1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5313541

Besoekers aanlyn

Ons het 65 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

GELOFTEDAGREDE BY BLOEDRIVIER, 16 DESEMBER 1958 DEUR DR. H. F. VERWOERD

Dr. H. F. Verwoerd'n Duideliker uiteensetting van die waarde van die gelofte en die Afrikanervolk se aanvaarding van 'n verantwoordelikheid op hom gelê vir die totale blankedom, is nouliks denkbaar!  Dr. Verwoerd aan die woord:

 

In Suid-Afrika word op drie plekke — Bloedrivier. Paardekraal en by die Voortrekkermonument in Pretoria — afwisselend elke vierde of vyfde jaar 'n sentrale fees gehou. Toe dr. Vcrwoerd in 1958 die feesrede op Bloedrivier gehou het, was dit die eerste keer dat 'n Eerste Minister daar opgetree het, Hoewel pres. Kruger in 1888 by geleentheid van die half- eeufees van die slag van BÍoedrivier, die feesredenaar was.

Dr. Verwoerd het inleidend kortliks die geskiedenis aan die gebeure op 16 Desember 1838 verbonde, ontleed en veral gewys waartoe 'n klein groepie manne deur eensgesinde optrede in staat is. Die oorwinning wat op die dag behaal is, het die binneland oopgestel en die groot ontwikkeling van later jare moontlik gemaak. Die slag van Bloedrivier en latere gebeure bevestig nie slegs dat ons as volk groot rede tot dankbaarheid het nie, maar deur die dade van die voorgeslagte sélf tot toewyding verplig is.

Sterker as alles, loop die beskermende Hand van die Allerhoogste soos 'n goue draad deur ons geskiedenis waardeur die godsdienstige karakter van ons volksfeeste beklemtoon word. Na dié inleidende opmerkinge, het dr. Verwoerd soos volg verder gegaan:

Liewe vriende, ek wil praat van toe en van nou. As ons die gees van die wêreld van die tydsgewrig van die Voortrekkers nagaan, dan vind ons dat dit 'n periode van beroering was in die gemoedere van mense. Daar het destyds 'n geestestroom oor die wêreld beweeg wat 'n nuwe atmosfeer geskep het, wat sy invloed gehad het tot so ver as hier in die suide van Afrika. Ons weet almal hoe tydens die Franse Rewolusie 'n gees van bevryding onder die mensdom ontstaan het; 'n gees van vryheid en broederskap en gelykheid van alle mense. Dit was gebore uit die omstandighede van die Europa van daardie tyd en is toe verkeerd toegepas op die wêreld daarbuite, wat anders was.

Die toepassing van die idee van vryheid en gelykheid en die broederskap van alle mense het aanleiding gegee tot geweldige geskillle en twiste én die wanbegrip openbaar van díe lewe van mense in ander lande in ander omstandighede. In Europa is geskryf van die edele barbaar, terwyl die mens rondom hulle, die blanke in sy beskawing van daardie tyd, nie geag ïs nie.  In daardie gees is die blankes wat besig was om lande te beskaaf en om die barbaar van homself en van sy verdrukker uit eie geledere te red, as verdrukkers beskryf.

Dieselfde het met ons eie nasie en die Voortrekkers gebeur. Geweldige wanvoorstellings het in Europa geheers oor ons mense en die dade wat hier verrig is. Uit daardie lande het vreemde predikante, die Philipse en die Van der Kemps, besiel met die gees wat oor Europa versprei het, gekom na 'n gebied wat hulle nie geken het nie. Hulle het níe net die Evangelie gebrïng nie, maar ook die steurnis van die misverstand. Hulle het 'n ondiens bewys, nie net aan die blanke wat destyds met die Bybel in die hand die binneland ingedring het nie, maar ook aan die heidendom deur hom aan te hits teen die blanke met al sy goeie wil en sy kennís van die toestande híer. Hulle het die weg beswaar en heelwat van die bloed wat vergiet is en die stryd wat veroorsaak is, was die gevolg van die goedbedoelde, maar mísplaaste oordra van 'n gees wat in die omstandighede van daardie tyd hier nie gepas het nie.

Daardïe gees was nie gerig teen die Afrikanervoorsate alleen nie, maar teen alle blankes. Ook die Engelssprekendes het besef dat dïe kersteningsproses vir Afrika nodig is en dat die heerskappy van die blanke nodig was om hier ïn Suid-Afrika die beskawing en die Christendom te bring en uit te bou.Te midde van dit alles word dïe optrede van die Voortrekkers deur drie duidelike gesindhede gekenmerk. Die een word gesimboliseer deur die gereedheid van Piet Retief om, waar hulle oop gebied hier gevind het, dit tog nog deur behoorlike onderhandelings as besit te verkry.

Piet Retief was gereed om 'n ooreenkoms met Dingaan aan te gaan. Hy was gereed om te vertrou en saam te werk. Hy het in die hande van die barbaar die lewens van sy klein groepïe metgeselle geplaas. DÍe vertroue van die blanke, die eerlike opregtheid van die blanke, die onderhandelïngsgereedheid van die blanke, die bereidheid om regte toe te ken soos dit pas. elkeen na sy soort en op sy plek, is gesimboliseer met daardie daad van Piet Retief.

Verder voortvloeiend uit die gebeure te Moordkoppie, sien ons dat die mense daar vergader  nie gereed was om deel te hê aan die selfmoord van 'n nasie nie. Hulle was nie bereid om pad te gee of om te vermeng nie. Hulle was gereed om te bly of om te trek as dit nodig was na Transvaal, maar waar hulle ook al sou gaan, was hulle gereed om te stry tot die oorwinning toe. Te stry om 'n nasie te help bou. Of die Voortrekker getrek het. of hy geveg het, en of hy die hand aan die píoeg geslaan het wanneer hy in vrede gelaat is, was hy altyd besig om te bou aan sy nasie. Nooit was hy gereed om te verbreek, te vernietig of te verloor nïe.

Kenmerkend van daardie stryd was dat die Voortrekker altyd sy kind en sv vrou by hom gehad het,  Dit was nie 'n stryd van mans alleen nie. Dit was nie 'n stryd net met die wapen ïn die hand nïe. Dït was 'n stryd van die hele gesin -- man, vrou en kïnd — sy aan sy om die toekoms vir hulle nageslag te beveilig en die suiwerheid van die bloed van die voik te bewaar. Was dit mans alleen wat 'n land so binnegestroom het, was daar vandag miskien nie 'n blanke nasie nie.

Omdat dit 'n gesinstrek was en omdat die eenheid van die familie die basiese band was van die demokratiese bestuur van die state wat toe gestig Ís, kon orde en vrede so gou daar gevind word. Dit was die gesin wat getrek het, die gesïn wat gestry het, die gesïn wat gebou het.

Dit is wat tóé gebeur het. Wat is die posisie vandag? Daar bestaan 'n merkwaardige ooreenkoms. Is dït nïe so dat 'n liberalistiese stroom weer vandag besig ïs om oor die wêreíd te beweeg, baie  soortgelyk aan 120 jaar gelede nie?  'n Gees wat Ín die Tweede Wêreldooríog, miskien alreeds in die Eerste Wêreldoorlog, sy oorsprong het; 'n gees wat gebore is uit díe ervaring van die mense elders en húlle belange alíeen; 'n gees van liberalisme wat veroorsaak het dat die blanke state so onder mekaar verdeel geraak het dat elkeen vir die welslae van sy oogmerke die steun van die nie-blanke wéreíd — hetsy in Asië, hetsy in Afrika — probeer soek het; 'n gees nie gebore soos dit dikwels voorgestel word uit die hoogste morele oorwegings nie, want dan sou dit nie so verdoemend neersien op die eie blanke in ander dele van die wêreld nie maar teenoor hom ewe begrypend kon staan as teenoor die swarte.

Dit Ís eienaardig dat die wêreldgees, net soos destyds, nie gerig is teen díe Afrikaner nïe, maar teen alle blankes. Daardie gees is deurdring van verheerliking vïr die edele barbaar. Alles wat die nieblanke sê of doen, is goed of word goedgepraat. As hy ru of dwaas optree, word dit beskryf as maar net kenmerkend van die oorgangsperiode. Maar as die blanke deur vas te staan, moet sorg dat die beskawing behoue bly, dan is dit verdrukkïng en word hy gesmaad.

Die wêreldgees is ook gerig teen al die koloniale moondhede in Aírika, of dit nou dïe Portugese of dïe Engelse of die Belge of die Franse is, en of dit die Suid-Afrikaners is — wie ook al die beskawing hier gebring het, wie ook al die mense gered het van onderlinge uitdelgery, wie ook al dak en voedsel besorg het vir groter massas as wat die land eers kon dra — aan hulle word nie dank gesê vir lewe, vir voorspoed, vir kennis, vir die Godsverrvking van hulle gemoed nie. Dit is ook eienaardig dat juis nou weer predikante uít die vreemde moes kom wat die wanbegrippe verder dra — die Huddlestons, dïe Collinse, die Scotts, die De Blanks — mense miskien met goeie bedoelings, mense besïel deur die gees wat in Europa deur hulle ingedrink ïs, sommïge selfs besiel met 'n gees wat uït die verwerplike Kommunisme afkomstig is. ïn hïerdie Íand waar ons as 'n Christelike volk met kennïs van ons geskiedenis en van die natuur van die Bantoevolkere en die peil van hulle ontwïkkeling, probeer om te doen wat reg is en wat goed is en wat Christeïik is, word ons verdoem uit monde wat eers moes kom ieer voor hulle praat.

Hulle sien nie raak níe dat net soos 120 jaar gelede, daar die duideíikste bewyse bestaan van ons gereedheid om billikheid en reg te laat geskied. Ek het verwys hoe Pïet Retief gereed was om 'n ooreenkoms aan te gaan. Ek voeg daarby dat ná daardie Moordkoppiegebeurtenis Andries Pretorius wat gekom het om straf uit te deel vir die wandaad, onderweg nog 'n boodskap na Dingaan gestuur het dat as hy berou sou openbaar, die Voortrekkers nog vergewensgesind sou wees en die stryd nie tot díe uiterste voer nie. Omdat die boodskap met minagting bejeën is, moes Bloedrivierslag plaasvind.

Net so is die bianke vandag op allerlei wyse gereed om geregtigheid aan die Bantoe te iaat geskïed. Die beleïd van Suid-Afrika ïs om regte aan die nie-blanke in sy eie gemeenskap en in sy eie gebied te gee waar dit pas.

Weer is dit die blanke volk van Suid-Afrika wat die toestande ken, wat die enigste metode ontwerp het en volg wat vrede kan bring en geregtigheid aan almal bewys. Maar daarin word hy nie gesteun deur diegene wat van buite kom en hom nie begryp nie. Hulle het die verdwyning van die blankedom reeds aanvaar as onvermydelik. Wanneer gepraat word soos in Europa en ook deur sommige in ons eie land dat die oplossing van hierdie stryd geleë is in die samevoeging van alle mense — sogenaamde integrasie — begryp hulle nie dat dit nie eenwording is nie. Al wat sal gebeur, is die vernietiging van die blankedom. Nie integrasïe nie, maar disintegrasie — dïsintegrasie van die blankedom, van die beskawing en van die godsdiens wat ons geërf het, ïs die enígste gevolg.

Daarom, al kan ons nie meer trek nie, sê ons net soos die Voortrekker van ouds: „Ons kan nog stry". En ons sal veg, al sou ons moet ondergaan, maar ons sal vegtend bly vir die voortbestaan van die blanke aan die suidpunt van Afrika en die godsdiens wat aan hom gegee is om hier te verspreï. En ons sal dït doen net soos hulle — man, vrou en kind. Ons sal veg vir ons bestaan en die wêreld moet dit weet. Ons kan nie anders nie. Ons staan soos 'n Luther met die Hervorming, met die rug teen die muur. Ons veg nïe om geld of goed nïe. Ons veg om die lewe van ons volk.

Maar ons veg nie net vir ons voik nie. Ek is diep sielsoortuíg dat ons veg vir die voortbestaan van díe blanke beskawing. As ooit 'n stryd tussen Oos en Wes moet kom, as Afrika ooit êrens sy gewig moet ingooï en dit 'n beslissende gewig sal wees, dan sal Afrika se gewig aan die kant van die blanke en die Westerse nasïes wees alleen as die idee waarvoor ons as 'n volk staan, kan biy seëvïer. Die blanke is aan die suidpunt van Afrika 'n voorpos van die blanke beskawing en as sodanig die krag van dïe vegtende massa, vooruitgeskuif daar waar die eerste aanvalle moet kom. Ons weet ons Ís 'n klein nasie maar ons weet ook dat ons in ons het die staal en die krag wat Bloedriviertriomf teweeggebring het.

 Wanneer jy in 'n voorpos is en die gevaar sïen wat kom, het jy die reg om boodskappe agtertoe te stuur na díe leërs wat nog agter jou skuil. Daarom stuur ons die boodskap aan die wêreld daarbuite en sê ons vir huile weer eens daar is net een redding vir die blankedom van die wêreld. Dit is dat blank en nie-blank in Afrtka elkeen sy regte beoefen binne sy eie gebiede.

Ons veg met alles wat in ons is want ons weet ons is 'n nasie in wording. Ons weet ons is nog nie die mas halfpad op níe. Ons weet ons is nog maar fondamentlêers net soos die helde van Bloedrivier was. Ons weet ook ons is gewone mense met  baie swakhede. Maar  ons weet dat diegene wat geskiedenis maak soos hulle, en soos ons nou, geskiedenis maak van 'n jong volk wat nog in dïe lente van sy lewe staan. As die fondamente reg gelê word, kan die mure sterk gebou word. En die fondamente wat ons lê, probeer ons heg en sekuur íê.

Ons probeer deur die klei grawe tot op die gruís en die rots, want die nasie van Suid-Afrika moet bestaan tot in verre tye vorentoe. Daarom laat ons ons ook nie tot oorhaastigheid of tot paniek drywe nie. Daarom bou ons op die enigste rots van nasies, nl. die geloof en dieselfde reddende Hand wat Bloedrivier aan ons voorvaders besorg het. Ons bou in geloof, ons bou met krag want ons weet ons is nie doelloos hier geplant nie. Waarom sou driehonderd jaar gelede blankes na die suidpunt van Afrïka gelei gewees het?  Waarom was die helfte van die land onbeset, waarom kon klein getalle mense so vermeerder en versprei raak oor die hele íand? Waarom kon hulle, nieteenstaande hulle Moordkrans en Italeni, ook hulle Bloedrivier verkry? Waarom kon hulle hul vryheidsooríoë deurmaak en wen of verloor, tog as 'n nasie bly voortbestaan? Waarom is dit alles aan ons gegee as daar nie 'n doel is nie? En ek glo dit is die doel dat ons hier vir die Westerse beskawing en vir die Christelïke godsdiens 'n anker en 'n stutpunt moet wees.

Dïe Westerse beskawing en dïe blankedom deurioop ook 'n krisis, al sien hulle dit nie raak nie. Nog nooit in die geskiedenis, in elk geval die geskiedenis van die afgeíope tweeduisend jaar, was die blankedom se posisie so in gevaar soos nou nie. Nie in gevaar weens sy gebrek aan kennis of mag nïe, maar in 'n gevaar vanweë dit wat in sy eie gees omgaan: sy ïnnerlike verswakkïng en verkeerde begrïp van wat sy taak op aarde is. En daar moet soms klein groepe wees wat teenstand bied wat uitgebou word totdat dit die hele volkeredom omgryp.

Mïskien is dit die doel met ons dat ons hier aan dïe suidpunt geplant ïs, bïnne-in die plek van krisis, om van hierdie weerstandsgroep uit weer die oorwinning te laat uitbou waardeur alles wat opgebou is sedert die dae van Christus, sal staande bly tot heil van die ganse mensdom.

Mag u krag hê, volk van Suid Afrika, om die doel te dien waarvoor u hier gestel is!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Geloftefees 2018

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie