1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5836200

Besoekers aanlyn

Ons het 54 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

“NEW AGE” LIBERALISME------ ‘N VALSE STREWE

Klaas WaarseggerDie valsheid van liberalisme is daarin geleë dat dit die vrymaking van die mens voorhou maar ‘n nalatenskap van verwoesting agterlaat. Liberalisme verhef individuele vryheid tot ‘n oppergesag van goddelike status. Hul belydenis is: volg jou hart, jy kan doen en glo wat jy wil. Ook God moet uitgerangeer word omdat Sy wil belemmerend is ten opsigte van die menslike eiewil. Die ingesteldheid van menslike bevrediging is die essensie van die liberale kultus.

Godswil word geprivatiseer tot op ‘n vlak waar daar nie meer onderskei kan word tussen reg en verkeerd nie. Die liberale mantra is dat enige ingryping teen die bedorwe menslike natuur boos is. Volgens hulle dra alle gelowe , hoe boos ookal, gelyke geldigheid en is almal ewe waar. Ek het nog altyd geglo dat daar slegs een enkele goddelike waarheid bestaan.

Die liberaal definieer sy eie bestaan, die betekenis van sy eie lewe en morele kodes onafhanklik van God. Vrye seks is ‘n sport en lgbtqxyz is moreel geregverdig. Weet hierdie mense dan nie wat in Sodom en Gomorra gebeur het nie? Die feit dat die normale mens, gelowig of nie, instinktief kan onderskei tussen reg en verkeerd is tog genoeg bewys van God se bestaan!

Die liberalis glo aan ‘n selfgeskepte eie god volgens menslike behoeftes en waardes. Nooit word die vraag gevra wat is heilsaam vir die beskawing nie, maar eerder die eie behoefte om te doen soos ek wil. Gehoorsaamheid aan God, Sy gebod en verordeninge is uit die bose.

Liberaliste word ontstoke as jy hulle uitvrae oor hulle geloof, patriotisme, toegeweidheid aan sy volk of enige iets wat normaal is. Ware geloof volgens hulle is nie gebaseer op die eksterne outoriteit van God nie. Die “regte” van die abnormale word verhef bokant die van die normale gemeenskap.

Hoe klink dit vir u? ‘n Ware strewe?

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie