1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5274822

Besoekers aanlyn

Ons het 35 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

ERNST ROETS VAN AFRIFORUM SE ONDERHOUD MET FOX NEWS

Tucker Carlson Fox NewsTucker Carlson die omroeper van Fox News, het die onderskeiding dat President Donald Trump graag na sy programme kyk vanweë die aktualiteit daarvan. Hierdie onderhoud oor plaasmoorde waaroor Carlson met Roets ‘n onderhoud gehad het, het ook by die AVP ‘n draai gemaak waaroor ek graag oor die waarde daarvan vir die Afrikaner se vryheidstryd, kommentaar wil lewer.

As ek sou sê dat dit geen waarde gehad het nie, sou ek Ernst se waarskynlik eerlike en opregte behoefte om iets vir die Afrikanerboere te beding, ‘n onreg aandoen. Dat hy egter onder die invloed van Afriforum, wie se wortels in die F.W. Stigting setel deur die Solidariteitvakbond van Flip Buys waaruit hulle ontstaan het, se ivloed duidelik in die onderhoud na vore laat kom het, is onbetwisbaar.

Rivonia trial BeskuldigdesDit is tog jammer dat so ‘n geleentheid waar ”politieke korrektheid” in die pad kom staan van die werklikheid en waarheid van die toestand in Suid Afrika, wat dan afdoen aan die geleentheid om die wanbegrip van die Internasionale luisteraars oor Suid Afrika reg te stel.

Weliswaar het die onderhoud gegaan oor die moorde van swart op blank, die ANC se houding in dié verband en die onteiening sonder vergoeding wat tersprake gekom het.

 

Rivoniasaak vervolgingspanOp ‘n vraag van Carlson aan Roets of dit ook Mandela se siening was het Roets bv. gesê dat Mandela se siening die teendeel was.

Hier het die geleentheid verbygegaan om aan die wêreld te betuig wat die oorsprong van die moorde en geweld teen die Afrikanervolk is.

Die verhoor van Mandela vir dade van terrorisme wat deur Percy Yutar as sabotasie beskryf was, is deur die regter beskryf as foutief en moes as verraad bestempel gewees het waarvoor die doodstraf sy lot sou wees. Tot 2008 was Mandela as gelyste kommunistiese terroris nie toegelaat om Amerika binne te gaan nie! Die aanklaer in die Rivoniasaak, mnr. Percy Yutar het Mandela en sy mede aangeklaagdes as volg beskryf: “Yutar portrayed the defendants as Communist-inspired terrorists who were planning to overthrow the government with the help of foreign countries. He also argued that they did not represent the overwhelming majority of South Africa's blacks. ''Although they represented scarcely 1 percent of the Bantu population, they took it upon themselves to tell the world that the Africans in South Africa are suppressed, oppressed and depressed,'' Mr. Yutar said at the trial.

 

Die Internasionale veroordeling van die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling word daagliks in Suid Afrika verkeerd bewys, ongeag of dit feitlik bewys word. Wat meer is word die teenhang daarvan nou wêreldwyd ‘n bedreiging. In die VSA waar Roets se onderhoud plaasgevind het is President Trump genoodsaak om sy weermag grens toe te stuur om die stroom immigrante wat in aantog is na die suidelike grense van die VSA en nie deur die owerhede suid van die VSA gestuit kan word nie, te dwing om om te draai!

 

Indien die blanke ras se saak ons erns is, moet daar opgehou word om die simptome aan bande te probeer lê. Dit is die oorsprong waaruit die simptome kom wat opgelos moet word, tewens waarteen die hele blanke wêreld gewaarsku moet word! Dit is hierin waar die AVP in wese met Ernst Roets se benadering verskil. Om die moorde op blankes aan bande te lê klink nobel maar gaan dit nie laat ophou nie en dra niks by tot die omkeer van wat wêreldwyd besig is om te gebeur en wat in Afrika en Suid Afrika begin het en as aanskouingsles behoort te dien!

 

Politieke dienstigheid aan moondhede, mense en politici wat van mening is dat hulle beter intelektueel toegerus is as die Afrikanervolk, het niks anders as ellende gebring nie. Ons volk wat vir eeue lank aan hierdie probleem blootgestel was en dit met uitmuntende sukses hanteer het totdat die Britte met hulle “Winds of Change” kom inmeng het, was nou vir nagenoeg 24 jaar die proefkonyn en is terminaal siek as gevolg daarvan! Die kuur daarvoor is suiwer Nasionalisme en die wil tot gesamentlike verset uit die innerlike oortuiging, gerugsteun deur die geskiedenis, Afrikanerleiers se waarskuuwings en voorspellings en die huidige sigbare gewaarwording van hulle politieke insig, vêrsig en intelektuele konstruksie van ‘n politieke morele oplossing ten bate van behoud van identiteit, politieke selfstandigheid en vreedsame naasbestaan!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Sluit aan

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie