1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5682554

Besoekers aanlyn

Ons het 33 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

IN DIE STREWE NA AFRIKANEREENSGESINDHEID

Ons ernsDie verkiesing wat voorlê bied aan ons ‘n gulde geleentheid om as ‘n volk, soos met die Anglo- Boereoorlog, vir die wêreld te wys dat ons die ongeregtigheid wat op ons afgedwing word, met veragting verwerp deur almal in verset van die stembus weg te bly! Dit sal in lyn wees met die Britse volk se referendum, ( Brexit) om buite die Europese Unie se invloed te kom en die Amerikaanse volk wat Donald Trump verkies het “to make America Great again, ons geledere te sluit ter wille van geregtigheid!

Daar is geen plaasvervanger vir geloof nie en Ons Hemelse Vader se Woord sê die hoop beskaam nie! Die gees van wanhoop wat sy oorsprong het in ongeloof, wat voed uit die misleiding van die sogenaamde onomkeerbaarheid van ons toestand, is ‘n valse gees wat bestry moet word. Verder behoort kleinlike en soms persoonlike nietighede wat eensgesindheid en gemeenskaplikheid benadeel, ondergeskik gestel te word aan ons oorlewingstryd.

Wat die ANB, VVK , die BAV , die AWB en die HNP betref, glo en aanvaar die die AVP dat daar steeds opregte en welmenende Afrikaners is wat werklik opreg bedoel om vir die Afrikanervolk se vryheid ‘n bydrae te maak in die lig van jarelange stryd, wat op die oogaf lyk of dit niks opgelewer het nie. Aan hulle wil ons sê: Daar is nie kortpaaie in die politiek nie! Bly by die beginsels wat ons gedien het sedert 1948 tot en met die moord op dr. H.F. Verwoerd. Dit was die afwyking daarvan waar die oorsprong van ons huidige ellende te vinde is en die voortsetting daarvan wat besig is om nou ook Europa te gronde te rig!

Afrikaners binne die VF-Positief en selfs in die DA wat daar betrokke is bloot omdat hulle dink dat daar in daardie geledere heil vir ons Afrikanervolk te vinde is, pleit die AVP, keer terug na die beginsel van Nasionalisme. Die pad waarop u, u nou bevind was al by herhaling deur die geskiedenis as verkeerd bewys. Ons leef juis nou onder die vernietigende gevolge van daardie beleid! Keer terug na u God, na u Volk en na dit wat u geleer het, omdat u wéét van wie u dit geleer het!

Aan die aanhangers van die “Boerekonsep” in teenstelling met die “Afrikaner” sowel as die “Israelwaarheid”- “Dogters van Sion” en ander gelowige Afrikaners wat mekaar beswadder, verwerp, verguis, beledig en afkraak.   Ons Hemelse Vader het ruimte gelaat vir verskil van mening, nie vir ongeloof, veelgodery of afgodery nie! In ons huidige verdeeldheid moet geeneen van ons “faksies” hoé reg so ‘n faksie nou ookal oortuig is dat juis húlle Godsdiens reg is en al die ander verkeerd, dink dat hulle deur Ons Vader geseën sal word in ‘n poging tot eenstemmigheid en/of samewerking van Afrikaners nie. Géén huis en/of koninkryk wat verdeeld is sal bly staan nie sê die Heilige Woord! Ons behoort per slot van rekening almal aan één Afrikanervolk waarbinne ons , ons Hemelse Vader moet dien, al is dit dan elk op sy eie manier! Die verdeelde Suid Afrika én Afrikanervolk is in sak en as as gevolg van ons afwyking van die beginsel van Nasionalisme wat ons volk bymekaar gehou het, ten spyte van verskille op ander gebiede naas die politiek!

My betoog is nie om ‘n godsdienstige debat te ontketen nie! Bloot om ons Afrikaners te verenig op politieke gebied.  Een volk van siel en sin, innerlik van dieselfde politieke oortuiging, geanker in dieselfde beproefde beginsels. Vermy geheime organisasies, vermy onderhandelaars wat Afrikaners se heil by ons vyande of internasionale magte en kragte, of in volkstate, of in nasiebou op rasgemengde grondslag  probeer verkry. Ons is ‘n Godsvolk! Dit is waar ons heil setel!

Orania en Kleinfontein was en is voortreflike inisiatiewe. Die Afrikanervolk se vryheidsoplossing sal egter nie daar bereik word nie. Hiérdie land is óns land! Indien ons nie instaat is om onsself in hierdie Godgegewe erfenis te handhaaf nie, het ons geen bestaansreg nie! Laat ons oorgeblewe Afrikaners as ‘n Gideonsbende verenig tot verstomming van die wêreld in gehoorsaamheid aan die Woord van ons Hemelse Vader!  Wat nou vir u onmoontlik lyk is vir Hom soos om water in wyn te verander! Die voorwaarde is gehoorsaamheid aan die riglyne uit SY Woord!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie