1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5747194

Besoekers aanlyn

Ons het 108 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DIE GUPTAS DIE STAATSKAPERS??

Jacob Rees Mogg Britse LPDit is die opmerkings in ‘n beeldradiodebat wat die Britte se ongenaakbare en barbaarse karaktersamestelling weer na die voorgrond gedryf het toe Jacob Rees-Mogg, die konserwatiewe party in Brittanje se lid van die Parlement die konsentrasiekampbeleid van die Britte tydens die Anglo Boere oorlog probeer regverdig het.

Skynbaar ‘n gesiene parlementariër wat selfs aspireer vir die premierskap van Theresa May, wat nie skroom om sy minagting vir Emily Hobhouse se geskiedkundige waarneming en hulp aan die mishandelde Boerevroue en kinders deur so ‘n veragtelike demonstrasie in die openbaar te lewer deur sy verdediging van sy voorgangers se verskroeide aardebeleid nie.

Wat het dit nou met die Guptastaatskaping te make? Dit is dan nou al maande wat die media die Guptas verantwoordelik hou daarvoor dat hulle die staat gekaap het! Die vraag is, het hulle regtig? Dat hulle saam met elke hand in die koekblik en elke sitplek in die soustrein voordeel getrek het, is waar. Dit is egter net een van die simptome van die werklike staatskaping wat sy oorsprong by die moord op dr. Verwoerd gehad het.

Maar in werklikheid gaan dit nog verder terug. Die Britte se aanhoudende vergryping aan die Afrikanervolk se grond en besit het nog nooit opgehou nie! Met die sluiting van vrede by Vereeniging in 1902 was dit Alfred Milner wat gesê het dat dit mag nou vrede wees, maar dit sal steeds oorlog bly! Nie meer met koeëls nie maar op ander wyse.

Hierdie “ander wyse” wat onderduimsheid, sameswering, verguising, ontmagtiging deur swart bemagtiging, ondersteuning van grondgryp sonder vergoeding en nou selfs die verdediging van die mees veragtelike oorlogsmisdade wat seker een van die grootste misdrywe teen die mensheid ooit, verteenwoordig, is die verteenwoordigers van die Britte besig om hulleself in die openbaar uit te klee as een van die Westerse nasies met die swakste karaktersamestellings denkbaar!

Om die verskroeide aarde beleid, wat spesifiek aangewend is omdat hulle nie die Boerekrygers, selfs met oorweldigende getalleoorwig, op die slagveld kon wen nie, hulle vrouens en kinders onder die haglikste toestande soos beeste in oop treintrokke en selfs te voet aan tejaag deur swartes daarvoor aan te wend, nou nog te probeer vergoeilik, skreeu te hemele.

Verskroeide aarde beleid van die BritteAfbrand van hulle huise, hulle landerye, hulle vee en kleinvee dood te maak sodat die manne teen wie hulle moes veg nie toegang tot kos moes hê nie, wil Jacob Rees Mogg afmaak as sou dit bloot die beskerming en voeding van die vrouens en kinders ten doel gehad het! Waar kon hulle beter na hulleself omsien as in hulle eie plaashuise met hulle eie bronne van voedsel wat op veragtelike, indien nie barbaarse wyse deur die Engelse vernietig is met die doel om die Boerekrygers by te kom!

Vir hierdie onmenslike vergryp in ‘n oorlog wat hulle andersins nie sou kon wen nie, het die Britse regering tot vandag toe nie die Afrikanervolk om verskoning gevra nie. Die vraag wat ontstaan is waarom die Japanese, die Australiërs, die Iere om verskoning vra vir vergrype teen hulle van ‘n honderd jaar en meer terug, maar nie vir die Afrikanervolk nie?

Dit kan nie anders wees as Milner se stelling en die huidige politieke ontplooiing in Suid Afrika wat duidelik bewys dat die Engelse nog nie met die Afrikaner afgereken het nie. Die neerlae wat hulle teen die Afrikanervolk gely het staan tussen die Afrikanervolk en die ego van die eens befaamde Britse ryk van wie die karaktersamestelling van ontrou, onderduimsheid, onbetroubaarheid en valsheid soos beleef deur die Afrikanervolk in sy ervarings met die Britte tot vandag toe, hulle die spreekwoordelike wolf in skaapsklere maak. Die verskuilde kapers van Suid Afrika met behulp van hulle Amerikaanse bondgenote. In hulle ywer vir beheer van ontginde energiebronne en strategiese vastrapplekke in die wêreld is die middel tot die doel in enige vorm aanvaarbaar al druis dit in teen elke beskaafde en verantwoordbare norm denkbaar!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie