DIE PAD NA VOLKSEENHEID
Na die oorlye van Paul Kruger van VVK-faam, het die AVP ‘n perverklaring uitgereik oor die pad na Volkseenheid. Na die afsterwe van mnr. Jannie Brink, voormalige stigterslid en voorsitter van die ANB verlede week, word dié onderwerp opnuut aktueel!
Meer so omdat die ANB en AVP die enigste twee organisasies is wat oorgebly het, ge-anker in die beginsels soos neergelê in die 1948 oorwinning van vryheid oor knegskap. Beginsels wat getrou gehandhaaf is deur dr. DF Malan, adv. Hans Strydom, dr. HF Verwoerd, dr. Abert Hertzog en mnre. Jaap en Willem Marais. Al die bo-genoemdes is reeds begrawe en Volksamewerking, wat nog te sê Volkseenheid is nog nie naastenby in sig nie. Die vraag wat ontstaan is waarom nie?
In die persverklaring van 2018 waarna ek hierbo verwys het die AVP met die oog op Volkseenheid die volgende gesê:
Ek het nou dieper gaan delf oor die vraag waarom ons nie kan of wil saamwerk nie. ‘n Beter bron van inligting as juis dié van die man wat daarin geslaag het om die Afrikanervolk in 1948 in politieke eensgesindheid saam te trek te midde van die grootste verdeeldheid, is in die geval van ons Afrikanervolk nie denkbaar nie.
Hoewel daar ‘n hele handvol “slim” politici in die na-Verwoerdera ontpop het en daarin geslaag het om in links en regse geledere verdeeldheid en wanhoop te saai, is daar tog ‘n kern wat kophou. Met die oog op aanvaarding in gelatenheid van die “New Age” wending van verandering van alles waarin jy geglo en wat beproef en suksesvol was, is die skande en skade besig om selfs tot die mees muwwe en verweerde nasionale denke deur te dring.
Soos in die tyd van stryd en verdeeldheid tussen die Botha/Smuts konsilliasie politiek ten gunste van Engeland en die Hertzogbenadering van Suid-Afrika Eerste, is die Afrikanervolk nou weer verdeeld. Hierdie keer egter nie uit oortuiging nie maar deur sluwe uitoorlê beplanning wat ‘n krisis in ons volk veroorsaak het oor die moontlikheid en wyse van ‘n vryheidstryd. Ek plaas ‘n uittreksel uit dr. Malan se boek oor die tema VOLKSEENHEID bladsye 42 en 43. (Beklemtonings is van my)
DR. DF MALAN: VOLKSEENHEID EN MY ERVARINGS OP DIE PAD DAARHEEN
As hoofredakteur van die herenigingsblad (DIE BURGER) was dit essensieël dat ek oor één saak volkome helder moes wees. Dit was omtrent die vraag wat die grondslae moes wees van die eenheid wat ons begeer.
My politieke loopbaan, wat in 1915 begin het, het daardie besliste doel gehad. Met die oog daarop was dit dat ek die gewigtige besluit geneem het om die redakteurskap van Die Burger te aanvaar, en dit was ook voorop in die gedagte van diegene wat daarop aangedring het, of dit verwelkom het. Dit was die herstel, sover as dit moontlik sou wees, van ons gebroke Afrikaner-volkseenheid. En noodwendig moes ek daarom my oog konstant daarop gevestig hou. Daar was uitdraaipaaie, wat al dadelik vermy moes word. Die eerste was om self alle stryd te probeer vermy, om met ander woorde tussen Botha en Hertzog posisie te gaan inneem, en om lieftallig te probeer om die twee tot versoening met mekaar te beweeg. By baie simpatiseerders was dit aanvanklik ook die verwagting. Hieraan het ek egter vir geen oomblik gedink nie. Ander met groter gesag as wat ek oor kon beskik, het dit tevore reeds probeer sonder enige sukses hoegenaamd. Moontlik sou dit ook moes uitloop op die ontstaan van 'n nuwe party, wat verwarring nog verder sou verwar. En bowendien sou so 'n tussenposisie aan oppervlakkigheid ly, niemand bevredig nie, en 'n natuurlike dood sterf. Die regte weg was om op politieke gebied nou te doen wat vanuit kerklike standpunt tevore met sukses beproef is. Daar moes teruggegaan word tot grondbeginsels, en van daar uit moes die verdeelde toestand beoordeel en benader word.
Die eerste vraag moes daarom nie wees watter van die twee leiers die skuldige is nie, maar wat is díe fondament waarop alleen die gebou van ons volkseenheid vas en seker opgebou kan word. En desnoods moes daarvoor geveg word.
42
Alleen as daaromtrent eers volle helderheid bestaan, kan ons die volk oproep tot die uiterste kragsinspanning om te bou, te handhaaf en te beskerm. Om te kies tussen die twee aangebode
hoekstene, was egter nie moeilik nie. As Suid-Afrika die reg het om 'n eie nasie te wees, dan moes sy eenheid in daardie eie nasieskap gesoek word, in getrouheid daaraan, in sy vryheid en in dïe bevordering van sy eie belange bokant alle ander. In gees en strewe is dit alles tesame begrepe in die woord Nasionalisme, soos genl. Hertzog dit uitgedruk het: „Suid-Afrika Eerste". Genl. Botha se leuse van „eer en plig" het die skeuring veroorsaak, en kon daarom onmoontlik dit weer heel. Die oog was daarvoor te veel gerig op die dien van ander as ons eie Suid- Afrikaanse belange. Dit was in wese die ontkenning van ons eie nasieskap en as sodanig die struikelblok op die pad van ons volkseenheid. As ek getrou wou bly aan die doel waarvoor ek in die politiek gekom het, dan kon ek maar net één ding doen. Ek, en Die Burger saam met my, moes Hertzog ondersteun en die pad van Botha en Smuts verwerp.
'n Tweede uitdraaipad wat ook vermy moes word, was om van die stryd 'n persoonlike twis te maak. Ongelukkig was dit sonder my toedoen reeds die geval. Wat persoonlike aanvalle op myself betref, dit het ek as reëI onbeantwoord gelaat, en in ieder geval Die Durger daarvoor nie gebruik nie. Maar die twee kante in die reeds bestaande politieke stryd was deurgaans bestempel as die Botha-party en die Hertzog-party. Dit was skadelik vir 'n goeie begríp van die werklike verskilpunte, en moes die stryd tot 'n lae peil laat afdaal. In werklikheid was dit 'n beginselstryd, naamlik dié van die Nasionalisme teen die Imperialisme, en so het ek dit dan ook deurgaans begin te noem.
Mag u wat hierdie wysheid gelees het, dit bepeins en bespreek en aan ander Afrikaners oordra en sien of ons nie die samehorigheid wat ons benodig om onsself en ons eiendom en besit te beskerm, weer kan verkry nie.