1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5609953

Besoekers aanlyn

Ons het 57 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DIE AVP OOR CALVINISME

Dr. Albert HertzogDie aanslae op die Calvinisme en die refleksie wat dit het op organisasies wat in hulle grondwet en programme van beginsels daarop staan dat hulle grondslag ’n Calvinistiese grondslag is, behoef perspektief.

Die ou Nasionale Party waarmee Suid-Afrika sy Calvinistiese beslag gekry het, die Herstigte Nasionale Party voordat hy ‘n beweging geword het en die Afrikaner Volksparty sedert sy stigting staan op Calvinistiese beginsels soos wat ons dit geleer en verstaan het, los van die dogmatiese, kerklike en teologiese verskille wat bestaan.

Beter as in die Boekie wat destyds  in 1969 gedruk en versprei is, die Calvinistiese toespraak van dr. Albert Hertzog en sy verduideliking wat aantoon dat dit niks met kerk en dogmatiese vertolkings en verskille te make het nie, maar bloot met die lewens-en-wêreldbeskouing soos deur dr. Hertzog uiteengesit is en waarmee die AVP van ganser harte saamstem. 

 

DIE CALVINISTIESE TOESPRAAK

 

 

 

VAN

 

 

 

DR. ALBERT HERTZOG L.V.

 

 

In die

 

 

 

V O L K S R A A D

 

 

 

 

14 April 1969

 

 

 

 

PRYS 20c

 

 

 

 

 

 

 

 

Vir           die           eeste         keer         woordeliks         en         volledig           gepubliseer

 

 

 

 

 

 

 

Oor hierdie toespraak is dr. Albert Hertzog gerepudiëer deur

      sowel die Eerste Minister, mnr, John Vorster, as die Transvaalse

             leier van die Nasionale Party, mnr. B. J. Schoeman.

   Van hierdie repudiëering het mnr. Jaap Marais, L.V., daarna

gesê: „Mens kon hoor hoe hulle die Nasionale Party en die

Afrikanerdom skeur."

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 INLEIDING

   Dr. Albert Hertzog se toespraak oor die Afrikaners se Calvinistiese lewensbeskouing en die_ Engelse se liberale lewensbeskouing dra reeds die stempel van 'n groot historiese rede.

Dit het aanleiding daartoe gegee dat dr. Hertzog deur Ieiers van die Regeringsparty aangeval en gerepudiëer is omdat hy dan die Engelse sou beledig het.

   Die omstandighede waarin dit plaasgevind het, stem baie ooreen met die van 1912 toe wyle genl. Hertzog sy De Wildt toespraak gehou het, wat deur wyle genl. Louis Botha ook bestempel is as 'n belediging vir die Engelse.

   Die huidige leier van die Regeringsparty, mnr. John Vorster, het aanvanklik op 22 April 1969 in die Volksraad net gesê dat dr. Hertzog se toespraak “ 'n ongelukkige toespraak" is; maar toe die leier van die V.P. hom gedruk het om die toespraak te repudiëer, het hy gesê: „Ek het alles daarvan repudiëer" (Die Burger, 23 April 1969).

   Na mnr. Vorster het mnr. Ben Schoeman, leier van die Regeringsparty in Transvaal, op 22 April 1969 in die Volksraad, gese dat hy die deel van dr. Hertzog se toespraak wat op die Engelse betrekking het, repudieer omdat dit 'n belediging van die Engelse is.

   Op 24 April 1969 het mnr. Jan Haak, Minister van Ekonomiese Sake, op 'n vergadering verklaar: „Nou het daar verwarring ontstaan deurdat dr. Hertzog die beginsels van die Nasionale Party wou vernou tot feitlik dat hy 'n Calvinisties-Nasionale Party is. Daarom is hy gerepudiëer" (Die Burger, 25 April 1969).

   Uit die uitlatings van die drie segsmanne van die Regeringsparty is dit duidelik dat hulle 'n Afrikaner soos dr. Hertzog sal verneder en beledig om daardeur as beskermhere van die

Engelse na vore te tree. Dit was 'n praktiese demonstrasie van wat die Eerste Minister bedoel het toe hy in Augustus 1968 op Heilbron verklaar het, „Ek sal die Engelssprekendes nie verneuk nie."   Wat opvallend is, is dat mnr. Vorster en mnr. Schoeman nie op die Regeringsparty se koukusvergaderings van 15 en 22 April

1969 gese het dat hulle fout vind met dr. Hertzog se toespraak en hom in die Volksraad gaan repudieer nie.

Mnr. Piet Cillie van „Die Burger" het egter daarop aangedring in 'n inleidingsartikel van 16 April 1969, en soos die geval is met 'n hele reeks repudierings en aanvalle en uitskoppings in die afgelope twee jaar, is mnr. Cillie se wense eerbiedig deur die leiers van die Regeringsparty nadat die V.P.-leier hulle daarop gewys het dat hulle moet kies tussen dr. Hertzog en mnr. Piet Cillie. (Hansard 22 April 1969).

Daarmee het die Regeringsleicrs gekies om aan die liberale kant van mnr. Piet Cillie te staan. En noodwendig het hulle daarmee die N.P. se verbondenheid aan die Afrikaner en die Afrikaner se lewensbeskouing gebreek.   Die vergelyking met 1912 is uiters merkwaardig.

Die toespraak wat dr. Albert Hertzog op Maandag 14 April 1969 in die Volksraad gehou het, het wye belangstelling gaande gemaak. Behalwe die verslag in Hansard, is dit nerens volledig

gepubliseer nie. Om die gebrek uit te skakel word die toespraak hiermee volledig aangebied soos gerapporteer in Hansard, nr. 10, kolom 3977.

Dr. Hertzog:

Ons nader nou die laaste oomblikke van hierdie debat, en ek wil kortliks eers net verwys na die agb. Leier van die Opposisie, wat sy toespraak hoofsaaklik gewy het aan die mannekragtekort en aan die tempo van ontwikkeling.   Elkeen van ons weet en elke ekonoom beklemtoon dit dat die ontwikkelingstempo van Suid-Afrika alreeds baie hoog is; dat dit miskien al te hoog is. En om nou die ontwikkelingstempo nog hoer te maak, beteken net eenvoudig dat ons op die minste die ekonomiese probleme van ons land baie gaan vergroot.

Tog het die agb. Leier van die Opposisie gese dat as gevolg van die population explosion" van die Bantoe, die swartman, wat twee maal so snel vermeerder as die witman, is dit nou noodsaaklik vir ons om hierdie ontwikkeling te verhaas en te vergroot, „technically, industrially and economically". Die doel daarmee, soos hy gese het, is dat „more non-Whites would have to be drawn into the skilled and semi-skilled jobs". As ons nou die wense van die agb. Leier van die Opposisie moet volg, stuur ons nie net nog vinniger af op grotcr ekonomiese probleme vir onsself nie, maar ons stuur ook af op politieke probleme.

   Om dit te verduidelik, wil ek verwys na die woorde van niemand minder nie as sir Alec Douglas-Home, waar hy 'n boodskap gegee het aan "die finansiers van Brittanje en dit op hulle harte gedruk het dat hulle die „economic expansion of South Africa" moet aanhelp. Hy het gese—

“Economic expansion does and will confer on non-Whites a growing economic power that will inevitably lead to a measure of political power.”

Dan gaan hy aan, volgens die berig, en sê: In South Africa, where all is calm and on the surface toler-

ably harmonious, racial tensions could build up sharply as the non-Whites from an economic power base growing stronger all the time start to j>ress for concessions in the social and political spheres. It can only be a matter of time before this happens.

En dan, eienaardig genoeg, doen hy 'n beroep op die finansiers om hierdie ekonomiese ontwikkeling, hierdie buitengewone groei, van Suid-Afrika aan te help en te bespoedig, en hy doen dit met hierdie strelende aanmoediging:     It is indeed a happy circumstance when self-interest seems to coincide so neatly with the national interest and the making of profits can be represented as a patriotic duty.

Daardie „patriotic duty" is om te sorg dat die swartman hier in Suid-Afrika politieke mag kry, en as dit eers begin, sal die mag natuurlik uiteindelik uitsluitlik in sy hande wees. Die berig het gesê dat hierdie woorde van Sir Alec gekom het „as the result of his recent visit to South Africa". Ons kan vir onsself aflei dat gedurende daardie resente besoek hy baie lede van die Verenigde Party gesien het, en miskien het hy die Leier van die Opposisie ook gesien. Ek wil nie vir ‘oomblik sê dat die agb. Leier van die Opposisie met sy oproep vir die vermeerdering van ons ekonomiese aktiwiteite, dieselfde oogmerk het as die van sir Alec Douglas-Home nie, maar die uiteindelike gevolg van sy voorstel sal dieselfde wees.

U weet, Meneer, ek kan nie help, en ek dink baie van die van ons wat hier sit kan nie help, om tot die indruk te kom, nadat ons so voortdurend geluister het na die toesprake van ons vriende aan die oorkant van die Huis, dat die Verenigde Party in hoofsaak begaan is oor die swartman. Hy is in hoofsaak begaan oor die sogenaamde en denkbeeldige onregte teenoor die swartman. Hy is in werklikheid nie baie begaan oor die witman nie. Dit is die afleiding wat ons maak. Dit gee ons die indruk dat hy nie begaan is juis oor die witman, wat Suid Afrika gemaak het wat hy vandag is nie, wat Suid-Afrika gebring het waar dit is nie, wat Suid-Afrika in staat gestel het om '’n waardige tuiste te kan wrees vir al die rasse in die land nie; dat hy nie begaan is oor daardie witman sonder wie alles in Suid-Afrika inmekaar moet stort en nie kan voortbestaan nie.

As die witman in Suid-Afrika moet padgee, sal dit nie net ellende bring vir die swartman nie, maar chaos. Vandag wil ek praat soos ons as Nasionaliste altyd praat, met die gedagte wat ons as Nasionaliste altyd het. Ons eerste gedagte is aan die wit mens van Suid-Afrika, daardie wit volk sonder wie niks in Suid-Afrika kan bly bestaan nie en sonder wie selfs die blanke beskawing uiteindelik sal vergaan.

In die eerste plek moet ons rondom ons kyk na die staatkundige posisie. Ons neem met die grootste waardering waar die verligting in die spanninge op internasionale vlak teenoor Suid-Afrika, en ons wil hoop dat daardie verligting blywend sal wees. Maar ons moet nugter wees. Ons moet onsself daarvoor voorberei dat daardie verligting maar net tydelik kan wees en dat die spanninge teen Suid-Afrika in die nabye toekoms miskien verder en baie hoog kan ophoop. Dit kan amper nie anders nie, want die kernbeswaar wat die wereld teen ons het, is nie die manier waarop ons die Bantoes behandel nie, nie die mooi manier waarop ons optree teenoor die ander bevolkings in Suid-Afrika nie; die beswaar wat hulle teen ons het, is dat ons as witmense hier in Suid-Afrika is, dat ons die land regeer as 'n minderheid.

Dit is hulle beswaar. Die wereld daarbuite staan daarop dat hulle wat in die meerderheid is, moet regeer. Dit maak nie saak hoe barbaars, dit maak nie saak hoe onbevoegd die meerderheid is nie; dit maak ook nie saak wat die konsekwensies is nie. Die wereld daarbuite eis dat die meerderheid moet regeer. Is dit nie in werklikheid presies wat die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, mnr. William Rodgers, nou die dag gesê het nie? Is dit nie presies wat mnr. Wilson by die V.V. in verband met Rhodesie gese het nie? Is dit nie dieselfde beginsel wat die V.V. met die steun van Amerika gestel het ten opsigte van Suidwes-Afrika nie? Is dit nie miskien dieselfde wat net op 'n baie onbeskaamde manier deur die Amerikaanse Advokaat Gross, die applikante se advokaat in

die Internasionale Hofsaak oor Suidwes-Afrika, gestel is toe hy kort gelede 'n beroep op die Amerikaanse regering gedoen het „to end White rule in South Africa" nie?

Ek sê die kernpunt waarom alles draai in Suid-Afrika is die feit dat ons as witmense, die beskaafde volk, die kundige volk, die bekwame volk, as 'n minderheid durf om die land te regeer. Solank as wat ons regeeer, solank moet ons daarop voorbedag wees dat die spanninge teen Suid-At'rika kan oplaai en meer kan oplaai. Ons moet ons daarop voorberei dat as gevolg van die kommunistiese indringing in Tanzanie" en Zambië' dit nog verder verhoog kan word. Daar word gesê dat daar tans in Tanzanië en Zambië minstens 1,000 Chinese kommunistiese tegnici is wat besig is met opname vir die spoorweglyn tussen die kopervelde van Zambie en die kus van Tanzanie. Wanneer daar eers 'n begin gemaak gaan word met daardie spoorweg, kan ons daarop bedag wees dat kommuniste in groot getalle beide Tanzanië en Zambië sal binneval. En met die styging in die getalle van die kommuniste aldaar kan 'n mens seker wees dat kommunistiese propaganda die hoogte sal inskiet. Kommunistiese propaganda het 'n patroon; dit is die patroon om altyd haat te stig. Hulle stig haat tussen stam en stam, tussen swartman en swartman, en tussen swartman en witman. Ons sien

dit al in daardie smeulende terroristiese kampe naby ons grense, kampe wat openlik gestig is en ten opsigte waarvan openlik gese word dat hulle teen Suid-Afrika gemik is. In die lang termyn moet ons verwag dat hierdie propaganda teen Suid Afrika die vyandskap en gevoelens teen ons die hoogte sal laat inskiet.

Ons Regering is bewus van hierdie dinge en daarom het die Regering nog altyd stelselmatig ons verdediging so kragtig opgebou. In die huidige begroting is daar voorsiening vir '’n verdere verstewiging van daardie verdediging.

Elke verstandige mens weet dat wanneer jy in gevaar verkeer, jy nie wapcns weggooi nie. Jy gryp inteendeel elke wapen wat jy het en jy probeer dit verbeter. Jy troetel dit en jy bou dit uit, jy versterk dit, want as jy 'n wapen weggooi wat jy kon gebruik het, dan verswak jy jouself daardeur en jy versterk jou vyande. Ons as volk het een groot wapen, miskien die sterkste en die kragtigste wapen wat ons besit, en dit is ons blanke volk self. Mens kan 'n oorlog wen sonder wapens en sonder voorrade, vernaamlik in die huidige gebruik van onkonvensionele oorlogsvoering, waarin jy jou wapens en jou voorrade van jou vyande neem. Maar jy kan geen stryd ooit wen sonder 'n taaie en 'n onverskrokke en 'n geestelik goed toegeruste volk nie.

Nou is dit die toestand in ons land vandag dat ons tussen R280 miljoen en R300 miljoen bestee aan die wapenrusting en die organisasie van ons Verdedigingsmag. Terselfdertyd is daar hier in ons land magte aan die werk wat besig is om op 'n intensiewe skaal die geestelike weerbaarheid van ons volk af te takel en. af te breek, en ons daardeur verswak. Ons blanke bevolking is ons kragtigste, ons grootste bate.

Hierdie blanke bevolking van ons bestaan hoofsaaklik uit twee dele: Ons Engelssprekendes aan die een kant en ons Afrikaanssprekendes aan die ander kant. Daar is reeds baie wat gemeenskaplik is tussen ons. Daar is egter ook nog baie verskille, sake waarin ons van mekaar verskil.   Maar hoe dit ook sy, elkeen van ons twee groepe het wonderlike eienskappe, eienskappe wat gemaak het dat hulle groot en pragtige bydraes gelewer het tot die opbouing van ons land en tot die bestendiging

van ons voortbestaan.

As ons nou die beste gebruik wil maak van hierdie twee groot dele van ons bevolking, moet ons hulle reg verstaan. Ons moet hulle eienskappe begryp sodat ons die beste gebruik van hierdie groot potensiaal kan maak. Tussen hierdie twee groepe is daar, wat ek wil noem, „tussengangers". Daar is mense wat deels die eienskappe van die Afrikaner het en deels die eienskappe van die Engelssprekendes, in verskillende grade. Maar ons moet erken dat in sy geheel die groot massa van die Engelssprekendes nog 'n homogene groep vorm en die Afrikaanssprekendes 'n homogene groep wat dieselfde eienskappe vertoon.

Nou wil ek vir 'n oomblik eers stilstaan by die Afrikaanssprekende gedeelte van hierdie kragtige bevolking van ons. Ons Afrikaanssprekendes is nog hoofsaaklik geanker in ons kerk en ons godsdiens. Ons is hoofsaaklik nog Calviniste. Ons is deurdring deur daardie groot kompleks van beginsels wat Calvinisme heet, daardie kode van morele, etiese en godsdienstige beginsels. Dit is deel van ons lewenspatroon. Dit is deel van ons wese, van ons opvoeding. Ons kan nie anders wees nie. In daardie lewenspatroon is daar 'n paar beginsels wat ek wil noem.

     Die eerste is die basiese beginsels van Calvinisme, nl. dat 'n mens altyd regskape en regverdig moet optree. Ons mag verskil onder mekaar oor wat regverdig en wat regskape is, maar 'n mens durf nooit verskil in die toepassing, die navolging en die uitlewing van dit wat regskape is nie. Daarom is dit dat elkeen wat die Nasionale Afrikaner ken, hierdie Calvinistiese Afrikaner, weet dat hy van hom nooit onreg hoef te vrees nie. Het ons nie 'n treffende voorbeeld in ons heel eerste Nasionaliste van die Transvaal, die Voortrekkers, nie? Is dit nie vir ons treffend nie dat daardie Voortrekkers die land ingetrek het maar dat hulle nooit die kleinste gedeelte van die land of

van die grond van andere afgeneem het nie, selfs nie wanneer daardie andere ver swakker as hulle self was nie? Dit is deel van die Calvinistiese lewensbeskouing. Dit is deel van die Calvinistiese lewcnsbeginsel.

   Maar daar is 'n tweede beginsel wat hier ook van belang is, naamlik dat elke Calvinis die verskeidenheid van die skepping erken. Hy erken met ander woorde die deug in ander groepe en in ander volksdele. Omdat hy dit erken, moet hy hulle gun om hulself te wees. Hy moet hulle gun hulle taal, hulle kultuur, hulle lewenswyse, hulle gebruike, alles wat hulle eie is, of hulle nou 'n hoogs beskaafde volk is, en of hulle nou 'n primitiewe deel van die bevolking is. Hierdie beginsel is

ook deel van die Calvinistiese kode van die Afrika-nasionalisme. Daarom is dit dat die Engelssprekende nooit hoef te vrees dat die Calvinistiese Afrikaner of die Nasionalis ooit aan die regte van die Engelssprekende tekort sal doen nie. Hy hoef nooit te vrees dat die Calvinis, die Nasionalis, die regte van die Engelssprekende sal wil wegneem nie. Hy weet dat die regte van die

Engelssprekende cn die regte van elke ander deel van die bevolking net so veilig is in die hande van die Afrikaanssprekende Nasionalis, die Calvinistiese Nasionalis, as in sy eie hande. (Tussenwerpsels). Ek sou graag op die agb. lid vir Transkei se tussenwerpsel wou antwoord, maar my tyd is baie beperk.

   Die derde beginsel en die groot lewensbeginsel van die Nasionalis en die Calvinistiese Afrikaner is sy verknogtheid aan vryheid; vryheid van die persoon en vryheid van sy volk. Niemand, nie eers 'n persoon of 'n Regering, durf daardie vryheid aantas nie. Daarvoor het die Calvinistiese Nasionalis nog altyd alles opgeoffer; en daarvoor sal hy in die toekoms nooit ophou om te veg teen enigeen wat daardie regte durf aantas nie.

Die vierde eienskap van hierdie Calvinistiese Afrikaner is die beginsel dat hy hom aan gesag onderwerp. Hy sal hom sterk laat geld teen enige element wat op 'n onregmatige manier die gesag wil beëindig. Hy sal dan nie skroom om op te tree en om sterk op te tree nie. Hy sal nie skroom om die negentig dae bepaling te gebruik nie; hy sal nie skroom om die 180 dae bepaling te gebruik nie. Hy sal nie terugdeins vir huisarres, of vir die beperking van die vryheid van beweging of vir die beperking van vryheid van agitasie nie. Daar is egter altyd een perk daaraan. Dit is dat hy nie sal skroom om die gesag te handhaaf nie, solank as daardie gesag bokant hom regverdig en regskape is en so optree nie. Deur die geskiedenis hecn het die Calvinis, die oomblik as hy oortuig is dat daardie gesag in 'n dwingelandy verander, dit nog altyd verwerp. Dit is die waarborg vir elkeen in Suid-Afrika. Dit is omdat die Calvinistiese Afrikaner homself so onderwerp aan gesag; dit is omdat hy daardie ideale en beginsels het wat ek kortliks genoem het, dat die Calvinistiese Afrikaner, die Nasionalis, so 'n goeie, so 'n ideale stryer en so ‘n goeie soldaat vir die blanke beskawing uitmaak. Dit is daarom dat hy nog hier in Suid-Afrika bestaan, terwyl rondom ons in die wêreld so baie ander beskaafde volke inmekaar getuimel het; terwyl so baie uit Afrika verdwyn het. Daarom sal hy net so staan wanneer die magte van die toekoms ons beskawing en ons blanke bevolking weer bedreig.

Laat ek nou kom by die tweede gedeelte van ons bevolking, ons Engelssprekende Afrikaners. Ons Engelssprekende Afrikaners het wonderlike deugde waardeur hulle alreeds ontsettende groot dienste aan Suid-Afrika bewys het. Basies is hulle egter nie Calviniste nie; basies verskil hulle van die Nasionale Afrikaners; basies is die Engelssprekende Afrikaner liberaal. Ek wil nie vertel hoedat ek die Engelssprekende Afrikaner verstaan en opsom nie. Ek wil graag he dat een van hulle self hier moet praat, een wat 'n leier onder hulle was en wat vandag nog 'n toonaangewende man is. Dit is niemand anders as ......   Mnr. E. G. MALAN: S. E. D. Brown. Dr. A. HERTZOG:......Calpin nie en hy het soos volg getuig in sy onlangse werk: „At last we have got our country back." Die agb. lede aan die oorkant kan self oordecl of hy korrek is of nie. Nieteenstaande die feit dat die agb. lede lag, sal hulle tog met my uiteindelik saamstem dat hy korrek is. Calpin sê: “The English seldom get rid of their Englishness and there is a bit of Englishness in the majority that reflects the broad liberalism of British politics. They still cling to a few British ideas about freedom of speech, freedom of conscience, the rule of law, the sanctity of the individual and the right of     every man to be afforded a fair trail. However vague their interpretation of individual liberty, they believe in it as the cornerstone of democracy. Their interest in these things may be blurred, their vigilance dimmed by distance and environ ment, but these things still form part of every Englishman's

   heritage, the product of his upbringing and education. There are things being done which do not accord with their idea of what is right and what is just; things like the usurpation of the powers that rightly belong to the judges, tampering with the rule of law, the 90 and the 180 days detention without trial, without charges being laid, the house arrests and the bannings that are a denial of free speech.

   Ek dink dat nie 'n enkele van die lede aan die ander kant sal sê dat Mnr. Calpin nie absoluut korrek in sy weergawe van die Engelssprekende is nie. Hierdie liberalisme is deel van ons Engelssprekende vriende se hele wese. Hulle kan hulself nie daarvan losmaak nie, net so min as wat ons ons kan losmaak van ons Calvinistiese agtergrond.

   Dit is daarom dat ons Engelssprekendes die slagoffers word van die aanslae van die kommuniste en van die nuwe linkse bewegings wat altyd hul vryheid gebruik om die vryheid mee te vernietig. Hierdie liberalisme is so diep ingegrawe in ons Engelssprekende landgenote dat hulle hulleself moeilik kan beweeg om op te tree teenoor daardie kommunistiese en linkse rigtings wanneer daardie rigtings 'n aanslag op hulleself maak. Dit is die rede waarom die Engelssprekendes uit Afrika geforseer is. Dit is miskien die rede waarom hulle vandag in 'n groot mate in

hulle eie land verdring word.

   Toe Mnr. MacMillan met sy boodskap van liberalisme hier in Suid-Afrika gekom het, was sy oogmerk juis om ons Engelssprekende vriende te kry om oor te gee en om hulle te verlam.

Maar sy bedoeling was om ook ons, as die Calvinistiese en Nasionale Afrikaners, te verlam. Ons as blanke volk sou inmekaar gestort het as ons Engelssprekende vriende alleen moes gestaan het, want hulle het nie kans gesien om hulleself met die middels te vereenselwig nie; die middels wat Calpin genoem het, naamlik die 90-dae-bepaling, die 180-dae-bepaling, die huisinperking en

die snoer van die agitators — daardie maatreëls wat so absoluut onverbiddelik nodig was as ons 'n wit beskawing en onsself in Suid-Afrika wou handhaaf.

   Die man wat daardie eienskappe het om as kampvegter te kan staan, om as die soldaat te kan staan, nie van homself alleen nie maar as soldaat van die hele blanke beskawing in SuidAfrika, is die man wat oor al die dekades homself gered het en daarby sy Engelssprekende landgenoot en die beskawing gered het. Daardie man is die draer van die kode van magtige morele, etiese en godsdienstige beginsels. Die beginsels wat mens geestelik versterk om die grootste aanslae te kan weerstaan. Dit is hierdie Afrikaner-Nasionalis en hierdie Calvinistiese beginsels wat vir 300 jaar die beskawing hier in Suid-Afrika so magtig help plant het.

In die stryd wat vir ons voorlê, miskien die hewigste en magtigste stryd wat vir ons voorlê, sal dit weer die man wees wat die draer is van hierdie wonderlike Calvinistiese beginsels, wat op die voorpunt in die stryd om ons beskawing sal veg. Maar daar is 'n voorwaarde aan verbonde. Die voorwaarde is dat ons op hom sal kan staatmaak alleen solank hy in werklikheid die draer van daardie Calvinistiese beginsels is. Die oomblik dat hy daardie beginsels versaak, sal sy mag inmekaarsak.

As dit nou vir ons erns is om hierdie beskawing van die witman te beveilig, as dit ons erns is om die aanslae wat in die toekoms ook nog teen ons geloods gaan word, te weerstaan, is dit onverbiddelik noodsaaklik dat ons op elke moontlike manier hierdie aanslae, hierdie voortdurende subtiele aanslae op ons gees, sal beëindig.

 

 

 

 

Uitgegee en versprei deur die Herstigte Nasionale Party, Posbus 1888, Pretoria

en gedruk deur Craft Pers (Edms.) Bpk., Visagiestraat 28, Pretoria.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie