1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5475404

Besoekers aanlyn

Ons het 83 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

OM IN SUID AFRIKA TE STEM OF NIE TE STEM NIE.

 

Slagspreuke in verkiesing 4  Slagspreuke in verkiesing 6   Slagspreuke in verkiesing 5 Slagspreuke in verkiesing 

Daar is ‘n koorsagtige kampanje om mense te oorreed om te registreer om in die komende verkiesing te gaan stem. Vir die vyande van die Afrikanervolk is dit absoluut noodsaaklik dat die héle Afrikanervolk oorreed moet word om deel te neem as ‘n bewys dat hulle berus in die terroristiese oorname van 1994 en derhalwe ook die wettigheid daarvan. As dít bereik is is die Afrikanervolk gedoem om die uitslag te aanvaar van elke verkiesing en jou daaraan te onderwerp.

Daar heers egter groot verdeeldheid onder kiesers of daar moet, of behoort gestem te word. Die onkunde wat daar heers oor die betekenis en gevolge van stem of nie stem nie, is om die minste te sê, absoluut verbysterend!

Argumente soos: “as jy nie stem nie is dit ‘n stem vir die teëparty”. Wat ‘n onsinnigheid! As in aanmerking geneem word dat jy, vir wie jy ookal stem, se beleid stem en daardie beleid verteenwoordig iets onheiligs en ongeregtig, jy daarin aandadig is! So ‘n stem is ‘n stem teen jouself vír jou teëparty!

Hier kan ek verwys na die DA wat so min verskil met die ANC dat selfs die Jodin Zille die voorbeeld geword het vir die Afrikaners en blankes wat gedink het dat hulle stem vir die DA die ANC sou kon rem, i.p.v. na hulle beleid te kyk! Selfs die VF Positief wie se parlementariërs trou gesweer het om die Afrikanervyandige grondwet te onderhou en voorgee dat hulle in blankebelang optree, verkies die Kleurling Afrikanerhater Pieter Marais as hulle premierskandidaat in Kaapland. Peter Marais is as die VF Positief se Wes-Kaapse premierskandidaat aangewys nadat gesprekke tussen Marais en die party reeds in 2014 gevoer is. Partnership soos dié van Roelf Meyer? Groenewald se slagspreuk “Slaan terug” behoort jou te laat wonder na wie slaan die VF Positief hier? Dat hierdie VF Positief, soos HIV Positief terminaal siek is, behoef nie verdere betoog nie!

Dit is ‘n gelowige se verantwoordelikheid om te gaan stem”. Nog ‘n onsinnigheid! Die swaard in die hand van die owerheid bepaal die milieu waarin jy veronderstel is om ‘n sekere lewensstandaard te kan handhaaf. I TIMÓTHEÜS 2:2 “In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; “vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.” Indien beleid iets anders voorstaan, wees verantwoordelik en bly daar weg!

“Dit is die enigste maatreël wat oorgebly het om jou reg uit te oefen, ens.” Dit is nie waar nie! Verset in vele vorme is beskikbaar en onder bepaalde omstandigheid ‘n sterker wapen as geweld! Om verantwoordelik te wees is beter as ‘n wanstaltige vorm van reg! Eers in ‘n homogene volk, word stemreg ‘n verantwoordelikheid as die lewensruimte van TIMÓTHEÜS 2:2 jou strewe en jou behoefte is!

As die verkiesingsplakate in ag geneem word, is die misleiding oor waarom jy vir ‘n bepaalde party moet stem só erg dat dit openlik reflekteer op die intelligensie van die kieser wat daardeur aangespreek word! Kyk liewer na die feitlike gevolge van die afgelope 24 jaar!

Die Afrikaner Volksparty vind dit dus noodsaaklik om te verduidelik waarom ‘n Afrikaner huidiglik NIÉ moet gaan stem nie.

In die eerste plek stem jy nie teen ‘n party nie, jy stem vir ‘n party se beleid! Wat verteenwoordig die beleid waarvoor jy stem? Aborsie oftewel kindermoord, homoseksualisme, een mens een stem, multikulturalisme, veelrassigheid, geen onderskeid tussen ras, geloof, taal kultuur of godsdiens nie. ’n Beleid van godsdiensvryheid, ‘n Afrikanervyandige Godlose grondwet, grondonteiening sonder vergoeding? Waarvoor stem jy, as jy vir ‘n bepaalde party stem?

Is die party wat nou in Suid Afrika die regime verteenwoordig en by jou pleit om vir hom te stem wettig? Die AVP verklaar in die lig van die feite soos in Hansard opgeteken dat die regime onwettig is! Hoe kan jy vir ‘n onwettige regime stem? Deur jou deelname verleen jy daardeur aan hom ‘n wetmatigheid waaroor hy nie beskik nie! Deur vir hom te stem verleen jy aan hom dus die reg om te sê dat jy sy grond gesteel het en dat hy die reg het om dit terug te vat! Deur aan sy stelsels deel te neem erken jy dat hy ‘n aanspraak op ons Afrikanerland het instede daarvan om deur die weiering van jou deelname te bevestig dat hy onwettig in beheer gekom het!

Hoe verskil die opposisie partye vir wie jy dalk wil stem se beleid van dié van die onwettige ANC? Met die oorwig van nie-blanke getalle, in watter mate het die deelname van blankes aan die bestel daarin geslaag om enige van die voorspelde vernietigende gevolge vir die Afrikanervolk teë te werk? Kyk na die aftakeling in Taal, Kerk, Skool, Universiteit, Werkloosheid, Sport, Kultuur, Standaard, Moraliteit en Eiendomsreg, ens. Is dit hoegenaamd afgeweer of selfs net vertraag?

Behalwe vir geweldadige verset is al die “oënskynlike” beskikbare remedies al uitgeput. Behalwe om in die bestryding van enkele simptome, soos onbillike ontslag, haatspraak en aanstigting van onrus, enkele hofsake prys te gee, is niks in 24 jaar in belang van ons volk bereik nie. Die regime poog bloot om politiek korrek in die oë van die buiteland op te tree waar hulle weet hulle vorentoe finansieël sal moet hulp vra.

Die sterkste wapen teen Kommunisme en Sosialisme is Nasionalisme! Daarom, omdat politiek ook ‘n vorm van oorlog is, gee jy nie toe aan jou vyand se uitdaging tot ‘n geveg op sý terrein met sý aangebode wapens nie! Jy bly in verset! En dus in ontkenning van sy onwettig verkreë “reg”, bly jy by die stembus weg!

Indien al die Afrikaners en ander blankes almal saam wegbly, stuur ons die sterkste moontlike boodskap aan die wêreld daarbuite oor die onreg wat hier plaasgevind het en nou vinnig oppad is na hulle toe!

Kies dus hierdie keer saam met ons reg en bly weg!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie