1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5609939

Besoekers aanlyn

Ons het 42 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

BOSASAONTHULLING EFFEKTIEF AAN BANDE GELÊ.

Die wortel van die kwaad by BosasaDit is interressant om te sien hoe die banke werk om die werklike magte wat besig is om Suid Afrika ten gronde te rig,te  beskerm. Die waarskuwings dat die beleidsverandering na ‘n Een-Mens-Een Stemstelsel in Suid Afrika onvermydelik vanweë die getalleoorwig van die swartes tot vernietiging van die blanke sal lei, moet ten alle koste verkeerd bewys word.

Die verdere vermanings van Afrika as voorbeeld van onvermoë tot eerstewêreldstandaard, moet eweneens in die doofpot gestop word indien ons vyande wil slaag met hulle eksperiment om moreel geregverdig te wees in hulle ondersteuning van die ANC en hulle swart en enkele liberale,humanistiese en verdwaasde blanke kiesers.

Na nege dae se blootlegging van die Bosasa korrupsietsunamie waarin  Angelo Agrizzi volgens sy eie getuienis maar slegs sowat 20% van wat hy weet blootgelê het, gryp FNB en ABSA in en dreig om alle rekenings wat betrokke is te sluit.

Nathan Mayer RothschildDit was in 1815 toe  Nathan Mayer Rothschild sy beroemde, of is dit liewer berugte stelling gemaak het dat: “I care not what puppet is placed upon the throne of England to rule the Empire on which the sun never sets. The man who controls Britain’s money supply controls the British Empire, and I control the British money supply.”

Die sluit van die bankrekenings sal waarskynlik effektief verhoed dat die volle omvang van hierdie onreg en almal wat daarby betrokke is op die lappe kom. Die verkiesing wat op hande is sal waarskynlik vir Ramaphosa ongunstig verloop met sy seun en hoof uitvoerende beamte Gavin Watson van Bosasa se onderhandelings waarna Agrizzi in sy onderhoud met Rapport verwys het, indien die getuienis voortgaan.

Met reeds twee kabinetsministers se betrokkenheid volgens die betaande getuienis, spreek dit vanself dat die ANC in verdere onthullings gaan skade kry. Wat reeds onomstootlik soos ‘n paal bo water staan, is die hopeloos ontoereikende politiek insig van elke en almal wat hulle vir hierdie oorgang van Afsonderlike ontwikkeling onder Afrikanerbeheer, na die voorspelde destruktiewe swart, Kommunistiese meerderheidsregime, wat elke betrokkene reeds aandadig maak aan al hierdie vernietiging van goed en bloed!

Geen argument kan die tasbare bewys van wat voorspel was, van die tafel afvee soos wat daar naarstigtelik gepoog word om te doen nie! Die geskiedenis is onverbiddelik besig om dit in graniet te giet vir die geslagte wat na ons moet kom.  Waar sal u aandeel opgeteken wees? 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie