1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7441708

Besoekers aanlyn

Ons het 29 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

AFRIKA AS AANSKOUINGSLES!... WERKLIK? .... KOM ONS KYK!

Mobutu SeSe SekoAflewering een

Daar heers ’n onbegryplike onverskillige, onge-ergdheid by kerk en staat, akademici en sakelui, media en leiersfigure in beskaafde eerstewêreldlande, oor die afgryslikste, mees barbaarse en in die algemeen wreedste vergrype in Suid-Afrika denkbaar.

Dit tenspyte daarvan dat daar by herhaling gewaarsku was dat Afrika oor baie eeue bewys gelewer het van wat vermy moes word indien vreedsame naasbestaan, ook tussen swartrasse, ’n oogmerk was van al die plaaslike en internasionale organisasies wat dit gepredik het, vroeg en laat!

Wat ‘n ongelooflike negatiewe beeld van die insig en vermoë van die plaaslike en wêreldleiers wat dr. Hendrik French Verwoerd veroordeel het, sy waarskuwings in die wind geslaan het en saam met die plaaslike liberale imbesiele wat steeds van mening is dat saampraat, saamwerk en oorgee en weggee die Afrikaan se welwillendheid gaan bewerk.

Kom ons neem ‘n voëlvlug deur Afrika van die afgelope eeu, kyk dan weer na Suid-Afrika se geprojekteerde toekoms onder sy huidige “bestuur”. ’n Toekoms waarvoor daar tog so ywerig gewerk is vir die verkryging van die “mees moderne democracy”in die wêreld!

PRESIDENT MOBUTU (Uitreksels uit Afrika Styl, navorsing gedoen deur wyle Willie Biendell)

Mobutu het vir Tshombe opgevolg as die Kongolese president. Volgens Der Spiegel het Mobutu orde gebring: daar Moise Tsombe se eindewas geen parlement meer nie, geen politieke partye maar net een enkele Rewolusionêre Volksbeweging die MPR. Hy het die opstandige provinsiale regerings afgeskaf en alle staatsmag in die hoofstad, nou Kinshasa gesentreer. Mobutu het sy teenstanders laat ombring, in die tronk gestop en die res het gevlug.

ln die stede het hy die standbeelde van Blankes verwyder en die dorpe en stede nuwe Afrika name gegee. Die Bruto nasionale produk het in 1965 'n skerp styging getoon, en die betalingsbalans was positief want broodnodige koper en kobalt van die provinsie Katanga is na die Weste uitgevoer teen rekordpryse. Mobutu het die besighede en fabrieke wat in Blanke besit was onteien en onder staatlike beheer geplaas, sodat, soos hy dit gestel het "uiteindelik 'n einde gemaak word aan vreemde uitbuiting".

Die swartes wat die besighede oorgeneem het was meestal ongeletterd. Die voorrade in die winkels is verkoop en die inkomste is opgebruik. Hulle het nie geweet hoe om nuwe voorrade te bestel nie of hoe om daarvoor te betaal nie. So het baie winkels en besighede in 'n japtrap bankkrot gespeel.

Die Versailles van die oerwoud

mobutu sese seko mediumSoos ander swart staatshoofde het hy links en regs geld span-deer. Hy het bv. honderde miljoene rande ingepomp om sy afgeleë tuisdorpie Gbadolite - die Versailles van die oerwoud - in 'n moderne stad te omskep. 'n Aanloopbaan is selfs aangelê waar die Concorde wat hy gereeld van Frankryk huur, kan land.

Vyf Boeingvragte marmer is van Europa gebring om die vyf badkamers in sy uitspattige paleis te versier. Keith Kirsten, Suid-Afrika se "mnr. Tuinier" het opdrag gekry om die paleis se tuin te ontwerp en te ontwikkel en sommer ook kleurige plante en blomme langs die private pad in die dorpie te plant. Feitlik al die toerusting en derduisende rande se plante moes per vliegtuig van Suid-Afrika daarheen geneem word.

In 1974 en 1975 het 'n groot ramp Zaïre getref. Die koperprys het vanaf 1.50 dollar geval na 50 sent. Tegelyk het die olieprys verdriedubbel. Zaïre se kapitaalreserwes het gekrimp en binne 'n ommesientjie het die skulde met miljarde gestyg. Sedert Maart 1975 is Zaïre so goed soos bankrot. Mobutu staan egter bekend as een van die wêreld se rykstes met 'n persoonlike fortuin van R1114.5 miljard.

In die tydskrif, "Keeping Track" van April/Mei 1996 word berig onder die opskrif "Zaïre's living death" soos volg: "Inflation stands at 630 percent. Malaria and Aids are rampant. The forests are burning, the rivers are poisoned, the wildlife is being slaughtered, and some banks have no money at all. Starvation, disease and death have become a monstrous feature of Zaïre. Away from the cities, famine has cloaked the countryside. Once self-sufficient for food, and able to export surplus supplies, Zaïre now relies on foreign aid organisations and blindly sympathetic governments such as those of France, Belgium, Germany and the USA to provide 57% of its food requirements."

Idi Amin slagter van UgandaIDI AMIN AFRIKA SE POLITIEKE HANSWORS

Op 2 Oktober 1962 het Uganda 'n onafhanklike staat geword met Milton Obote as die Eerste Minister. In 1963 het hy president geword met die steun van die magtige Kabaka stam in die Buganda provinsie. Obote se eerste turksvy wat hy as staatshoof moes oplos was om die twis oor grondgebied tussen Buganda en Bunyoro by te lê.

In die 1890’s het die Britte grondgebied van die Bunyoro stam afgevat en dit aan die Kabaka stam van Buganda gegee as loon vir dié stam se steun in die Britte se militêre operasies teen die Bunyoro stam. 'n Referendum is gehou in die voormalige Bunyoro gebied en die meerderheid inwoners het gestem ten gunste van herinlywing by hul ou stamgebied, met die gevolg dat die Kabaka stam hierdie grond moes afstaan. Die Kabaka stam het Obote persoonlik verantwoordelik gehou vir die verlies van "hul" gebied, omdat hy 'n referendum laat hou het. Hierdie insident sou eventueel lei tot die be-eindiging van demokratiese regering in Uganda.

In die naburige staat Zaïre het 'n ses jarelange oorlog tussen die regeringsmagte van Moise Tshombe en Mobutu Sese Seku teen die rebelle feitlik tot 'n einde gekom met 'n neerlaag vir die rebelle. President Obote was die rebelle egter goedgesind en het aan die Ugandese leër se adjunk bevelvoerder, Idi Amin, opdrag gegee om die rebelle tot die uiterste toe te bewapen om die stryd teen die nuwe regering in Zaïre voort te sit.

AMIN SE BANKREKENING

Die rebelle het Idi Amin dikwels besoek by sy woning te Entebbe. Hulle het by hom wapens gekoop en het betaal met goud en ivoor wat hulle gebuit het in die dorpe in Zaïre wat hulle beset het. Amin het die goud en ivoor op sy beurt weer van die hand gesit en sodoende 'n geweldige furtuin opgebou in 'n baie kort tyd. Hy het meer as 'n miljoen dollar by die Ottoman Bank inbetaal en nog groot somme geld by sy woning gehou. 'n Fotostaat van sy bankrekening is aan 'n parlementslid oorhandig, ene Daudi Ocheng. Hy het in die parlement voorgestel dat 'n ondersoek na Amin se rykdom ingestel moet word. Dit is opgevolg deur 'n debat en die parlement het die voorgestelde ondersoek goedgekeur. Hierdie ondersoek sou vir Obote in die verleentheid bring, maar dit was nie vir horn 'n probleem nie. Hy het eenvoudig 5 ministers laat arresteer, vier van wie die ondersoek van Amin gesteun het. Verder het hy die grondwet opgeskort en beheer van die regering oorgeneem.

Henry Kyemba skryf oor Idi AminHenry Kyemba, 'n minister in beide Obote en Amin se kabinette, skryf in sy boek "State of Blood" dat Obote vir Idi Amin gered het omdat hy sy steun benodig het in die toekomstige stryd teen die Kabaka stam.

Na die opskorting van die grondwet, het Obote min openbare steun geniet en moes hy swaar steun op die leer wat 'n politieke mag in eie reg was. Hy het sy vertroue op Idi Amin geplaas omdat hy ongeletterd was en geen politieke ambisies getoon het nie. Idi Amin is bevorder tot hoof van die leer. Sy taak was om enige onrus te voorkom. Vir die doel het Obote opdrag gegee dat gereelde patrollies in Buganda, die gebied van die Kabakas gehou moes word. Hierdie operasies het slegs bekend gestaan as "map reading exer­cises", maar was inderwaarheid maneuvers om 'n opstand te onderdruk.

Kyemba skryf dat binne 'n bestek van 'n paar maande het Uganda van 'n vreedsame demokrasie beweeg tot 'n toestand wat beskryf kan word as 'n militere diktatorskap.

STAATSGREEP

Terwyl Obote in Januarie 1971 die Statebondskonferensie in Singapur bygewoon het, het hy berig ontvang dat die hoof van die leer, Idi Amin, beplan om horn te arresteer by sy terugkeer en 'n staatsgreep uit te voer. Hy het onmiddellik opdrag gegee dat Idi Amin gearresteer moet word. Idi Amin is deur sy geheime agente ingelig van die president se opdrag en het onmiddellik self opgetree. Die middag van die 24ste Januarie het hy sy vertroueling offisiere bevel gegee om onmiddellik beheer oor te neem van die wapenopslagplekke, die pantservoertuie en die radiostasie. Kyemba skryf, "Amin het weereens getoon dat hy meester is op die gebied van onvoorspelbare optrede".

Na die staatsgreep is Idi Amin oral in Uganda as 'n held ontvang. Die feesvierings het weke lank geduur en dit het die meeste van sy tyd in beslag genccm.

Kyembn skryf dat Amin nie die tipe kêrel is wat agter 'n lessenaar kan sit nie, Dit is vir hom pure plesier om gedurig aan die beweeg te wees met ’n motor of helikopter. Amin het sy woning “Command Post” gedoop. By die eerste kabinetsvergadering het hy al sy ministers laat insweer as kadet offisiere en almal het militere uniforms ontvang. Geeneen van hulle sou egter ooit uitstyg bo hierdie rang nie, hulle was nou egter onderhewig aan militêre dissipline. Hy het aangekondig dat elke minister 'n swart Mercedes Benz motor ontvang en elke motor sal "Military Government" gemerk word.

Die kabinet se taak was o.m. om Amin se toesprake vir hom te skryf, maar omdat sy Engels swak was, was dit vir hom 'n geweldige pyniging om dit voor te lees. Dit was duidelik dat hy die toesprake nie self geskryf het nie, en die pers het hom gekritiseer. Hy was baie meer ontspanne as hy sonder notas gepraat het en hy het gevind dat hy 'n baie groter impak op hierdie manier kon maak.

VELDMAARSKALK IDI AMIN

"Van toe af het hy", skryf Kyemba, "oral op sy juigtoere die paradys belowe. As hy gevind het dat 'n plek 'n hospitaal benodig dan sê hy: "Hier is die minister van gesondheid, hy sal een vir julle bou" of, "Hier is die minister van openbare werke, hy sal vir julle 'n pad bou van hier tot daar". Dit was vir hom fantasties om die take so uit te deel. Omdat Amin nie in staat was om gedetailleerde administratiewe take te verrig nie het hy verkies om persooniike kontak met die publiek te hê. Hy het dit geniet om grappe met gewone mense te maak.

In 1967 het die lsraelse lugmag die Egiptiese lugmag grotendeels op die aanloopbane gebombardeer voordat die vliegtuie kon opstyg. Amin het 'n fobie ontwikkel dat dieselfde met sy lugmag, sowat 2 dosyn vliegtuie, kon gebeur, daarom het hy opdrag gegee dat ondergrondse bunkers gebou moes word waarin sy vliegtuie gehuisves kon word. Kyemba skryf dat Amin die indruk wou skep dat hy werklik iets het om te beskerm. Hy kon dit nie verdra dat die vliegtuie ver van hom af is nie. Hulle was almal by Entebbe naby die hoofstad Kampala waar hy hulle gereeld kon besoek en inspekteer. Die nuwe lugmagbasis wat in aanbou was het hy die "Field Marshal Idi Amin Air Force Base" gedoop.

Miljoene dollars, waarvan daar nooit rekenskap gegee is nie, is gespandeer op die aanbou van barakke, paaie, aanloopbane en allerlei geboue Amin bet nooit daarmee rekening gehou dat die staat op een of ander stadium vir die projekte sal moet opdok nie. Sy kabinet het hom ingelig van die finansiële beperkinge, maar dit het vir hom niks beteken nie. Volgens hom kon lande nie bankrot gaan nie, omdat die staat die geld druk en die staat kan altyd meer geld druk.

Amin se finansiële onverantwoordelikheid en totale gebrek aan sin vir ekonomiese werklikhede het ook 'n persooniike dimensie gehad. Soos baie ander Afrika potentate het hy geen onderskeid getref tussen persooniike en regeringsuitgawes nie. Dit was die regering se plig om hom te voorsien van bekleding, meubels, motors en enige luukshede wat hy mag begeer, insluitende gewone kontant. Laasgenoemde is van besondere belang. Amptelik is daar voorsiening gemaak dat die president geringe bedrae mag uitgee vir doeleindes om inligting in te samel. Die president en die permanente sekretaris sou normaalweg aan die ouditeur-generaal verslag moes doen oor die geld.

Toe Amin besef het dat sulke bedrae beskikbaar is, het hy begin om geld te eis vir "intelligence missions". Aanvanklik 'was die bedrae gering - op die meeste ‘n paar honderd dollar, maar eventueel het die bedrae gestyg tot tienduisende. Om die waarheid te sê, hy het die Bank van Uganda begin aanwend as sy kleinkas. As hy geld benodig het, hel hy sy sekretaris geskakel en gesê: "Kry geld gereed vir hierdie ofdaardie inlelligensie sending". Die sekretaris het die rekeningsafdeling gebel en die geld bestel. Hy het ook die ministerie van verdediging geskakel om hom van somme geld te voorsien. Sy aktetas en sy baadjiesakke was altyd gevul met kontant, hoofsaaklik Engelse ponde en Amerikaanse dollars sowel as Ugandese sjielings. Hy het maklik 'n duisend dollar uit sy sak gehaal op onthale en dit weggegee. Dit het vir hom niks beteken nie.

AMIN SE VYANDE

Kyemba skryf dat Amin se "vyande" op hierdie stadium veral die Acholi en Langi stamme in Uganda Milton Obotewas. Obote was 'n Langi en dit het aan Amin voldoende rede verskaf om die hele stam as sy vyande te beskou. Die Acholis het 'n groot deel uitgemaak van die gewapende magte. Amin het albei die stamme oor dieselfde kam geskeer. Om die "vyande" te vang en dood te maak het hy drie terreur organisasies tot sy beskikking gehad wat hy van die Obote-regering geërf het, maar wat hy volgens sy eie styl uitgebou en verfyn het. Die kabinet is deur Amin in die duister gehou oor die grootskaalse uitwissings. Hy het hulle slegs kortliks meegedeel dat "mopping-UP operations" aan die gang was. Kyemba skryf: "Ons het nie 'n idee gehad wat dit beteken nie, tot ons later self uitgevind het".

Die offisiere met range van luitenant kolonel en hoër is feitlik almal om die lewe gebring.

Die drie terreur organisasies wat Amin tot sy beskikking gehad het om sy vyande uit te delg was onder die vorige bewind redelik onskuldige organisasies. Die organisasies was die Militere Polisie, die "Public Safety Unit" en die "State Research Bureau." Amin het hierdie organisasies beman met Suid Sudanese, Nubiane en lede van sy eie stam, die Kakwas. "Hulle is almal onder Amin se direkte bevel", skryf Kyemba, "hulle aktiwiteite oorvleuel sodat dit 'n samestelling is van 'n magtige, genadelose terreurmasjien wat uitstrek tot elke uithoek van Uganda om slagoffers te vang, selfs op die hoogste vlak van die samelewing. Die arrestasies vind ongestraf plaas "

ln Voormalige minister in Obote se kabinet, Joshua Wakholi, wat reeds afgetree was, is gearresteer en na die Makindye gevangenis geneem. Hy is aangehou langs 'n sel wat bekend gestaan het as "Singapore". Die sel was spesiaal gereserveer vir die tot dood veroordeeldes. Wakholi het later berig dat in een nag is ses en dertig offisiere en ‘n korporaal in die sel doodgeslaan en geskiet deur drie of vier soldate. Die volgende oggend was hy onder diegene wat die sel moes skoonmaak. Die vloer was bedek met 'n kwart duim bloed Tussen die bloed was daar stukke skedel, tande, harsings en leë patroon doppe.(vervolg)

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie