1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5236406

Besoekers aanlyn

Ons het 51 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

CHINA SE HOUVAS IN AFRIKA

China se houvas op Afrika

 

DEUTERONOMIUM 28:15 Maar as jy nie luister na die stem van die HERE jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.

 

43.   Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jý sal laer en laer afsak.

44    Hý sal aan jou leen, maar jý sal aan hom nie leen nie; hy sal die kop en jy die stert wees.

45    En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God om sy gebooie en sy insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie;

 

Uit PULSELIVE.CO.KE, THESUN.CO.UK, THENATIONAL.AE, het die AVP die volgende uittreksels geneem om aan te dui hoe “goedgunstiglik” China besig is om die sukkelende Afrikaregerings finansieël op te hef! Kommuniste wat ander volke begelei om ook kommunisties op te tree sodat hulle ook soos China kan “floreer”.

ANGOLA LEEN BY CHINA $25 BILJOEN

KENIA LEEN BY CHINA $5 BILJOEN

Zambia, DRC, Chad, Niger, Nigeria Sri Lanka, SA, bykans die hele Afrika is in onbetaalbare skuld by China!

 

China se greep op Zambia

Eskom het ‘n lening van amper $3 biljoen by China gekry terwyl Ramaphosa beleggings van bykans $15 biljoen goedgekeur het en waarvoor hy geteken het.

Sri Lanka kon hulle skuld nie terugbetaal nie en moes benewens drie van hulle staatsbeheerde maatskappye, ook hulle hawe aan China afstaan!

China se greep op Sri LankaDaar wor openlik gesê dat China Zambia gekoop het. Met Suid Afrika as ‘n vennoot van die BRICKS-lande, sal die Weste moet bontstaan om hulle uitoorlê-taktiek om die Afrikanervolk uiteindelik uit die pad te kry, te kan benut. Dit lyk op hierdie stadium asof dit al was waarop die Chinese gewag het om ook hier in te klim! Dat hulle strategies ‘n stewige greep op die Afrikavasteland geneem het, kan nie meer betwis word nie.

Kan dít dalk die rede wees waarom die Kommunis Blade Nzimande hom agter Ramaphosa skaar in teenstelling met Zuma wat waarskynlik nou nog ‘n toegewyde kommunis is en die Brick’s-vennootskap gevestig het?

Hoe dit ookal sy, dat daar agter die skerms steeds ernstige sameswerings aan die gang is, is nie te betwyfel nie. Of die samesweerders mekaar kan vertrou is egter ‘n oop vraag en word die klimaat al gunstiger vir die Afrikaners om oor gemeenskaplike sake te begin laertrek. Vergeet daarvan dat daar ‘n moontlikheid bestaan dat die Reënboognasiefoefie kan slaag deur samewerking of aanvaarding daarvan ons voortbestaan sal verseker.

Afrikaners afsonderlik en gesamentlik moet onverpoosd Deuteronomium 28 met aandag gaan lees om by die oorsaak van ons volk se benouing uit te kom! Dat al hierdie gebeure rondom ons volk wesentlik is, is waar. Maar dat ons, indien ons nog gelowig is in ontkenning wil bly leef van ons eie aandeel soos wat dit in God se Woord voorspel is en sigbaar en voelbaar beleef word, is die profesie van die uiteinde daarvan ook duidelik beskryf!

Genadiglik is die verlossing en hoe om daarby uit te kom, ook duidelik beskryf. Mag God ons genadig wees om gehoorsaam te wees sodat ons opnuut geseën kan word met die seëninge wat in Sy Woord in dieselfde hoofstuk vir ons opgeteken is.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Sluit aan

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie