1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5800880

Besoekers aanlyn

Ons het 36 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Kongres Banier 2 2019

Afrikaner

DIT KAN JOU DOOD VEROORSAAK

Nuttige reels wat iemand opgestel het wat ons graag plaas. Dit kan dalk net iemand se lewe red.

MOET VIR GEEN, GEEN, GEEN REDE UIT JOU HUIS UIT GELOK WORD NIE – DIT KAN JOU DOOD VEROORSAAK - VERSPREI ASSEBLIEF !!!

Stede / dorpe / plase / plotte – dieselfde beginsels geld oral: 18 GOUE REELS

  1. Moenie uitgaan na jou elektrieseverspreidingskakelaars [DB] om te kyk wat aangaan as jou krag afgaan nie – kry eers hulp van buite af in !!

  2. Moenie uitgaan om te kyk hoekom loop daar water uit jou krane of in jou tuin nie – die krane kan nie vanself oopgaan nie – kry eers hulp van buite af in !!

  3. BOERE, moenie uitgaan as daar ‘n alarm in jou stoor / skaapkraal / waar ook al afgaan nie – daar is nou al talle boere so buitentoe gelok en vermoor !!

  4. BOERE, moenie uitgaan as jou voerstoor / perdestalle / trekker / weiding / wat ook al aan die brand raak nie – daar is nou al talle boere so buitentoe gelok en vermoor !! 

  5. Moenie uitgaan as iemand om “hulp roep” of “gewond” by jou huis aankom nie – bel die nodige nood-eenhede soos polisie, ambulans, Sekuriteits reaksie eenheid, Buurtwag ens !!

  6. Moet ook nie goedsmoeds vir die “polisie” oopmaak nie .. kontak jou naaste polisiestasie en bevestig eers alle details !!

  7. Moenie uitstorm as jou voertuig(e) se alarm afgaan nie – daar moet ‘n (moontlik gevaarlike) rede wees daarvoor !!

  8. Moenie uitstorm om te kyk hoekom jou honde dringend en aanhoudend blaf nie – daar moet ‘n (gevaarlike) rede wees daarvoor !!

  9. Moenie gaan kyk hoekom “huil daar ‘n baba” by jou kamervenster of by jou hek nie – die “Suster Theresa-gevoel” kan jou lewe kos !!

  10. Moenie uitgaan as klein hondjies/katjies of enigiets anders op jou stoep of by jou voordeur neergesit word nie. Bel dan eerder jou Sekuriteits reaksie eenheid, Buurtwag of GPF om uit te kom. MOENIE daarvoor val nie !!

  11. Moenie reageer op “hulproep” van jou werkers in die nag nie - maak ‘n alternatiewe reeling met hulle - in mediese noodgeval byvoorbeeld, kan hulle jou bel en jy kan ambulans reel !!

  12. Moenie vir “verkoops foefies” of “herstelwerk foefies” of “opname truuks” of “werk soek truuks ”val nie – as hulle nie met jou ‘n afspraak kan maak nie, dan mag hulle jou nie te siene kry nie !!

  13. Moet nie vir “kan ek asb water kry”, “die toilet gebruik”, “verdwaal en die pad vra” of ENIGE ander truuk val nie !!

  14. Moet GEEN vreemdes by of naby jou huis toelaat nie (dag of nag) .. hanteer dit altyd as ‘n moontlike roof / plaasaanval as daar vreemdes per voertuig of voet aankom - roep onmiddelik hulp van buite af in voordat hulle naby jou kom !!

  15. Reel al hierdie nood-oefeninge ook met jou bure rondom jou – praat met mekaar, al is dit 3-uur in die nag en help mekaar so beskerm teen al hierdie slinkse truuks !!

  16. Kry AL die nooddienste, SAPS, Buurtwagte, Sekuriteits reaksie eenheid, ens. se noodnommers op julle selfone en roep ALTYD EERS hulp van BUITE af in om jou eiendom te beveilig VOOR jy self uitstorm !!

  17. Ons is geregtig op privaatheid en ‘n “veilige spasie” om ons – moenie dat daardie regte binnegedring word nie – handhaaf dit baie streng !!

Vertrou ALTYD jou “6 de sintuig”, die “stemmetjie” wat jou waarsku of “daardie gevoel” – dis gewoonlik reg

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie