1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4684831

Besoekers aanlyn

Ons het 29 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

ONS MOET IN KENNIS TOENEEM

Bybel2 Petrus 3:1-18

“Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.  Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid.”  (:18).

Kan ons ooit genoeg Bybel lees?  Gelowiges voel dalk soms asof hulle nou al die Woord van God so baie deurgelees het dat hulle mooi weet wat daarin staan en dus is dit onnodig om daarom op ‘n daaglikse grondslag daaruit te lees.  Hulle voel dalk dat hulle doodeenvoudig net niks meer uit die Bybel kan leer as wat hulle alreeds weet nie.

Petrus stel dit egter in verse 1&2 van die gelese gedeelte duidelik dat ons gedurig herinner moet word aan dit wat in die Woord staan.  En in die laaste vers word ons nie vermaan om ‘n kennis van die Here op te doen nie, maar ons word beveel dat ons kennis van die Here moet toeneem, m.a.w. dit moet verbreed.

 

Ons sal moeilik ‘n beter plek vind om die Here beter te leer ken as juis uit Sy Woord.  Die Woord van God word tog duidelik van ander geskrifte onderskei daarin dat dit ‘n lewende Woord is.  Dit wat ons vandag uit ‘n spesifieke hoofstuk lees het ‘n volgende keer wanneer ek dit lees ‘n dieper betekenis in my lewe namate ek in geloofsvolwassenheid gegroei het. 

Ons sien soveel mense wat ywerige Christene is, maar met verloop van tyd begin hul toewyding aan die Here taan.  Dit is natuurlik as gevolg daarvan dat hul kennis van die Woord begin vervaag en ander, vleeslike dinge, vervang die plek van die hartsbegeertes om die Here in alles wat ek doen te probeer behaag.  Die rede waarom Christene dan op dwaalweë beland, is nie omdat hulle nie geweet het nie, maar eerder omdat hulle vergeet het!  Hierdie verskynsel is geen nuwigheid nie, maar is alreeds skerp deur Jesaja aangespreek.  “Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, ...” (Jes. 5:13).  Mense gaan in ballingskap van sonde, m.a.w. word slawe van sonde as gevolg van ‘n gebrek aan kennis.

Die kennis waarvan Jesaja praat, is natuurlik ‘n kennis van God waarvan Hoséa ook praat in die bekende gedeelte uit die vierde hoofstuk van hierdie boek van die profeet.  “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.”  Let daarop dat Hoséa nie die volk aanspreek dat hulle nie die wet van God geken het nie, maar eerder dat hulle dit vergeet het. 

Dit is Jakobus wat vir ons leer dat geloof sonder werke nutteloos is.  “WAT baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie?  Dié geloof kan hom tog nie red nie?”  (Jak. 2:14).  Petrus bevestig hierdie lering in 2 Pet. 1:5 wanneer hy ons leer om by die geloof ook die deug (dade) te voeg.  Maar hy laat dit nie hier nie en volg dan daarop dat by die werke van die geloof die kennis gevoeg moet word.  “En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug, die kennis,”  (2 Pet. 1:21).

Die optrede en dade van die meerderheid mense in die samelewing lewer getuienis van ‘n baie oppervlakkige kennis van God.  Ons kan dalk soms selfs sê dat dit getuig van geen kennis van God nie.  Mag dit nooit van my en u lewens word nie.  Dit is juis waarom ons gedurigdeur daarna moet streef om in kennis van Hom toe te neem sodat Hy ons daardeur volkome kan toerus vir elke goeie werk as bruikbare instrumente in Sy Hand.  

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie