1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5275837

Besoekers aanlyn

Ons het 74 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

POLITIEKE RUKWIND HET ‘N INTERNASIONALE TORNADO GEWORD.

Dr. Hendrik Verwoerd"maar wanneer ons by ‘n geleentheid soos die huidige, waar ons heeltemal openhartig is, krities daarna kyk, sien ons, anders as u, dat daardie beleidsrigting groot gevare kan inhou. Juis die doel wat u beoog, kan deur hulle verydel word.”(Dr. H.F. Verwoerd aan Harold MacMillan na sy Winds of change toespraak.)

6 SEPTEMBER 1966... ‘n POLITIEKE RUKWIND IN SUID-AFRIKA!

Winds of change 2Soos ’n Tornado wat kolk en draai en verbreek. Wat die penwortel van Nasionalisme uit Afrikanergrond uitruk met geweld! Van die “Winds of Change” toespraak op 3 Februarie 1960 van die Britse Eerste Minister van Brittanje, mnr. Harold Macmillan voor senatore en volksraadslede, dus albei huise van die parlement in Kaapstad, is dié wind al sterker gestu deur die blaasbalk van die liberalisme van buite en binne Suid Afrika, tot die rukwind van 6 September 1966! ’n Kunsmatig geskepte “politieke stormwind” wat moes verander, maar ook moes vernietig wat die Britte nie deur oorlog en barbaarse verskroeide aarde beleid mee kon vermag nie! Wat in sy kolkspoor agterbly is chaos, verwarring, wantroue, verval en agteruitgang.... maar ook tog die oorblyfsel van ankerwortels wat onverbidddelik ge-anker in vaste grond van geloof en beginsel, gewond maar onoorwonne, weer sal bloei en uitloop in sy vaste spoor!

Hendrik Frensch Verwoerd.

In onderskeid was dr. Hendrik, Frensch Verwoerd in terme van wêreldleierskap, ’n Godgestuurde na Suid Afrika as gelowige,intellektuele politieke leier met ’n ingebore begrip vir die grondbeginsel van behoud van God se skeidingswerk. ’n Anker vir behoud van identiteit en onderskeid tussen ras en volk en etnisiteit, wat sonder die ingryping van onnatuurlike mensgemaakte ideologië, ’n ongeskrewe lewenswet is vir vreedsame naasbestaan.

Die enigste Afrikaner Eerste Minister wat nie hier gebore is nie maar op 8 September 1901 in Amsterdam in Nederland, het sy gelowige ouers hom na Suid Afrika gebring. Hulle kom in 1903 in Kaapstad aan, gedring deur hulle meegevoel met die Afrkanervolk, kort na die vrede in 1902 terwyl Suid Afrika in puin lê en worstel om op te staan uit die verwoesting van huis en haard, veroorsaak deur die Engelse se verskroeide aarde beleid tydens die Anglo-Boereoorlog op ons afgedwing.

BEKWAAM VIR SY ROEPING

Dr. Verwoerd se uitstaande verstandelike vermoë is van jongs af bekend en vasgelê in toekennings van prestasies wat veral op universiteit na vore gekom het.

In 1924 word Hendrik Frensch Verwoerd doktor in Wysbegeerte en op 26 jarige ouderdom bevorder tot professor in Toegepaste Sielkunde en Psigotegniek by die Universiteit van Stellenbosch. Hy verstom mense deur bladsye aantekeninge aan sy studente uit die vuis te dikteer. Hy word in 1929 versoek om die akademiese jaar te open met die tema, “Die Universiteit en die Lewe”. Om iets van dr. Verwoerd se menslike ingesteldheid te verstaan is dit noodsaaklik om enkele aanhalings uit “Man van die Volk” uitstekende gedenkalbum van H.F. Verwoerd, geskryf deur Pieter W. Grobbelaar, vir u hier te herhaal ten einde die negatiewe retoriek van sy en die Afrikanervolk se vyande, oor hom uit te daag.

Dr. Verwoerd veroorsaak ’n opskudding toe hy die akademiese jaar met ’n lang en ingewikkelde betoog open sonder ’n énkele nota, aantekening of geskrif ! Dertig jaar later toe hy weer die opening waarneem som hy sy toespraak van dertig jaar gelede so op: “Die grondgedagte wat ek toe verkondig het, was dat die universiteit met sy kloosteroorsprong, sy afgesonderdheid van die daaglikse lewe, nie meer in die moderne tyd dieselfde rol beklee nie. As in die universiteit die student nie nader gebring word aan dit wat dwarsdeur sy lewe vir hom belangrik is nie, dan het die moderne universiteit gefaal in sy plig; maar ek het toe juis beklemtoon dat die universiteit toe wel so geword het. Die universiteit moet die student vir ‘n beroep voorberei. ’n Beroep beteken veel meer as ’n middel om vir eie belang te sorg. Dit skep in die eerste plek die geleentheid om vir iemand anders iets te doen, en op die ou end om vir jou volk iets te doen, al kan elke mens maar één steentjie lê in die muur wat gebou word deur dié generasie waarvan jy deel is. Daarom het ek toe beklemtoon dat voorbereiding vir ’n beroep, wat ’n universiteit se een verband met die lewe van ’n student is, tegelykertyd ook die verband vorm van die universiteit met die volk en die volk se groei. Sodoende sou dit nie net ’n voorbereiding vir die selfsug wees nie, maar ’n voorbereiding vir die offerdaad.” Aldus dr. Verwoerd.

Dr. Verwoerd se geestelike en morele waardes wat as kind deur sy gelowige ouers in hom gevestig is, het regdeur sy volwasse lewe, in optrede en uitspraak duidelik geblyk. In 1921 behaal hy die graad B.A. met lof maar word weens gewetensbeswaar nooit Kweekskoolstudent nie. Die oorsaak volgens van sy vriende, was die bepaling dat na aflegging van die admissie eksamen, studente hulle by die Grootte kerk in Kaapstad aanmeld. Daar moes elke student ’n getuigskrif van sy predikant aan die eksaminatore voorlê. Sy verduideliking was dat hy selde in Brandfort kom aan wie se gemeente hy behoort, hy die predikant nie persoonlik ken en die predikant derhalwe hom ook nie ken nie. Hoe kan hy dus vir ’n getuigskrif van die predikant vra? Die eksaminatore is onverbiddellik, vereis ‘n getuigskrif en beveel aan dat hy vir sy predikant skryf. Dr. Verwoerd is egter net so onwrikbaar in sy siening dat só ’n getuigskrif vals sal wees en trek hy derhalwe sy aansoek vir toelating tot die kweekskool terug.

MOED OM TE STAAN BY DIT WAARIN HY GLO

Dit is juis hierdie vaste geloof in dit waarin hy geglo het, wat dr. Verwoerd Suid Afrika se aansoek vir toelating tot die Statebond na republiekwording op 31 Mei 1961 laat terugtrek het! ’n Kragtige toonbeeld van geloof en beginselvastheid, en die moed om daarby te staan of te val!

Sy verstaan van die betekenis en noodsaaklikheid vir die handhawing van Afsonderlike ontwikkeling, wat van voor sy geboorte reeds in Suid Afrika en elders bestaan het, het hy met dieselfde oortuiging en ywer uitgebou, aangepas en instand gehou. Omdat die nadelige en destruktiewe gevolge van die teendeel vir hom helder en duidelik was en in debat onomstootlik vir sy opponente aangetoon kon word, was dit die enigste pad waarvan sy insig en begrip van reg en verkeerd, hom oortuig het.

AFRIKAANS GEBRUIK OM OORSPRONG VAN APARTHEID TE VERDOESEL

Om hierdie beleidsrigting te vernietig, wat die Britte verkies het om “apartheid” te noem, in teenstelling met die feit dat hulle die Afrikaner se taal deurgaans aangeval en probeer vervang het met Engels, moes hulle die Afrikaanse woord bly behou. Dit het die voordeel gehad dat hulle dit kon verketter. Die negatiewe betekenisse wat hulle daaraan gekoppel het, kon hulle nou aan die Afrikanervolk laat klewe om hom in die beskuldigdebank te plaas van verdrukker van die swart ras. Dit ten spyte van die feit dat dit hulle was wat die beginsel van rasseskeiding in wet en toepassing in Suid Afrika gevestig het tydens hulle bewindsoornames.

Die sukses van die beleid en die toepassing daarvan waarby al die volke in Suid Afrika onder die leiding van dr. Verwoerd gebaat het, was egter soos ’n onoorkomelike struikelblok in hulle magstrewe om hierdie mineraalryke Suidelike punt van Afrika, wat die Afrikanervolk onder die seënende Hand van God uit die wildernes ontwortel en beskaaf het, onder hulle beheer te kry.

Hulle onmag deur selfs die uiterste barbaarse metodes om die Afrikanervolk aan hulle te onderwerp het dus ander benaderings vereis en is daar derhalwe ’n veldtog van haat en valse en ongegronde beskuldigings teen die Afrikanervolk reg deur die wêreld versprei wat die oogmerk gehad het om die Afrikanervolk in die beskudigde bank te hou, as sou ons die swart rasse onderdruk deur middel van “APARTHATE”! Om die onbesproke beeld en karakter van dr. Verwoerd in die oë van die wêreld af te takel, is hy beskryf as die “Vader van Apartheid”. ’n Onbeskaamde en veragtelike leuen van die Britte, wat ’n kenmerk geword het van hulle optrede teen die Afrikanervolk, reeds sedert ons volkswording.

GESKIEDENIS DIE BRON WAARUIT DIE LEUEN BLOOTGELÊ MOET WORD

Vir die jong geslag Afrikaners wat na die sluipmoord op dr. Verwoerd gebore is, is dit ons wat die geskiedenis beleef het se verantwoordelikheid om die leuen en wanpersepsies reg te stel wat geskep is en nog steeds geskep word in die skole, Universiteite en die media, deur die vyande van die Afrikanervolk. Reg te stel deur hulle met inligting toe te rus gegrond op feitelike waarhede uit die geskiedenis, soos opgeteken deur ons geskiedskrywers, totdat dit wat opgebou was en nou vernietig, verniel en verander is, met eenheid van sin en eenheid van krag weer opgerig kan word wat nou daar plat lê, het oud President Paul Kruger gesê.

Met die oog op die vyftigjarige herdenking van die sluipmoordaanslag op dr. Verwoerd, is dit nodig om die aanloop, die ontplooiing en die gevolge van die aanslag op dr. Verwoerd se lewe vir ons nageslag te bewaar en telkens weer te beklemtoon as teëvoeter vir die kwaadwillige leuens wat aanhoudend oor hom versprei word. Ek wil ook beklemtoon dat diégene wat die leuens en verdraaiings van die waarheid versprei, saam met hulle wat kies om die leuens en verdraaiings te glo ten koste van die waarheid, uiteindelik daardeur verteersal word!

Die politieke rukwind wat as ’n beheersde politieke waarskuwing oor ‘n wind van verandering deur die Britse Eerste Minister in die begin van 1960 begin is, sonder dat dr. Verwoerd die gebruiklike geleentheid gebied is om hom daarop voor te berei, was die begin van ’n internasionale sameswering wat in die ses jaar wat daarop gevolg het, aangeblaas is tot die vernietigende gevolg op 6 September 1966. Vir die afgedwaalde gelowige Afrikanervolk dalk ’n wekroep tot die besef dat die getal 666 waarvan die Woord van God praat, die getal van ’n mens is!

INTERNE ONTROU

Dat daar binnelands en nog nader, selfs binne die Verwoerd kabinet “Judasse” gesit het, word bevestig deur die feit dat daar vlytig saamgewerk is om vir Harold Macmillan die geleentheid te skep om beide die senatore en volksraadslede toe te spreek sonder dat die Eerste minister vooraf daaroor ingelig is.

winds of change 3

In die eetsaal van die Parlement, aan die hooftafel sit Harold Macmillan met ’n uitgewerkte, fyn beplande en versigtig bewoorde toespraak, waarvan dr. Verwoerd niks geweet het ten spyte daarvan dat Macmillan by die Verwoerds tuisgegaan het tydens sy besoek!

Langs hom, aan sy regterkant sit kommandant C.A. van Niekerk, President van die Senaat. Aan sy linkerkant sit mnr. J.H. Conradie, Speaker van die Volksraad, dan dr. Verwoerd en De Villiiers Graaf Leier van die Opposisie.

Macmillan staan op met voor hom ’n gesamentlike byeenkoms van die Unieparlement. Die datum is 3 Februarie 1960, kort na die aankondiging in die Transvaler van 21 Januarie 1960 deur dr. Verwoerd dat die al die blankes binne afsienbare tyd, ongeag hulle politieke siening, geleentheid gaan kry om in ’n referendum hulle uit te spreek oor of die Unie van Suid Afrika ’n Republiek moet word of nie.

Aan dr Verwoerd het hy geen woord gerep van sy voorbereide toespraak nie, ten spyte daarvan dat dit sy gasheer was. Eie aan die Brit se onderduimse aard soos oor jare aan die Afrikaner openbaar in hulle uitspraak en optrede, sit Britse amptenare en persmanne in die galerye met afskrifte van Macmillan se toespraak waarin dr. Verwoerd geen insae gehad het nie. Selfs tuis sit nog twee amptenare met afskrifte by mev. Betsie Verwoerd voor die radio en ’n sagte bries van verandering begin roer in die parlementsgebou se eetsaal.

EERSTE MINISTER VAN BRITTANJE, HAROLD MACMILLAN SE TOESPRAAK

winde van veranderingMacmillan begin: “In die twintigste eeu, en veral sedert die einde van die oorlog, is die proses waardeur die volkstate van Europa tot stand gekom het, oor die wêreld herhaal. Ons het die ontwikkeling van ’n nasionale bewussyn by volkere gesien wat eeue lank in afhanklikheid van die een of ander moondheid bestaan het.

Vyftien jaar gelede het hierdie beweging deur Asië versprei. Dáár het baie lande, van verskillende rasse en beskawings, aangedring op ’n onafhanklike volksbestaan. Vandag gebeur dit ook in Afrika. Die treffendste van al my indrukke sedert ek London ’n maand gelede verlaat het, is die krag van hierdie nasionale bewussyn in Afrika. Op verskillende plekke kan dit dalk verskillende vorms aanneem. Maar dit gebeur orals. Die wind van verandering waai oor die vasteland.”

“Soos ek gesê het is die opkoms van ‘n nasionale bewussyn in Afrika ’n politieke feit wat ons moet aanvaar. Dit beteken, meen ek, dat ons daarmee ’n vergelyk moet tref. Ek glo vas dat as ons dit nie kan regkry nie, ons die onsekere balans tussen Ooste en Weste, waarop wêreldvrede berus, kan versteur.... As ek openlik mag praat , sal ek nou graag dit wil sê: Wat regerings en parlemente van die Verenigde Koningkryk sedert die vorige oorlog gedoen het deur onafhanklikheid aan Indië, Pakistan, Ceylon, Maleia en Ghana toe te ken, en wat hulle vir Nigerië en ander state wat nou onafhanklikheid nader, sal doen, dit alles, hoewel ons daarvoor die volle verantwoordelikheid moet en sal dra, is volgens ons geloof die enigste manier om die toekoms van die Statebond en die vrye wêreld op ’n gesonde grondslag te plaas....

As medelid van die Statebond probeer ons altyd, en ek dink ons het daarin geslaag, om Suid Afrika ons volle steun en aanmoediging te gee, maar ek hoop u sal my dit nie kwalik neem nie as ek openlik sê dat daar sommige aspekte van u beleid is wat dit vir ons onmoontlik maak om dit te doen sonder om ons eie, diepgewortelde oortuigings oor die politieke lotgevalle van vrye volkere, waaraan ons in ons gebiede uitdrukking probeer gee, te verraai.

Macmillan verwys verder dat hy kyk na die toekoms wanneer die geskille van vandag bloot geskiedenis sal wees en bevestig verder dat verdeeldheid tot verswakking lei, maar dat eendrag mag maak. Hy maak verskoning dat hy so lank gepraat het.

Hierdie toespraak van Harold Macmillan wat die aanloop was tot die sluipmoord op dr. Verwoerd, word in Engels aangehaal ten einde die korrektheid van wat in Afrikaans daaruit aangehaal is te bevestig:

Here follows an excerpt of the transcript of Harold Macmillan's Wind of Change speech, delivered before the Parliament of South Africa, Cape Town, South Africa - February 3, 1960.

It is, as I have said, a special privilege for me to be here in 1960 when you are celebrating what I might call the golden wedding of the Union. 

At such a time it is natural and right that you should pause to take stock of your position, to look back at what you have achieved, to look forward to what lies ahead. In the fifty years of their nationhood the people of South Africa have built a strong economy founded upon a healthy agriculture and thriving and resilient industries.

No one could fail to be impressed with the immense material progress which has been achieved. That all this has been accomplished in so short a time is a striking testimony to the skill, energy and initiative of your people.
We in Britain are proud of the contribution we have made to this remarkable achievement. Much of it has been financed by British capital.


As I've travelled around the Union I have found everywhere, as I expected, a deep preoccupation with what is happening in the rest of the African continent. I understand and sympathize with your interests in these events and your anxiety about them.

Ever since the break up of the Roman empire one of the constant facts of political life in Europe has been the emergence of independent nations. They have come into existence over the centuries in different forms, different kinds of government, but all have been inspired by a deep, keen feeling of nationalism, which has grown as the nations have grown.

In the twentieth century, and especially since the end of the war, the processes which gave birth to the nation states of Europe have been repeated all over the world. We have seen the awakening of national consciousness in peoples who have for centuries lived in dependence upon some other power. Fifteen years ago this movement spread through Asia. Many countries there, of different races and civilizations, pressed their claim to an independent national life.

Today the same thing is happening in Africa, and the most striking of all the impressions I have formed since I left London a month ago is of the strength of this African national consciousness. In different places it takes different forms, but it is happening everywhere.

The wind of change is blowing through this continent, and whether we like it or not, this growth of national consciousness is a political fact. We must all accept it as a fact, and our national policies must take account of it.

Well you understand this better than anyone, you are sprung from Europe, the home of nationalism, here in Africa you have yourselves created a free nation. A new nation. Indeed in the history of our times yours will be recorded as the first of the African nationalists. This tide of national consciousness which is now rising in Africa, is a fact, for which both you and we, and the other nations of the western world are ultimately responsible.

For its causes are to be found in the achievements of western civilization, in the pushing forwards of the frontiers of knowledge, the applying of science to the service of human needs, in the expanding of food production, in the speeding and multiplying of the means of communication, and perhaps above all and more than anything else in the spread of education.

As I have said, the growth of national consciousness in Africa is a political fact, and we must accept it as such. That means, I would judge, that we've got to come to terms with it. I sincerely believe that if we cannot do so we may imperil the precarious balance between the East and West on which the peace of the world depends.

The world today is divided into three main groups.

First there are what we call the Western Powers. You in South Africa and we in Britain belong to this group, together with our friends and allies in other parts of the Commonwealth. In the United States of America and in Europe we call it the Free World.

Secondly there are the Communists Russia and her satellites in Europe and China whose population will rise by the end of the next ten years to the staggering total of 800 million.

Thirdly, there are those parts of the world whose people are at present uncommitted either to Communism or to our Western ideas. In this context we think first of Asia and then of Africa.

As I see it the great issue in this second half of the twentieth century is whether the uncommitted peoples of Asia and Africa will swing to the East or to the West. Will they be drawn into the Communist camp? Or will the great experiments in self-government that are now being made in Asia and Africa, especially within the Commonwealth, prove so successful, and by their example so compelling, that the balance will come down in favor of freedom and order and justice?

The struggle is joined, and it is a struggle for the minds of men. What is now on trial is much more than our military strength or our diplomatic and administrative skill. It is our way of life. The uncommitted nations want to see before they choose.

DR. VERWOERD ANTWOORD MACMILLAN

Sonder die gebruiklike voorsiening van ‘n voorbereide toespraak waarop van die Eerste Minister verwag word om te antwoord, het dr. Verwoerd uit die vuis as volg geantwoord:

“Geagte Eerste Minister, u het aan my ‘n aansienlike taak gestel. Ons het genoeg vraagstukke in Suid Afrika sonder dat u kom om daaraan toe te voeg deur so ‘n belangrike verklaring te doen en van my te verwag om u in ‘n paar kort woorde te bedank.

Soos ek kan aflei, glo u die beleid wat ons vir Suid Afrika nie net raadsaam ag nie maar wat, na ons glo en indien reg verstaan, ‘n uitwerking op Afrika en op die wêreld behoort te hê, nie tot voordeel strek van daardie ideale waarna u en ons strewe nie! Indien ons beleidsrigting reg verstaan word, glo ons egter dat daar ingesien sou word dat wat ons probeer doen, nie aan die nuwe rigting in Afrika vreemd is nie, maar volkome in ooreenstemming daarmee is.

Ons matig ons dit nooit aan om die toepassing van ander beleidsrigtings in die gebiede waarvoor u verantwoordelik is te kritiseer nie, maar wanneer ons by ‘n geleentheid soos die huidige, waar ons heeltemal openhartig is, krities daarna kyk, sien ons, anders as u, dat daardie beleidsrigting groot gevare kan inhou. Juis die doel wat u beoog, kan deur hulle verydel word.

Ons het ‘n land beset wat kaal was. Die Bantoes het ook na hierdie land gekom om sekere dele vir hulself te beset. Dit is in ooreenstemming met die denkrigting van Afrika om aan hulle daar die volste reg toe te staan wat ook ons, net soos u, toegee dat alle mense behoort te hê. Ons glo in die verskaffing van daardie regte vir daardie mense in die volste mate in daardie deel van Suid Afrika wat hul voorvaders vir hulself gevind en beset het.

Maar ons glo ook in die ewewigtigheid. Ons glo daarin om presies daardie selfde geleenthede binne die bereik van die witman te laat in die gebiede wat hy beset het,die witman wat dit alles moontlik gemaak het. Ons beskou onsself as deel van die Westerse wêreld, ‘n ware blankestaat in Afrika, nieteenstaande die moontlikheid om aan die swartman in ons midde ‘n volle toekoms toe te ken. Ons beskou onsself as onontbeerlik vir die blanke wêreld.... As daar ‘n verdeling in die toekoms moet wees, hoe kan Suid Afrika dan ten beste sy rol speel sowel wat betref samewerking met die wit nasies van die wêreld as wat betref die maak van vriende in die swart state van Afrika op so ‘n manier dat hulle krag sal verleen aan die arm van diegene wat veg vir die beskawing waarin ons glo?

Ons is die skakel. Ons is wit, maar ons is in Afrika. Ons skakel met albei en dit plaas op ons ‘n buitengewone plig, en ons besef dit.

En as u met u koms hierheen niks meer gedoen het as om dit moontlik te maak dat oral bekend gemaak word dat niemand iets kan bereik deur ‘n ander te probeer seermaak van wie hy verskil nie, maar dat slegs goed gebore kan word uit pogings om aan andere goed te doen, dan was u reis tot so ver as hierdie suidpunt goed beloon.” (Aldus dr. Verwoerd)

‘n POLITIEKE LES EN PROFETIESE WAARSKUWING

‘n Ongelooflike les aan etiek en staatsmanskap, waarskynlik onge-ewenaard in die wêreld se politieke geskiedenis wat uit die hart van ‘n hoogsbeskaafde maar nederige Afrikaner staatman aan die Britse Eerste Minister bedien is, maar nie sonder gevolg nie! Dr. Verwoerd se politieke insig in belang van sy eie volk, maar ook en veral sy vêrsig in terme van wêreldpolitiek was profeties toe hy Macmillan daarop gewys het dat, “Ons matig ons dit nooit aan om die toepassing van ander beleidsrigtings in die gebiede waarvoor u verantwoordelik is te kritiseer nie, maar wanneer ons by ‘n geleentheid soos die huidige, waar ons heeltemal openhartig is, krities daarna kyk, sien ons, anders as u, dat daardie beleidsrigting groot gevare kan inhou. Juis die doel wat u beoog, kan deur hulle verydel word.” Dit word vandag in September van 2016, vyftig jaar na die beplande sluipmoord op dr. Verwoerd, deur die fisiese geskiedenis wat ons in Suid Afrika, en Europa en elders beleef, met akklamasie bevestig! Die Britte se eksperimente waarna Macmillan in sy toespraak verwys het wat: “ the balance will come down in favor of freedom and order and justice? “, tot gevolg sou hê, was misplaas en lê freedom en order en justice oral waar hulle wanstaltige beleid toegepas is, aan skerwe ten koste van beskawing, menselewens, normes en waardes en helaas ook die Christelike geloof!

DIE WIND BEGIN WAAI

Op 21 Januarie1960 is dr. Verwoerd se aankondiging oor republiekwording in die Transvaler aangehaal. Die blanke bevolking sou geleentheid kry om sonder kommer oor lojaliteit aan ‘n politieke party, vry en opreg oor sy toekoms in ‘n referendum te kan stem. Die referendum sal totaal buite die politieke arena staan. “‘n Blote meerderheid van die blanke kiesers se stemme sal bepalend wees, al is dit ‘n meerderheid van slegs een stem”, het dr. Verwoerd gesê .

In South African History on Liné: According to Dr Solly Jacobson, a member of the Communist Party of South Africa(CPSA) and a close friend of Joe Slovo, who began treating Pratt after 1958. Pratt had an attack every ten days. He received electric shock therapy and also went to the United States of America (USA) for treatment. -

9 April 1960 in ‘n openingstoespraak in Milnerpark in Johannesburg van die Unieskou, sê dr. Verwoerd: “Ons sal ons nie laat doodmaak nie, ons sal geeneen se slagoffer word nie. Ons sal veg vir ons bestaan en ons sal bly lewe!” Oomblikke nadat hy gaan sit het word hy met twee skote wat hom in die kop tref neergevel.

EERSTE AANSLAG OP DR. VERWOERD

Die sluipmoordenaar, David Beresford Pratt, 51 jaar oud en boer van die omgewing van Johannesburg, was nie alleen nie en ook nie versteurd in hierdie aanslag waaraan dr. Verwoerd merkwaardig ontkom het nie. Hy het sonder ernstige komplikasies herstel en het die Republiek op 31 Mei 1961 kon beleef waarvoor hy hom met soveel toewyding beywer het. Die ideaal van elke nasionalistiese Afrikanerleier voor hom, van President Paul Kruger af tot Advokaat Hans Strydom voor hom, is uiteindelik onder sy leiding verwesentlik!

The Cape Times reported ‘we have it on sound authority’ that the attack on Verwoerd was ‘the act of an irresponsible individual, not an organized plot’(Cape Times, 11 April 1960).On the front page, it published a statement by the Deputy Commissioner of Police in the Western Cape, Colonel Terreblanche, that ‘the attack on the Prime Minister was not an organised one: it was purely an isolated attack by an individual - Hierdie berig verskyn slegs twee dae na die aanslag op dr. Verwoerd! Die mees logiese vraag wat ontstaan is, wat is hier aan die gang? ‘n Aanslag op die eerste minister en binne twee dae is die ondersoek afgehandel??

DIE TWEEDE AANSLAG

In die boek “ERA VAN VERWOERD” bladsye 200 tot 205 verskyn betekenisvolle inligting van vrae wat in Kaapstad 3 dae voor die sluipmoord, en in Engeland se Evening Standard op 6 September ‘n berig wat verwys na vrae op 2 September oor die moord op dr Verwoerd. Getuienis oor hierdie gruweldaad wat eenvoudig deur Vorster se eenman kommissie deur die vingers gesien is maar wat duidelik bewys dat daar ‘n berekende komplot was en dat dit Internasionaal beplan was, laat geen twyfel nie. ‘n Beter beligting van die aanslag op dr. Verwoerd en daardeur op die Afrikanervolk as hierdie beredeneerde en gedetailleerde boek van mnr. Jaap Marais, bestaan nie en kan nouliks op verbeter word.

In die finale aanslag op 6 September 1966 waarin dr. Verwoerd dood is, was dit John Vorster die destydse minister van Justisie wat ‘n verklaring uitreik dat die moordaanslag op dr. Verwoerd ‘n eenman oorsprong het. ‘n Kwalik bedekte poging om die Internasionale betrokkenheid te beskerm, maar tersefdertyd ‘n getuigskrif van die uiterste vorm van bedenklikheid en volksvreemde onderdanigheid, tot die dood toe! ‘n Politieke rukwind wat die penwortel van nasionalisme met geweld uit Afrikanerbodem gewring het!

Dr. BYRD SE RELAAS

In die outobiografie van dr. ALLAN V. BYRD, Bird on the Wing (1916-1992),

verskyn daar op bls. 203 ‘n hoofstuk getiteld “Verwoerd Gunned Down”.

Dr.Byrd beskryf hier die verhouding van sy een vennoot, Dr. Solly Jacobson, ‘n selferkende lid van die SAKP, met die veelrassige liberale vyande van die Nasionalisme en hulle betrokkenheid by die moord op Dr. Verwoerd.

Hy verwys na die spesifieke uitlatings van Jacobson kort voor David Pratt, ‘n pasiënt van Jacobson, se aanslag op Dr. Verwoerd op 9 April 1960, waar Jacobson aan hom gesê het “If Verwoerd goes on like this HE IS GOING TO GET A BULLET.” Dr. Byrd sê voorts dat op sy versoek vir ‘n verduideliking, Jacobson verklaar het, “Verwoerd is a mad man and is dragging the country to ruin.”

‘n Paar dae na die Rivoniaverhoor vlug Jacobson landuit en vestig in Brighton naby London in ‘n pos as psigiater in ‘n hospitaal vir swaksinniges, waar Tsafendas behandel is voor sy vertrek na Suid Afrika.

In ‘n volledige beskrywing van sy gesprekke met Genl. Lang Hedrik van den Bergh en Brigadier Johan Coetzee, hoof van die Veiligheidspolisie, word die Internasionale betrokkenheid by die moord op Dr, Verwoerd helder belig! Die afwykende houding waarmee die SAP en Veiligheidshoofde die inligting waaroor hy beskik het en aan hulle oorgedra het, en Coetzee se verklarings aan hom, het hom onder die indruk van hulle betrokkenheid by die Joodse Mossad en Israel gebring.

Dr Byrd se gevolgtrekking was dat dit duidelik ‘n aanslag van die liberales op apartheid was met die doel om dit te vervang met integrasie.

STORMWIND DUUR VOORT

Soos wanneer ’n opponent in die bokskryt ’n verpletterende hou op die kakebeen ontvang het, sy teenstander dan met mening inspring om die uitklophou te plant, het dié tegniek in die politieke vernietiging van dr. Verwoerd na die suksesvolle moordaanslag op hom, ook nie uitgebly nie. Om sy nalatenskap te beklad en uit te wis, was gelykstaande aan die uitwissing van die Afrikanervolk!

Die bedenklike ondersoeke en verklarings uitgereik na die twee aanslae op dr. Verwoerd, laat vandág nog meer vrae as antwoorde. ’n Vrot kol in die Afrikanervolk se geskiedenis waar sommige van ons eie mense betrokke is en nog steeds inligting toesmeer om die waarheid en werklike motiewe te versluier.

MAAR WAAROM APARTHEID?

‘N PROFETIESE SIENING IN 1954 WAT STREK TOT 2050

In ‘n uiterste poging van die media om ons te oortuig dat ons, veral na afloop van die sluipmoord op dr. Verwoerd, in utopia aangeland het en F.W.de Klerk se visie van ‘n “leiernasie” verwesenlik is, is dit raadsaam om opnuut na ‘n werklike leier van wêreldformaat se insig te kyk en te vergelyk.   Daar is ‘n tabel op skrif gestel wat van 1954, tot die jaar 2050, ‘n vooruitskouing gee van vêrsiendheid gegrond op die vermoë om beleid en besluite, twintig jaar vooruit te projekteer en te weet wat die gevolge daarvan sal wees.

STATUUR VAN DIÈ POLITIEKE “PROFEET” ?

As een van die grootste staatsmanne van sy tyd, gemeet aan die chaos waarin die Republiek vandag verkeer, staan hy as staatshoof onge-ewenaard tot vandag en waarskynlik nog tot ver in die toekoms. Dit is dus gepas dat ons net weer ons geheue sal verfris en wat sy aansien was onder selfs die Afrikanervolk se vyande!

Uit die mond van ‘n vooraanstaande opposisielid uit die destydse PFP, (vandag die DA), was hy so beskryf: “Teen die tyd toe hy gesterf het, het hy sy eie monument gebou gehad wat daar vir almal was om te sien: die Republiek van Suid Afrika. Die blankes is saamgesmee tot eenheid, die land was militêr sterk en veerkragtig, die polisie en die veiligheidsmagte was besig om doeltreffend te werk met alle pogings tot ondermyning en infiltrasie, die land se ekonomie was dinamies, uitdyend en het grotendeels selfonderhoudend geword.... In die geskiedenis sal sy naam altyd voortleef as die leier wat, toe sy land bedreig was deur binnelandse onlus en ekonomiese sanksies, boikotte en openlike agressie van oorsee, gestaan het as ‘n simbool van weerstand en die wil en vasberadenheid om te oorleef. Sy fisieke en geestelike moed het hom ‘n lewende legende gemaak vir die wat hom gevolg het.”

So het sy oposisie hom opgesom teen die tyd wat hy gesterf het.

WAT HET HY VIR ONS NAGELAAT, AFGELEI UIT SY OPPOSISIE SE GESIGSPUNT?

  1. ‘n Republiek
  2. Blankes in eenheid saamgesmee
  3. Sterk en veerkragtige militêre mag
  4. Doeltreffende polisie en veiligheidsmag
  5. Dinamiese, uitdyende en selfonderhoudende ekonomie
  6. Toe sy land bedreig was deur binnelandse onlus en ekonomiese sanksies, boikotte en openlike agressie van oorsee, gestaan het as ‘n simbool van weerstand!
  7. Die wil en vasberadenheid om te oorleef
  8. Fisiese en geestelike moed

WAT HET DAARVAN OORGEBLY?

Wat het van hierdie ongelooflike prestasie as ankerpale in die Afrikaner se mondering oorgebly?

  1. Nie eenheid nie maar verskeurdheid
  2. Nie sterk militêre mag nie maar korrupte, sieklike, ongeorganiseerde, militêrgeklede barbare.
  3. Nie doeltreffende polisie en veiligheidsmag nie maar gewettigde       kriminele, met die oog op blanke teistering.
  4. Nie dinamiese, selfonderhoudende ekonomie nie, maar ‘n skuldbelade bankrot stelsel wat moet hande hou volgens die patroon van Afrika!
  5. Nie ‘n simbool van weerstand teen agressie nie, maar kapitulasie, onderhandeling, kompromie en aanvaarding!
  6. Nie vasberadenheid en die wil om te oorleef nie, maar toegewing, swart bemagtiging en emigrasie!
  7. Nie fisiese en geestelike moed nie, maar ongeloof en politieke hensop-en- joinerbenadering.

Hierin was ons grootliks self verantwoordelik deur agter swakkelinge aan te loop, weg van gebaande weë, weg van beginsel, weg van duidelik neergelegde en beproefde riglyne, teen alle grondige waarskuwings en voorspellings in, tot uit ons Godgegewe erfenis uit en in bankrotskap-status in! Volgens gister se Rapport tot in die orde van 45miljard wat kan draai by 90 miljard.

Om egter die behoefte te openbaar om na ons Politieke “Profeet” se nalatenskap te kyk, stuur ‘n gevoel van opwinding, ‘n tinteling van hoop, langs ‘n mens se ruggraat af, want is ons dan nie bekend met sy politieke insig en prestasies nie?

‘n BEKNOPTE AGTERGROND.

As minister van naturellesake moes hy wyd reis en het hy oor die lengte en breedte van Suid Afrika die beleid van afsonderlike ontwikkeling verkondig,

Sy standpunt was, ‘n kans vir elkeen maar binne eie kring

Hy het sy parlementêre loopbaan op 3 September 1948 ingelui met ‘n indrukwekkende redevoering oor die beginsel van rasseskeiding.

Hy was onder andere ‘n voorstander van moedertaal onderrig en het so die swartes se kinders gevrywaar van volksvreemde onderwys, veral in die laerskool. Hy het ook swart ouers groter seggenskap oor die onderwys van hulle kinders laat verkry. Hy was ernstig gekant teen dubbel medium skole, soos dit waaraan ons kinders vandag deur die swart onderwysowerhede onderwerp word!

SY GELOOF AS ANKER

Met die afsterf van Adv Hans Strydom op 24 Augustus 1958, is hy aangewys as sesde eerste minister van die Unie van Suid Afrika, toe nog binne ‘n bestel van volksvreemde en volksvyandige oorheersing. In sy toespraak het hy die volgende gesê: “Ek glo dat die wil van God deur hierdie stemming geopenbaar is…….Ek sal elke dag my krag soek in die Woord en nie in myself nie”

Die anker wat ons as volk deur ongeloof versaak het en sedert die Internasionaalbeplande moord op hom, op “prinse” begin vertrou het!

Dr Verwoerd het met die Republiek in vooruitsig, nie geskroom om ons aan die Statebond te ontrek om sodoende heeltemal buite die Engelse en volksvreemde en vyandige bestel te kom nie.

Hy het teenoor die 50,000 mense wat hom op Jan Smuts lughawe ingewag het, die gebeure as ‘n oorwinning vir Suid Afrika bestempel en daar was by hom geen twyfel dat, “ die hand van God ons gelei het nie”.

Tenspyte van waarskuwings deur meningsopnames dat ‘n stemming in ‘n referendum teen Republiekwording sal wees, het hy in geloof voortgegaan en die Referendum gehou! Voor ‘n skare van 70,000 mense het hy die oorwinning in die Referendum van 5 Oktober , ‘n dag van gebedsvervulling genoem.

Sy strewe na blanke eenheid was by Dr Verwoerd ‘n hoë voorkeur as die blanke hier wou bly voortbestaan. Samewerking tussen Afrikaans en Engelssprekendes was dus vir hom noodsaaklik oppad na eenheid, en die aanstelling van twee Engelssprekendes as ministers, nl Trollip en Waring, was ‘n poging van hom om die Afrikaner se welwillendheid te betoon vir die Engelse steun in die Referendum vir Republiekwording. Apartheid was vir hom die onontbeerlike staatkundige bedeling om die blanke beskawing in Suid Afrika mee te beveilig.

Ek haal ‘n enkele voorbeeld aan van sy ywer om almal, selfs die voortvarende jeug te oortuig van sy standpunt: Op 4 September 1965, op 2 dae na, presies ‘n jaar voor Stafendas se moord op hom, spreek hy die Nasionale Jeugbond toe op hulle versoek by Loskopdam. Hulle kongrestema was “die stryd teen Afrikaner-nasionalisme, juis met die oog op die twee Engelse wat hy in die kabinet opgeneem het en volgens húlle be-oordeling, Afrikaner Nasionalisme bedreig het!.

Dr. Verwoerd het reageer op die vraag of die Afrikaner homself sal kan handhaaf in die toekoms, en as hy kan, wat die voorwaarde daarvoor sou wees. Daardie vraag, was bedoel vir ‘n projeksie wat ook vandag ver by ons verby strek tot by ons nageslag, omdat Dr Verwoerd opgemerk het dat hy dink aan tenminste ‘n halfeeu vorentoe!

Diè vraag omvang natuurlik ook vandag ons hele volksbestaan! Dr Verwoerd stel egter die vraag ondergeskik aan ‘n ander vraag nl. “Kan die witman homself handhaaf in Suid-Afrika?” Wat is die toekoms van die witman in Suid-Afrika? Want as die witman homself hier kan handhaaf, is die vraag of die Afrikaner hom sal kan handhaaf, vanselfsprekend geantwoord.

Hy het die voorwaarde vir voortbestaan so gestel: “As ons in Suid-Afrika ‘n beleid van integrasie sou aanvaar, dan sou ek sê dat nieteenstaande alle tierlantyne wat jy daaraan heg op grond waarvan jy belowe dat die blanke vir afsienbare tyd nog sal bly heers, sal die blanke hom op die ou end nie kan handhaaf nie. Die blanke sal hom nie kan handhaaf onder enige beleid van integrasie nie” Hy het bv verwys na die maatskaplike terrein van kerke en skole en hoe die blanke daar en op elke ander terrein, uiteindelik verdring sal word.

Dit is nou twee-en-sestig jaar later! Kan ons Dr Verwoerd se projeksie vandag toets? Deur beginsel en beleidsafwyking het nie net die blanke nie, maar ook die Afrikaner en elke swart volk daarin gefaal om homself te handhaaf.   Die tragiese gevolg is dat daarmee saam, is ook die Afrikaner se Godswaardes, sy Christelik-Nasionale grondslag en sy bloedgekoopte vryheid in die drein af en lê finale uitwissing vir ons voor as ons nie wil verenig op die beproefde beginsel en beleid waarvan die sukses deur selfs dr. Verwoerd se opposisie besing is nie!

ENKELE RIGLYNE WAAROP ONS WEER EENHEID SAL VERKRY

Uit die aangehaalde voorbeelde kan ek nie anders as om die volgende riglyne vir volkseenheid te onderstreep nie.

  1. Die witman wat na Afrika gekom het, het gekom om te bly. Dit is ‘n onontbeerlike uitgangspunt wat in elke Afrikaner se gemoed veranker moet wees.
  2. As u met u koms hierheen niks meer gedoen het as om dit moontlik te maak dat oral bekend gemaak word dat niemand iets kan bereik deur ‘n ander te probeer seer maak van wie jy verskil nie, maar dat slegs goed gebore kan word uit pogings om aan andere goed te doen, dan was u reis tot sover as hierdie by-eenkoms goed beloon en wil ek bysê, sal alle toekomstige pogings tot volkseenheid, goed beloon word as dit ook ons uitgangspunt word!
  3. Samewerking is noodsaaklik oppad na volkseenheid. Die voorwaarde is behoud van beginsel en beleid en die moed vir ‘n onverbiddelike optrede van verset teen alle pogings om daarvan afstand te doen!
  4. Ek sal elke dag my krag soek in die Woord en nie in myself nie
  5. Betrokkenheid binne ‘n volksvreemde en volksvyandige bestel bring onvermydelik onderlinge verdeeldheid oor beginsel en beleid!
  6. Handhawing van beginsel en beproefde beleid buite die volksvreemde en volksvyandige bestel darenteen, ongeag welke omstandigheid, werk onderlinge eensgesindheid en vertroue in die hand
  7. Geloofsvertroue en fisiese moed selfs as die dood dreig, word beloon
  8. Gebed tot God sal dat Sy hand ons lei tot die vryheid waarna ons streef.
  9. ‘n Ingryping in die onderwys en opvoeding van ons kinders kan nie meer aan volksvreemdes oorgelaat word nie.       Ons het reeds een geslag verloor!       Hulle moet môre as ‘n eendragtige volk, die leiesels by ons vat!

Namate die volke van die wêreld al meer te doen kry met ‘n toestroming van volksvreemdes wat inbreuk maak op hulle volkshuishouding, sal die nalatenskap van Hendrik French Verwoerd in die toekoms wat voor ons lê, nog ver buite ons land se grense neerslag vind! Ons moet God vandag dank vir leiers soos hy, wat na sy dood nog veel vir ons kan en sal beteken.

Sy selferkende afhanklikheid van die leiding van God en sy bereidheid om te leer uit die geskiedenis van sy volk, gerugsteun deur ‘n vaste geloof in die beginsel van rasseskeiding, het hom in sy politieke insig nie net onderskei van die leiers wat op hom gevolg het nie, maar hulle in sy skadu verdonker tot die swart van Afrika wat ons vandag ervaar. Oordeel self uit sy nalatenskap van die geprojekteerde gevolge van die Engels-Joodse integrasiebeleid waarmee apartheid vervang is!

 

Ekonomiese gebied 1954 1975-2000 2000-2050
SOORT WERK Naturelle doen die ongeskoolde en deels halfgeskoolde werk.     Professioneel-opgeleide Naturelle tree op onder hulle eie mense(bv. as onderwysers, dokters, regsgeleerdes, klerke, ens)          

Naturelle doen alle werk insluitende in die geskoolde ambagte.     Blank en Nie-blank werk mededingend saam, veral in handewerk-beroepe waar Naturelle in sommige gevalle in die meerderheid sal wees.     Blanke leerlinge sal in sommige gevalle onder Naturelle-vakmanne staan en blanke werkers onder Naturelle voormanne.

In die professionele beroepe sal deurmekaar dienslewering ontwikkel hoewel elke groep nog oorheersend sy eie mense sal bedien.

In alle beroepe insluitende die professionele sal Naturelle in die oorheersende meerderheid wees.   Blankes sal wel in sommige beroepe gekonsentreer wees, maar origens maak getalle hulle die ondergeskikte invloed in die beroep.
Arbeidsorganisasie Geen eie vakbond vir Naturelle bestaan nie.   Die Blanke sorg as voog vir die belange van die Naturellewerknemers, hoewel die Verenigde Party verlang dat óf gemengde óf Naturellevakbonde sal ontstaan. Gemengde vakbonde bestaan.   Die Blankes beheer hulle nog deur ervaring hoewel die besture reeds gemeng word. Die Naturelle oorheers alle vakbonde, sowel wat lede, bestuur en amptenare betref.

Werkgewersposisie

 

Blankes en ander Nie-blankes is die werkgewers.---Alleen hier en daar gee Naturellewerkgewers aan Naturelle werk. Die Blanke groep verskaf nog die vernaamste werkgewers, maar welvarende Naturelle begin al behalwe Naturelle, ook Blankes in diens neem. Naturelle ding op gelyke voet met met Blankes mee as as werkgewers en indiensneming geskied oor en weer sonder dat ras of kleur enige rol speel.
Grondbesit Naturelle----veral stamme----besit grond in eie Naturelle gebiede en hier en daar is oorblyfsels van Naturelle –eiendomsbesit in die Blanke platteland en in Naturelledorpe by Blanke stede, met ander woorde swart kolle soos daar nog wit kolle in Naturellegebied is. Reg op deurmekaar besit van grond is aan Blank en Nie-blank gegee in Blanke-gebied, maar Naturelle verkry vereers veral erwe in lokasies en plaasgrond op die platteland. Hulle koop nog selde in Blanke woonbuurtes van stede. Naturelle het grondbesitters soos die Blankes oral geword, dit wil sê in winkel-, industriële en woongebiede van alle stede en dorpe en oral op die platteland.   Daar is nie meer Blanke gebied en reservate nie.   Alles is gemengde gebied.
Politieke gebied 1954 1975-2000 2000-2050
Stemmetode Apart.(Net in Kaapprovinsie stem Naturelle vir eie volksraadverteenwoordigers maar die Naturelle oor die hele Unie word verteenwoordig in die Senaat.) Gemengde lyste.(Net sekere Naturelle kwalifiseer volgens hooggestelde maatstawwe van beskawing en besit. Naturellekiesers is nog in die minderheid dog hulle getalle groei) Gemeenskaplike lyste bestaan en die oorgrote meerderheid van kiesers is Naturelle.
Soort Verteenwoordiger Blank Nie-blankes toegelaat Naturelle en Blankes
Getal 3 Volksraad, 4 Senaat. Reeds ‘n paar Naturelleverteenwoordigers is in die Volksraad en in die Senaat en Provinsiale Rade. Hulle is reeds oral lede van Stadsrade. Meerderhheid Naturelle
Gesag Blankes beheer die Unie Naturelle en Blankes beheer land in ‘n vennootskapregering, hoewel die Natuerelle die Junior vennootposisie beklee Naturelle – oorheersing bestaan vanwee hul oorheersende getalle
Maatskaplike Gebied 1954 1975-2000 2000-2050
Woonplek Die Naturelle het hul eie gebiede as ‘n eie tuiste. In Blanke gebied woon hulle wettiglik in lokasies en hostels of op blankes se grond, bv. op plase en in agterplase, as bediendes. Meeste Naturelle woon nog in lokasies, ens., maar ‘n paar welvarendes begin indring in blanke arme- en middelstand buurtes. (Vgl. In New York). Deurmekaar bewoning.
Skool Naturelle en Blanke kinders gaan na aparte skole Die stryd ontbrand (soos in die Verenigde State van Amerika) nou dat Naturellekinders in die Blanke skole moet kan inkom. Paar welvarendes se kinders is reeds opgeneem in enkele (veral kerk en privaat) skole Alle skole is deurmekaar skole, en Naturellekinders is oral in die meerderheid.
Universiteit ‘n Baie klein persentasie Naturellestudente studeer by ‘n paar Blanke Universiteite. Die neiging na aparte Naturelle-Universitete word deur enkele inrigtings nog getoon. Deurmekaar Universiteite is die reel met ‘n groot aantal Naturellestudente, hoewel ‘n paar inrigtings uit eie keuse hul handhaaf as uitsluitend Blank. Verbod op segregasie op Universiteite is ingevoer en almal is deurmekaar – inrigtings.
Geriewe: Vervoer, Hotel en Restaurant; Vermaak en Sport. Geen vermenging bestaan behalwe op vervoermiddels in sommige plekke. Af en toe word ‘n gemengde vermaaklikheidsgeleentheid uit moedswilligheid of liberalisme gereel, onder taamlik algemene afkeuring. Alle geriewe word as gemeenskaplik beskou, hoewel afsondering vrywillig meestal beoefen word behalwe dat veral ryk en geleerde Naturelle die reg gebruik. Sosiale sanksies en teësin van Blankes belemmer gelyke gebruik van die geriewe weens vernedering – gevoel (Vgl. V.S.A. vandag).

Oral is gebruik van alle geriewe deurmekaar (vgl. Engeland).

 

Daar is ‘n verbod op segregasie en dus lei gedwonge toelating oral tot gewoonte.

Huwelik ‘n Wetsverbod op gemengde huwelike bestaan hoewel die Verenigde Party net ‘n vrywillige onthouding daarvan begunstig.

Die voorgaande wetsverbod is verwerp.

Vermenging vind dus al meer plaas, maar nog verhoed Blanke sosiale sanksies en teenstand dat dit op baie groot skaal of in die meer welvarende of sosiaal gesiene klasse veel plaasvind.

 

 

Vermenging word algemeen en kleurgevoel stomp heeltemal af (vgl. Sekere Suid-Afrikaanse state).

 

 

In die Sunday Times van 11 Junie 2010, word op die voorblad van ‘n invoegblad van die departement van Onderwys, ‘n skets van Mandela tussen die heksepoot, wat die verloëning en verwerping van die Christendom voorstel en die okultiese yinyang teken vertoon onder die opskrif:   “Play the game for Mandela”

DIE POLITIEKE RUKWIND NOU ‘N INTERNASIONALE TORNADO

In Europa asook in Amerika en Brittanje, is die beleid van rasseintegrasie besig om ‘n spoor van onrus en vrees tot gevolg te hê. Wat kwel is dat al die ongeregtighede wat daarmee gepaardgaan, deur “politieke korrektheid” ondersteun en instandgehou word, al stem instansies nie daarmee saam nie!

Akademici wat met verhewe intellektuele verwaandheid hierdie euwele afwykings van beproefde Woordgefundeerde beginsels met drogredenasies in studente se koppe inprent, het ‘n golf van liberalisme die wêreld ingestuur wat in kerk en staat die vergoeiliking van alles wat voorheen verwerplik was, as die “evangelie” gevestig het.

‘n Kolk van vernietiging van geloof en waardes en sedes en standaarde en norme wat oral sigbaar besig is om te manifesteer in misdaad, korrupsie, moord en okkultiese praktyke. Volke vlug uit hulle lande en oorstroom grense vir kos en beskerming. Ongekende druk op infrastruktuur en ontoereikende hulp as gevolg daarvan veroorsaak opstand en onluste. Vreemde volke en kulture vestig in ander lande wat inheemse volke se voortbestaan bedreig. Die flenters van Harold MacMillan se “Winds of Change” wat ‘n tornado geword het, lê wyd verspreid.

Die profetiese waarskuwing van dr. Verwoerd aan MacMillan is besig om in vervulling te gaan! “maar wanneer ons by ‘n geleentheid soos die huidige, waar ons heeltemal openhartig is, krities daarna kyk, sien ons, anders as u, dat daardie beleidsrigting groot gevare kan inhou. Juis die doel wat u beoog, kan deur hulle verydel word.”

 s1

 d1

 sw1

 v1

Sluit aan

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie