1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5914949

Besoekers aanlyn

Ons het 46 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Banier 3

Afrikaner

REGUIT PRAAT OM KROM TE DOEN!

FW De Klerk Dienslewering was beter onder apartheidBy die ontmoeting tussen die Staatspresident en verteenwoordigers van Afrikaans nasionale groepe op 26 Junie 1990 vir ‘n gesprek met hom toe die SAKP en ANC ontban is in Suid Afrika , het hy die gesprek geopen met die volgende opmerkings:

“Ek wil baie reguit met u praat, ek word op politieke verhoë, waar van u gereeld saam is, van Kommunisme- ja, in hierdie week was dit in die koerant gewees. Ek word ‘n Kommunis genoem, ... Robbert van Tonder-hulle, dit was in die afgelope twee weke: die Kommunis FW de Klerk. Ek word ‘n verraaier genoem!

Daar word gesê dat ek die Kommunisme omhels; u sê ook dat daar gesê word Mandela is ‘n bondgenoot van my. Die hele prentjie wat voorgehou word, is dat ons ‘n raadsbesluit geneem het om die Afikaner en Blanke uit te lewer aan Swart leiers”

Nou bid jou aan! Dit was 1990! Dit is vandag 2019, net 13 dae voor die volgende verkiesing waarin die Swart Leiers hulle greep op Suid Afrika nogmaals sal verstewig! Na die uitlewering van die Afrikaner en die Blanke in 1992 deur de Klerk en sy bende bondgenote van Mandela, wat nie slegs deur verraad nie, maar ook grootskaalse misleiding Kommunisme in Suid Afrika deur ‘n Broederbond raadsbesluit stewig gevestig het!

Die hele prentjie wat voorgehou was is volledig voltooi! Ek wil ook vandag baie reguit met u praat mnr. De Klerk! Dat u ‘n verraaier is, is onomstootlik bewys! Dit geld ook vir Pik Botha, Gerrit Viljoen, Heunis en elke ander lid van u kabinet wat u hervormingsplanne gesteun het en waarvan sommige genadiglik nie meer met ons is nie! Daardie manne wat op 26 Junie 1990 met u gesprek gevoer het, het daadwerklik gepoog om u te laat afsien van die voorspelde gevolge van u destydse voorneme wat u toe nie openlik wou erken nie. Baie van hulle leef ook nie meer nie.

Die gevolge van u gedienstelikheid aan Amerika en Brittanje is egter nog nie voltooi nie en u leef nog. Kies reg en bly soos ons weg van die stembus uit verset. Erken u dwaling in die openbaar teenoor u volksgenote Soos Hannes Terblanche in ons vorige artikel en herstel ten minste ‘n gedeelte van u selfrespek. Dít sal die eerbaarste maar ook die waardevolste politieke handeling van u loopbaan as politikus wees. Nie net in die oë van u eie volksgenote nie maar ook in die oë van die wêreld daarbuite as teken van die staatsmanskap wat tot nou toe klaaglik ontbreek!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie