1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4592934

Besoekers aanlyn

Ons het 61 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

ROEP HOM AAN!

BybelPsalm 28:1-9

...Ek roep U aan, o HERE! My rots, draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil neerdaal nie. (:1).

Ek deel graag n treffende verhaal met u wat n oom nou-die-dag aan my vertel het. Daar was n man wat eendag na die haarkapper moes gaan. Daar aangekom, het hy in die stoel van die haarkapper plaasgeneem. Die haarkapper het na die man se welstand gevra. Die man het vir die haarkapper gesê dat dit deur die genade van die Here met hom baie goed gaan en dat hy veel het om voor dankbaar te wees.

Nadat die haarkapper sy werk klaargemaak het en die man oppad was om te loop, het die haarkapper hom gegroet en gesê: Ek wil maar net vir u sê meneer, daar bestaan nie iets soos n God nie. As daar n werklik n God bestaan het sou daar mos nie soveel ellende, hartseer en probleme in die wêreld gewees het nie? Die man was stomgeslaan en het die haarsalon verslae verlaat.

Oppad na sy motor kom n bedelaar hom tegemoet. Hierdie bedelaar was verwaarloos en die man besluit om hom sommer na die haarkapper te neem. Met sy terugkeer na die haarkapper sê die man aan die haarkapper: Daar bestaan nie iets soos n haarkapper nie! Sprakeloos staar die haarkapper die man aan wat net n paar minute gelede dan juis van sy dienste gebruik gemaak het en nou so n bewering kwytraak. Die man gaan voort: Kyk na hierdie man langs my. As daar iets soos n haarkapper bestaan het, sou hierdie man nie só gelyk het nie. 

Natuurlik wou die haarkapper homself verontskuldig: Die man lyk nie só omdat daar nie iets soos n haarkapper bestaan nie, maar omdat hy nooit na n haarkapper toe gaan nie. En hierop kon die man die haarkapper natuurlik uitboul: Presies! En die wêreld en mense se lewens is nie vol van hartseer en ellende omdat daar nie n God is nie, maar eerder omdat hulle nooit na Hom gaan nie.

Ons lees in vers 1 van Psalm 28 hoedat Dawid met erns in gebed tot God nader. Hoeveel gelowiges doen dit steeds vandag en vir hoeveel mense het gebed maar net n gewoonte geword? Dieselfde gebedsrympie word maar vanoggend gou opgesê en vanaand afgerammel net dat ek tog weet dit is afgehandel. En ons verwag dat God na ons moet luister wanneer ons met só min ywer en só min opregtheid en ontsag met Hom praat? Christus Jesus leer ons juis in Matt. 6 dat ons met n opregte gesindheid tot die Vader moet bid en nie met n ydelheid nie. Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde. En as julle bid, gebruik nie n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word. (:6&7).

Wat meer is, is dat ons verwag dat God aandagtig sal luister wanneer ons met Hom praat. Ons verwag dat ons ons gebede voor Hom moet bring en dan onmiddellik die resultate moet sien! Maar onthou ons dat die HERE ook gehoorsaamheid van ons verwag dat Hy van ons verwag om te luister wanneer Hy met ons praat? Dink maar aan koning Saul wat aan die HERE ongehoorsaam was en toe hy na God geroep het, moes besef dat God hom nie verhoor nie. En Saul het die HERE geraadpleeg, maar die HERE het hom nie geantwoord nie - .... (1 Sam. 28:6). Ons word ook deur die woorde van Spreuke 28:9 daarop gewys dat die HERE nie sal gehoor gee aan die gebede van hulle wat nie na Hom luister nie. Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is n gruwel.

Daarenteen het die HERE n groot welgevalle daarin wanneer Sy kinders met n opregte hart in gebed tot Hom nader om met Hom te praat. ...maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig. (Spr. 15:8). ...maar die gebed van die regverdiges hoor Hy. (Spr. 15:29). En omdat die gebede van die regverdiges voor die aangesig van God kom, is daar groot krag in die gebede van regverdiges en ons behoort hierdie wapen veel meer in ons worstelstryd hier op aarde te gebruik. ...Die vurige gebed van n regverdige het groot krag. (Jak. 5:16).

Moenie u gebedslewe afskeep nie dit sal u geloofslewe groot skade berokken! Alhoewel ons versigtig moet wees in ons gebede omdat n mens wél verkeerd kan bid weet ons dat ons gebede voor God nooit ontydig is nie!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie