat gesê of gedoen kan word uit die swart en liberale wit geledere wat ons volk se Vryheid sal bevorder nie. Die bewyse is legio en tenspyte daarvan dat baie blankes dit steeds nie wil glo nie, sal dit nie weggaan of verbeter nie. Die oplossing setel in die herstel van wat de Klerk-en-genote ongedaan gemaak het. Ons fokus moet terug na verset teen die ongeregtigheid soos wat Sarel Celiers en Andries Pretorius bereid was om te doen, ten spyte van die oormag! Laat ons dit in ons gemoed uitmaak. Dit het met rassisme niks te make nie, maar alles met oorlewing. Kom laat ons “laertrek”, want Eendrag maak Mag!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie