1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5316164

Besoekers aanlyn

Ons het 22 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

WAS BYERS NAUDÉ, NICO SMITH, WILLIE JONKER EN DIE KOOR WAARIN HULLE GESING HET REG?

‘N VREEMDE BELEID KRY BESLAG

Indien ons die afgelope 52 jaar, sedert die sluipmoord op dr. Verwoerd, van aftakeling van die apartheidsbeleid en uiteindelike totale integrasie sedert 1994 vergelyk met 18 jaar voor 1966, overgeset synde vanaf 1948 tot 1966, was die bo-genoemde kerkleiers dan reg en Afrikaner politieke leiers verkeerd?

Volgens die oordeel van die “bekeerde” nasionaliste, moes hierdie kerklikes dan reg gewees het en die meerderheid van die Afrikanervolk verkeerd! Die beleid van integrasie oftewel rasvermenging van die SAP,VP, PP,RP, PRP,PFP, NDM, OP,DP,NNP,DA wat soos ‘n riglyn deur al hierdie opmekaarvolgende partye geloop het en wat sedert die ontstaan van die Nasionale Party die beleid van afsonderlike ontwikkeling opponeer het, het in 1994 beslag gekry.

ONMAG VAN DIE LIBERALES

Hierdie “oorwinning” oor nasionalisme, wat sedert die NP se verkiesingsoorwinning van 1948 deur hierdie liberales verbete gedryf is om weer beheer te verkry maar nooit daarin kon slaag nie, is lamgelê deur die verdeeldheid in hulle eie liberale geledere. Die uiteindelike oorwinning vir hulle beleid, is deur die verraad van die NP self bewerk en in 1994 voltrek deur die Afrikanervolk te uitoorlê met ‘n valsheid in omvang waarvan ‘n mens tot vandag toe in verbystering staan!

Feitlik oornag het die liberaliste verkry waarin hulleself met die uiterste pogings in al daardie jare nie kon slaag nie! Die verskil is egter dat die beginsel wat hulle beleid bepaal het, na 1994 verby sy bedoeling gestrek het, tot by die enigste vorm van moraliteit wat daar in ‘n veelrassige samelewing se politieke beleidsrigting opgesluit is! Die volle konsekwensie van hulle integrasiebeleid, naamlik “almal saam en almal gelyk wat skielik in 1994 op hulle neergedaal het, was nie hulle bedoeling nie! Die bedoeling was die immorele benadering van almal saam (deurmekaar), maar met behoud van blanke heerskappy. Dus nie almal gelyk nie!

Moraliteit

Die aanslag op nasionalisme en meer spesifiek op die beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling was nooit eerlik met die belang van die swart ras in die vissier nie. Daar was altyd hierdie waas van “moraliteit” as sou die NP se beleid kastig die swartes verontreg omdat hulle afgesonder was van sosiale verkeer met die blanke en toegang tot dieselfde regte en voorregte as die blanke binne die gebied van die blanke.

Diemotivering hiervoor was natuurlik die Amerikaners, Engelse, Australianers, Franse, Duitsers ens, almal blankbeheerde lande waar die gekleurde deel van die bevolkings ver in die minderheid was en dus geen bedreiging vir die blanke ingehou het, ten spyte van ‘n geïntegreerde benadering nie. Almal saam deurmekaar en almal met dieselfde regte. Die blanke meerderheid dus vanweë hulle getalsterkte, altyd in beheer! Met die politieke klimaatverandering waar derduisende vlugtelinge en asielsoekers hierdie lande nou binnestroom en die getalleverhoudings ook gelyk en selfs meer “gelyk” na die kleurkant begin oorhel, verander die toestande drasties en word naarstiglik na bekampingsmaatreëls gegryp om die verslegtende toestande wat ontstaan te probeer hokslaan!

WIE IS REG EN WIE IS VERKEERD?

Terug by Suid Afrika en terug by die vraag! Was hierdie teoloë en liberales reg en ons nasionaliste verkeerd? By die Rustenburgberaad van 1990 het die kerke wat daar betrokke was, hulle volledig vereenselwig met die Internasionaalgestookte rewolusie om die kerk te omskep tot instrument van verandering terwille van die oogmerke vir bereiking van ‘n nuwe wêreldorde, deur middel van die Sosialisme, Kommunisme en Humanisme. ‘n Nuwe evangelie in lyn met die Freedom Charter met sy skyn van christelikheid. In hierdie verband verwys ek u graag na die Boek Afrikanerreaksie op Rustenburg en ‘n uittreksel daaruit van mnr Jaap Marais se toespraak.:Die akademikus, dr Edgar Brookes, het geskryf . "There is no reason,"was sy woorde, "why a translation such as e.g. 'separation' could not have been used, but the intention was most probably to suggest, by the use of a foreign word in the English ianguage something foreign and ominous, something so bad that there was no word at al in Engiish for it. " Langs dié weg moet Afrikaners nie net gebrandmerk word as immorele en sondige wesens nie, maar moet hulle tegelyk skaam gemaak word vir hulle verlede, en inderdaad in vernedering erken dat hulle opvattings verkeerd and hulle kommunistiese en liberalistiese vyande se oordeel reg was.

Om 'n volk in so 'n posisie te maneuvreer, is om hom weerloos te maak teen sy bedreigers. Al wat dan van hom verwag word, is om skuld te bely, herstelling te doen en sy wil tot self-betuiging en selfverwesenliking te laat vaar. In so 'n posisie is 'n volk nie net losgesny van sy geskiedenis nie, maar moet hy ook wrokkig staan teen voorgeslagte wat geglo en gedoen het soos die Afrikaners vanaf hulle eerste ervaring as 'n Blanke volk of volk-in-wording.

So 'n breuk in die geskiedenis kom neer op 'n ontworteling van so 'n volk.

Kerklike front op politieke terrein

Die aanvalle op "apartheid", wat vroeër uit die linkse politieke oorde geloods is in hulle stryd teen Afrikanernasionalisme is by Rustenburg en vanuit sekere Afrikaanse kerkgenootskappe geloods op grond daarvan dat "apartheid" sonde sou wees. Daardeur word aan die linkse politieke teenstanders van apartheid, die Kommuniste en Liberaliste, nou 'n kerklike uitspraak gegee om hulle in die gelyk te stel teen Afrikanernasionaliste. En die grillige gevolgtrekking is dat die Kommuniste in hulle stryd teen apartheid lankal 'n grondiger teologiese insig gehad het as die Afrikaanse kerkleiers wat tot twee dekades terug die beginsels van apartheid onderskryf het.

Die opvallende feit is dat by die veroordeling van "apartheid" nie 'n enkele nuwe teologiese insig of godsdienstige argument geopper is nie. Die nuwe oordeel van kerkleiers rus bloot op die politieke mode om te vloek op wat "rassisme" heet, en wat die kommunistiese resep is om hulle rasgebonde nasionalistiese opponente op die verdediging te stel. Die feit is dat met die aanval op "apartheid" veel minder 'n teologiese uitspraak gemaak word as 'n openlike betreding van die politieke terrein.

"Apartheid" is die naam van 'n party-poiitieke beleid wat deur die oorgrote meerderheid van Afrikaners oor geslagte ondersteun is. 'n Aanval op apartheid soos dié op Rustenburg beteken uiteraard dat van agter 'n kerklike front 'n politieke stryd aangeknoop word oor die oorheersende strydvraag van die Suid-Afrikaanse politiek, naamlik: ras en rasseverskille. En tegelyk is die vereenselwiging van dié Rustenburgse kerklike front met díe Kommuniste Party en ander linkse partye oor apartheid 'n verdere betuiging van toetrede tot die politíeke arena.

Hoe diep dié politieke betrokkenheid is, blyk uit paragraaf 4.2.2: "Ons verbind onsself derhalwe, "tot die stryd om 'n regverdige, demokratiese, nie-rassige en nie-seksistiese Suid-Afrika daar te stel..."

Hierdeur het die Rustenburgse beraad alle skyn van kerklikheid afgewerp en openlik die rol van revolusionêre politieke party aanvaar in gelid met die ANC en die SAKP.

Elders word in die Rustenburg-deklarasie verklaar dat die beraadgangers hulle beywer vir "die oopstelling" van Blanke skole, let wel: nie "die oopstelling van alle skole nie; en ook vír die gelykmaking van lewenstandaarde van Wit en Swart, wat die duidelike stempel van revolusionêre party-politiek dra, net soos die aandrang op 'n stemregtelike stelsel van een mens, een stem (par. 4.2.4.5), die herverdeling van Blankes se besittings (par. 4.1.1), en 'n oorgangsregering en 'n grondwetgewende vergadering "ten volle verteenwoordigend van alle Suid-Afrikaners" (par. 4.2.5).

Die belangrikste deel van die Rustenburg-deklarasie is 'n suiwer weerklank van die Freedom Charter en die Harare-deklarasie van die ANC en SAKP.

Die uitsprake en aansprake in die Rustenburg-deklarasíe is 'n herhaling van dié wat in ander Suider-Afrikastate gemaak is en wat gelei het tot die rewolusies waardeur die Blank-beheerde staatsordes omver gewerp en deur Swart-beheerde staatsordes vervang is.

Revolusie

Die beginsel van rassegelykheid en 'n stemregtelike stelsel van een mens, een
stem is die resep vir 'n revolusie wat die Blankes na onder en die Swartes na bo
moet draai. Dít is hoe die Kommuniste in beheer van Zimbabwe en Namibië gekom
het en hoe hulle beoog om in Suid-Afrika in beheer te kom. En dít is wat die
Rustenburg-beraad openlik bevorder deur sy deklarasie.

"Kommunisme," het genl Jan Smuts by geleentheid gesê, "is die evangelie van revolusie." En, soos algemeen bekend, is die SA Kommuniste Party in volslae beheer van die ANC, sodat hy sy revolusionêre oogmerke deur die ANC bevorder.
Die Rustenburgse beraadgangers se bemoeienis was minstens net soveel met die evangelie van revolusie as met die evangelie van Christus.

Die SAKP wil die revolusie in Suid-Afrika gewelddadig voltrek. In The African
Communist (Eerste kwartaal 1990) word in 'n artikel uitdruklik verklaar: "The
ultimate goal of the national liberatíon struggle is the seizure of power by the
people, the destruction of the White racist domination in all its forms . . ." En
verderaan: "Thecall of our time is for the masses to make South Africa ungovernable
. . ,"en "From Ungovernability to People's Power".

White racist domination??

Oor die grondslae vir die apartheidsbeleid het dr. Verwoerd dit tot vervelens toe verduidelik en selfs die wêreld daaroor gewaarsku! Oor sy “Winds of Change” het dr. Verwoerd die Eerste Minister van Brittanje gewaarsku dat wat hy propageer juis dit wat hy wil bereik sal vernietig!

Oor die werklike grondslae van aparte ontwikkeling het dr. Verwoerd dit in 1963 in die parlement só verduidelik: ...”ons neem almal aan dat daar oorgangstydperke nodig is en dat 'n mens nie onmiddellik enigiets kan regkry soos jy sien dit moet wees om volkome moreel te wees nie - dat op die ou end al die mense in die land gelyk sal wees en deurmekaar. Dit is die een [skynbaar] morele weg. Die ander is dat almal op die ou end gelyk kan weës, maar apart en weg van mekaar.

Wat is die ware grondslae in verband waarmee ons al die teenkanting kry? Die punt is dat daar net twee weë wat beleid betref is wat moreel genoem kan word in verband met die hantering van die kleurvraagstuk. Daar is ook net dieselfde twee weë wat prakties en effektief gevolg kan word ten opsigte van sekere eise.

Al twee die weë sal tyd neem, maar dit is die - enigste twee [skynbaar] morele weë. Nou is ons aan hierdie kant op die morele weg van te probeer om die menslike gelykheid tot stand te bring
deur die skepping van aparte nasies. Ek erken dat dit 'n lang pad sal wees, maar ons is op daardie weg, daardie morele weg.

Die ander morele weg [oppervlakkig gesien] is die weg van almal , gelyk en deurmekaar. Is dit die pad waarop die VP is? As hulle nie óp daardie pad is nie, dan is hulle nie op 'n morele pad nie. En nou
beklemtoon ek dat wat hulle nou as hulle beleid verkondig, óf 'n stap op daardie pad is, die morele pad - en dan is die opposisiebeleid_net 'n stasie op daardie pad - óf hulle soek na 'n metode waardeur die blanke permanente heerskappy kan behou in 'n land waarinblank en nie-blank deurmekaar bly lewe, met die nie-blankes altyd verreweg in die meerderheid. In dié gemengde vaderland sal die blankes altyd deur 'n konstitusie gewapen die nie-blankes moet onder hou en in verskillende opsigte alle gelykstelling van hulle moet weerhou. Die agbare Leier van die Opposisie is óf op die pad dat almal uiteindelik gelyk is hoewel deurmekaar, dit wil sê geïntegreer in aile opsigte, óf hy is op 'n pad waarop hy probeer om 'n permanente heerskappy te behou - met ander woorde, dan is sy party skuldig aan wat hulle ons altyd van beskuldig het toe hulle ons beleid nog nie reg begryp het nie.

My boodskap aan die wêreld_-_wat ons hoop die wêreld eendag sal verstaan, al erken ek dat hy dit nie nou verstaan nie - is dat deur die weg van "apartheid" te volg elkeen gelykwaardig sal kan word, want elkeen sal selfstandig wees as deel van sy eie nasie, en die raseenhede sal ten opsigte van mekaar wees soos die nasies van Afrika apart van ons is. Ons het met hulle inwendige sake niks te doen nie, en hulle het niks te doen met ons huishoudelike sake nie.

Internasionaal staan ons gelyk as aparte nasies. Wanneer ons met mekaar moet onderhandel oor sake, moet ons onderhandel as gelykes, as nasie met nasie. Dit is trouens myns insiens die enigste einddoel wat werklik moreel is in moderne sin, want die weg van almal op die ou end gelyk maar deurmekaar, gaan uiteindelik beteken dat die blankes gaan onderdruk wees. Dit sal nie regverdig teenoor die blanke wees nie en is ook nie moreel ten opsigte van die blanke nie. Dit is die intégrasiebeleid tot sy uiterste konsekwensie deurgevoer.

Myns insiens is dit per slot van sake 'n immorele beleid van die kant gesien van die regte van die blankes aan wie hierdie land behoort deur ontginning en deur nedersetting, en nie deur verowering van enigiemand anders [se land] nie. Dit is hulle eie land wat sou weggeneem word deur diegene wat hulle gered en versorg het langs daardie net oppervlakkig skynbaar morele weg van almal gelyk maar deurmekaar. Daar bly dus vir my net een morele weg oor. Dit is die een wat ons besig is om te volg.” (Aldus dr. Verwoerd)

By die Rustenburgberaad was moraliteit egter heeltemal anders ingeklee.

Mnr.Marais verduidelik verder:

Hierdie strewe van die Kommuniste moet bevorder word deur die Blankes afvallig van die sosiale orde te maak, en hulle trou gaandeweg oor te plaas na die revolusionêre magte. Van hierdie verskuiwing is die Rustenburg-deklarasie welsprekende getuienis. Dit verteenwoordig 'n drosting van kerkleiers vanaf die bestaande orde na die revolusionêre magte.

DIE BETEKENIS HIERVAN KAN NET BESEF WORD AS DIE BETEKENIS VAN REVOLUSIE SKERP INGESIEN WORD.

Revolusie in die Suid-Afrikaanse verband beteken omverwerping van die Witmens-beheerde orde en vervanging daarvan deur 'n Swart-beheerde orde, dit wil sê die "underdog" moet die "topdog" word.

"Rule by the underdog," skryf Nathaniel Weyl en Stefan Possony in The Geography of the Intellect, "whether he be such by reason of class or race, occurs as a result of revolution. Revolutionaries favor this (underdog) efement because what it may lack in intelligence, knowledge and ability, it makes up for in resentment, envy, the desire to destroy, the urge to revenge ...

"When these underdog elements supplant the ci-devant ruling classes or ruling races, the latter are usualiy exterminated. The reason for this is the well-founded belief that they will never acquiesce in a status of subordination to those whom they consider their inferiors. The extermination of the upper class by a revolutionary element is characteristic..."

Dit is díe wese van revolusie: die heerserklas of heerserras word uitgeroei {"exterminated") omdat hulle nooit sal berus in 'n status van onderworpenheid aan dié wat hulle as hulle minderes beskou nie.

Dit is die oorheersencie politieke werklikheid waaroor tans in Suid-Afrika besin moet word.

HERVORMING OF REVOLUSIE

Die Kommuniste het lankal besef dat Afrikanernasionalisme hulle gedugste versperring na die politieke mag is. Daarom moet Afrikanernasionalisme ondermyn word deur skeptisisme oor Afrikaners se morele waardes, deur betwyfeling van hulle historiese vertolkings en deur ontmoediging van weerstand teen die kommunistiese aansprake.

Die kreet van "hervorming" is die koevoet waarmee die fondamente van die samelewing los gestamp word. Die gedurige aandrang op hervorming beteken uiteraard dat die geldigheid van die bestaande verwerp word. En deur die betwyfeling van opvattings en die verwerping van waardes word die grondslag gelê vir 'n leegheid wat gevul moet word deur revolusie.

Om Suid-Afrika fundamenteel te laat hervorm, is dit nodig dat 'n gemoedstoestand, 'n geestelike dampkríng, 'n skuldgevoel, geskep moet word om Afrikaners blywend en oor elke strydvraag in die beskuldigdebank te stel, om alles te bevraag, om alle waardes, alle beginseis, alle absolute aan bespreking te onderwerp, sodat in 'n volgende stap daar vír niks respek sal wees, niks permanents en duursaams geag sal word nie, en gevolglik niks bo twyfel geldig en verhewe bo veranderende sosiale toestand moet wees nie.

As alles van 'n volk bevraag moet word, niks gerespekteer word nie, as alles verander moet word, dan is die slotsom onvermydelik: 'n Samelewing wat niks geldigs het nie, wat niks heiligs ag nie, waar alles verander en hervorm moet word, het geen reg op voortbestaan nie en moet omver gewerp word. 'n Volk wat niks het om voor te sterf nie, het ook niks om voor te lewe nie.

Dít is hoe "hervorming" telkens in die geskiedenis onkeerbaar uitgeloop het op revolusie: in Frankryk, in Rusland, in Sjina, in Kuba, in talle Afrikastate. Die primêre voorwaarde is oie vernietiging van vertroue in die bestaande orde, in die getoetste opvattings, in die geykte waardes.

By 'n beskouing van die Rustenburg-deklarasie is die afleiding onontwykbaar dat as die voorskrifte en aandrange daarin aanvaar en uitgevoer sou word, dit 'n revolusie in Suid-Afrika sal meebring, soos die Kommuniste dit beoog.

Die Afrikaanse kerkleiers wat by die Rustenburg-beraad betrokke was, het 'n kerklike sanksionering aan die revolusionêre aard van die betrokke deklarasie gegee, en daardeur baie ernstig bygedra tot twyfel oor die Afrikanervolk se reg om die revolusionêre strewe teen te staan en om "te handhaaf en te hou", soos ons Volkslied lui.

Aanval gerig op Afrikaners

Dit is moeilik om te aanvaar dat die betrokke kerkleiers nie bewus is van die werklike oogmerke van die ANC-SAKP met so 'n revolusie nie. Eerw. Robert Siimp het byvoorbeeld in 'n rubriek in 'n Amerikaanse blad op 30 Mei 1990 geskryf: "Die ANC het 'n veskuilde agenda. Dit is die volslae vernietiging van die Afrikanervolk, taal, kultuur en godsdiens. "ln radio-uÍtsendings deur Kommuniste "is aanhoudend beklemtoon dat die rassistiese Afrikaanse taal vernietíg moet word." Om toestande te skep waarin Afrikaners en Afrikaans "vernietig" kan word, moet die land onregeerbaar gemaak en die mag met geweld gegryp word, soos bepleit in The Afrícan Communist, hierbo aangehaal. Dan kan, soos ín Angola in die sewentigerjare, Blankes deur bendes afgemaai word, sodat dié wat kan, vreesbevange die land uit vlug. Die kreet wat op Swartes se byeenkomste uitgeskree word: "One settler, one builet"beteken dat elke Blanke 'n koeël moet kry. Dit is 'n klaarblyklike voorbereiding van Swartes om Blankes feitlik as voëlvry te beskou.

Die Rustenburg-beraad se herhaalde verdoeming van "apartheid" as 'n sonde, gee aan die Kommuniste 'n godsdienstige en morele grondslag om "apartheid" tot 'n misdaad te verkláar, soos wel gedoen is in die ANC se Civil and Criminal Code, wat behandel word in David Styles se boek Understanding the Freedom Charter. Daarin word bepaal dat alle praktyke en beleide van rassesegregasie en rassediskriminasie 'n misdaad teen die mensheid is. Dit is volgens hierdie kode 'n misdaad wat nooit verjaar nie, en howe wat dit verhoor, moet die prosedure volg wat by die verhoor van Duitse oorlogsleiers gevolg is bydie Nurembergseverhore na dieTweede Wêreldoorlog. Die redenasie is dus dat die ANC-SAKP die oorlog gewen en daardeur die reg verkry het om hulle
vyande as misdadigers te behandel. Dit sal in wese daarop neerkom dat die Afrikanervolk feitlik in geheel gekriminaliseer word. (In 'n RGN-opname het 84% van Afrikaners in 1984 aparte strukture ondersteun.) Hierdie kode is dus die alternatiewe metode om die Afrikanervolk se "taal, kultuur en selfs sy godsdiens" te vemietig, soos hierbo aangehaal.

 

Daar moet by alle nugterheid besef word wat die Nederlandse skrywer, HT Colenbrander, kort ná die einde van die Engelse Oorlog in Mei 1902 in sy boek, De Herkomst der Boeren, geskryf het, naamlik: "De wereld heeft trots het vredesverdrag met de Boeren nog niet afgerekend." "De wereld" is die Engelse wêreld, wat nog nie met die Boere afgereken het nie, die Engeise wêreld waar die Kommunistiese vlugtelinge uit Suid-Afrika gehuisves was, waar die ANC-SAKP se hoofkantore in die buiteland was, waar die media troos en hulp aan die vyande van Afrikanernasionalisme gegee het, en vanwaar die druk gekom het om Mandela en die syne vry te laat, sodat die revolusie op vaart gebring en die Afrikaners onomkeerbaar aan 'n Swart regering onderwerp kan word.

Dat kerkteiers in alle vroomheid ná die veroordeling van "apartheid" as sonde, 'n beroep kan doen dat almal in Suid-Afrika betrokke moet raak by "nasiebou", verraai die suiwer politieke gemotiveerdheid van die byeenkoms te Hunter's Rest: in die plek van "apartheid" moet volledige rasse-integrasie kom, onder dekmantel van "nasiebou".

Kerkleiers en revolusie

Wat hierby verstommend is, is dat kerkfeiers durf voorgee dat een nasie gebou kan word uit Afrikaners, Engelse en anderstalige Blankes, met daarby verskillende Kleurlinggroepe, en Asiërs van verskillende godsdienstige oortuigings, en dan nog ook Swartes van talle verskillende volke en etniese groepe! Die aanskouingsles van die geskiedenis is dat Zoeloes en Xhosas na eeue nie eens een nasie kon word nie, en tans in 'n hernieude oorlog teen mekaar is.

Selfs die Afrikaners en Engelse kon ondanks al die gemeenskaplikheid van rasse-afkoms en kultuur en die herhaalde pogings om deur politieke praksering 'n “nasie te bou" uit die twee groepe, nog nie tot eenheid gesmee word nie. Trouens, die "Boer War" van 1900 word tans met ander middels vanuit die Engelstalige wêreld teen die Afrikaners geveg.

Hoe futiel die pogings tot "nasiebou" in so 'n heterogene bevolking is, blyk wel uit die mislukking om selfs net sulke uiteenlopende groepe saam te trek in 'n parlementêre demokrasie wat as 'n instrument van nasiebou sou kon dien. lerse Protestante en Katolieke kan nie eens vreedsaam in so 'n parlementêre demokrasie geakkommodeer word nie. In Nigerië is die Ibo's feitlik uitgewis deur die Hausa's wat, hoewel ook van Swart rasse-afkoms, 'n ander godsdiens het. In Zimbabwe is in die eerste sewe jaar van Kommunistiese bewind meer Blankes gedood as in die 14 jaar van terroriste-oorlog; en in dié tyd is minstens 12 000 Matabeles gedood deur die oorwegend Sjona-beheerde regeringsmagte.

Die eenvoudige waarheid is dat die parlementêre demokrasie 'n uiters beperkte verdraagsaamheid het vir rasse- en godsdiensverskille. Oral in Afrika is die kreet van 'n demokratiese nie-rassige regering verkondig as die middel waardeur 'n eenmalige "demokratiese" verkiesing die grondslag gelê het vir 'n eenpartystaat of diktatuur, waarbinne op ideologiese en rassistiese gronde teen Blankes gediskrimineer kon word. Dog, ten spyte van hierdie onbetwisbare getuienis sluit kerkleiers huile oë daarvoor en bepleit dat die Blankes van Suid-Afrika hulle op dié politieke dwaalweg na revolusie moet begeef in die waan dat dit beantwoord aan die eise van geregtigheid.

Hierdie politieke gerigtheid van kerkleiers is nie vreemd in die geskiedenis van revolusies nie. In die Franse Revolusie byvoorbeeld was die politieke moordtuig vernoem na 'n dr Guillotin, 'n voormalige Jesuïtiese pater. En die berugte Talleyrand, van wie 'n Engelse politieke leier gesê het: "If that man is not a scoundrel, then God writes in an illegible hand"-dié Talleyrand was 'n Katolieke biskop, wat 'n revolusionêr geword het. "Bewogen door laaiende haat en koude wrok... had Alleyrand perfekt begrepen dat een Christelik-revolutíonaire kerk het instrument by uitstek was om de revolutie te stabiliseren," soos in 1989 by die tweehonderdste herdenking van die Franse Revolusie geskryf is deur die Vlaming Luc Pauwels. Naas hierdie biskop was daar talle mindere kerkfigure wat elkeen
honderde mense na die skavot gestuur het in hulle revolusionêre roes van "vryheid, gelykheid en broederskap", waarin "vryheid" en "broederskap" net propagandistiese versiersels aan die kreet van "gelykheid" is.

Hierdie selfde ideoïogie van teenstrydigheid staan ook geskrywe in die vaandel van die Rustenburgse beraadgangers. Dit is in die beheptheid met die mite van menslike gelykheid, dat apartheid as die grondslag van 'n skeppingsorde van verskeidenheid en ongelykheid deur hulle aangeval word.

Beginsels van apartheid

Die beleid van apartheid rus op onveranderlike beginsels, en beantwoord ïn sy konsepsie, verkondiging en toepassing beter aan morele eise as die teenhang van verplatting van grense en miskenning van die wesensaard van menslike gemeenskappe.(Aldus mnr. Jaap Marais)

Kan daar in die lig van die feite soos wat dit die afgelope 24 jaar gemanifesteer het, nog steeds mense wees wat van mening is dat die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling sonde is? Uitgesluit natuurlik dié wat deel van die komplot is en wil wees! Laat daar skeiding kom tussen ons en hulle!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Geloftefees 2018

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie