1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4626808

Besoekers aanlyn

Ons het 74 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

GELOOFSBELYDENIS VAN 'N NASIONALIS.

dr Tobie Muller‘n Paar uittreksels uit geskrifte wat die lig gesien het oor die lewe van dr.Tobie Muller, wat in 1884 op George gebore is en in die jeugdige ouderdom van 34 jaar in 1918 oorlede is, is rigtinggewend in die verdeeldheid wat ons volk se nasionale eensgesindheid huidig vertroebel en besoedel.

Tot kort voor sy dood was dr. Muller en sy vrou intensief besig om krankes te besoek en orals in die dorp en distrik aan wit en swart hulp te verleen tydens die Groot Griep totdat hy op 13 Oktober 1918, nadat hy sy laaste erediens gelei het, die eerste simptome van die griep begin toon het. Hoewel hy reeds daardie Sondagmiddag koorsig en uitgeput gevoel het, het hy nogtans die landdros van Philippolis na 'n plaas, waar 'n hele gesin aan die griep siek gelê het, vergesel. Maandag het hy gaan lê om nie weer op te staan.

Dr. Muller se belydenis.

"Ek self sou my erfenis as lid van die Afrikaanse nasie vir geen ander burgerreg in die wêreld wil verruil nie. Die grote nasies van Europa is wel oud en sterk en ervaringsryk, ... maar hul dra ook reeds die spore van hul ouderdom, en rypheid begin al op meer dan een plek in afgeleefdheid oor te slaan ... By ons is dit so anders. As 'n jong nasie sien ons amper ons hele loopbaan tegemoet. 'n Jong volk leef vorentoe. Sy leuse is die hoop; geduld en moed sy wagwoorde; 'n jeugdige entoesiasme sy dryfveer; en sy ywer is nog ongekoel deur die ontnugterings van mislukking.

Vir my altans is dit veel heerliker om my druppeltjie te probeer bydra by die selfbewuswording en karaktervorming van 'n jong nasie dan om te help dokter aan die chroniese kwale van 'n oue ... Misluk ons pogings en moet ons ondergaan, neergedruk deur 'n vrag van onoorkomelike moeilikhede, dan is dit in elk geval beter om te sterf as eerlike stryders op die slagveld, dan om te versink in 'n bedwelmende luilekker eentonigheid van niksdoen ... Laat Jong Suid-Afrika sy nasionale geloofsbelydenis onderteken, nie met sy naam, maar met sy lewe en dan het ons niks te vrese vir die toekoms nie!"

Dr. Tobie Muller het in 1913 van nasionalisme geskryf: Kultuur, wat uit ‘n volk uit ontstaan moet begrens word om te bly voortbestaan. Nasionalisme is ‘n intensiewe en geen ekstensiewe saak nie. Lengte en breedte tel ewe min in ‘n volk se lewe….diepte is die hele saak! Nie wat oor 200 of 300 jaar van ons sou geword het nie maar wat ons nou is en moet wees! Sy Volk is tewens vir elke persoon die aangewese kring waarin hy in die eerste plek sy roeping moet vervul. Om ons volkslewe diep te maak is ons eerste taak. Nasionalisme is deur en deur ‘n morele saak waarvoor niemand die oog mag sluit nie. Die keuse om dus nasionalis te wees is dus ‘n morele keuse van die diepste betekenis. Godsdiens sê Ds. Muller sluit moraliteit in. daarom is dit ‘n godsdienstige plig om nasionalis te wees. Papheid op nasionale gebied se hy is dus ‘n religieuse oortreding dws. ‘n sonde!

Hy het onder meer 'n reeks preke gelewer oor godsdiens en nasionalisme, want ware nasionalisme was vir hom een van die uitinge sowel as een van die middele tot versterking van die godsdiens.

Ná byna drie jaar diens as hulpprediker is aan hom in Julie 1916 die leerstoel in die wysbegeerte aan die Victoria-kollege aangebied as opvolger van prof. Thomas Walker in wie se plek hy tevore reeds waargeneem het. Terselfdertyd is hy as predikant na die gemeente Philippolis beroep. Onder invloed van professore en studente kies hy aanvanklik die professoraat, maar ná 'n felle innerlike stryd neem hy die beroep na Philippolis aan. Dr. Muller, sy vrou, hul seuntjie, Christof, en dr. Muller se moeder (sy vader is op dr. Muller se verjaardag in 1915 oorlede), het in Oktober 1916 na Philippolis vertrek waar hy op 14 Oktober 1916 deur ds. J.D. Kestell as leraar bevestig is. Op kerklike en politieke gebied was dit 'n moeilike tyd in die Vrystaat se geskiedenis. Dit was die gevolg van die Rebellie, wat in talle gemeentes aanleiding gegee het tot 'n dreigende skeuring. Philippolis was geen uitsondering nie.

Toe dr. Muller daar aankom, was die gemeente reeds verdeeld en die spanning tussen die twee partye was hoog. Dit was dus by uitstek 'n geleentheid waarop 'n kerklike leier op die proef gestel sou word. Baie gemeentelede het gedink dat sy oortuigings te sterk was om versoenend op te tree en dat hy dus nie in staat sou wees om die eenheid in die gemeente te herstel nie. J.A. Bosch skryf egter: "Hierdie menings het hy gou die nek ingeslaan deur te bewys dat kragtige oortuigings op enige gebied nie 'n hindernis nie, maar juis 'n hulpmiddel is vir die beoefening van die liefde wat bind."

Al sy boodskappe, soos sy intreepreek wat gelewer is na aanleiding van 1 Korintiërs 13:13 ("En nou bly geloof, hoop, liefde — hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde" het van hierdie verdraagsaamheid en kalmerende liefde getuig. Hy het daarin geslaag om broederlike liefde en samewerking tot stand te bring en sy gemeentelede die kostelike les geleer dat die Christelike liefde nogtans beoefen kan word, ook daar waar mense op politieke gebied ver van mekaar staan. Aanvanklik het sommige lidmate gedink hulle sou moeite hê om hierdie geleerde man, 'n professor in die filosofie te verstaan, maar hy het hulle aangenaam verras. J.A. Bosch skryf: "Sy nederigheid, ongekunstelde natuurlikheid en warme menseliefde het almal na hom gelok. Al sy preke het diep en dringend tot elke siel gespreek en as 'n hoofdoel het hy die opbouing van die geestelike lewe van sy gemeente voorop gestel".

In kerkraadsvergaderings het hy deur beskeidenheid en lewenswysheid die korrekte leiding gegee. Met die ingebore adel van sy siel het hy nie vanweë sy posisie as voorsitter en leraar oorheers nie, maar altyd die nodige respek aan die oordeel van diakens en ouderlinge betoon wat ouer as hy was. Dit was hier dat die gees van broederliefde in dié moeilike tyd op Philippolis ontstaan en gegroei en mettertyd deur die gemeente gewerk het. By die katkisasie, huisbesoek en in al sy werksaamhede as predikant, was hy altyd die deeglike, vriendelike en vertroostende herder en leraar wat niemand weens sy jeugdigheid kon verag nie.

Mag ons Afrikanervolk uit hierdie voorbeeld van die uitlewing van God se liefdesgebod, waarbinne die nasionalisme, wat baie Afrikaners al versaak het, gekoester en toegepas is, ter harte neem op ons strydende pad vorentoe om ons jeugdige volkskap te beskerm en uit te bou in eensgesindheid as voorvereiste vir sukses teen die “oorlog” ons aangesê!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie