1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4447985

Besoekers aanlyn

Ons het 104 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

Brief: Ons volkstaat se naam is Suid-Afrika

Hierdie brief wat op Praag se webblad verskyn het is die bewys van 'n nugterheid wat onder Afrikaners begin posvat oor die pollitieke toestand in Suid Afrika. Bravo aan Hansard de Wet.  Bepaald is jou Afrikanerfondasie op rots gelê. Bly daarop bou en jy sal saam met ons die grense help trek wanneer die geleentheid hom voordoen.

Die windeiers is ongelukkig baie en lyk op die oog af vir die oningeligte presies dieselfde as die bevrugte een! Daarvan is daar slegs een en hy word beskerm en bewaar totdat die Afrikanervolk deur die omstandighede spontaan bymekaar gedwing word, of ons bymekaar wil wees of nie! Die huidige verantwoordelikheid is om die gouedraad van nasionalisme te koester totdat die kern van die Afrikanervolk in daardie nes bymekaar kom soos wat dit in 1948 en daarna was. Met vaste geloof en vertroue in die God van ons voorgeslag sal ons weer wen soos by Bloedrivier ongeag die oormag. Hou dus goeie moed en wend jou gewig aan  by hulle wat uit innerlike oortuiging soos jy dink! Jou brief is meer werd as 'n duisend woorde!

Volkseiers

Daar is drie henne op die werf. Twee lê al eiers. Daar is geen haan, dus lê hul onbevrugte eiers.

Een is broeis. Ek kry haar weer vanoggend op die plek waar hulle eiers lê en ek verwilder haar waar sy op daardie enkele eier gaan lê tot hy vrot is: Want dis ‘n onbevrugte eier. En al is daar tien eiers wat sy wil uitbroei, dit gaan nie help nie. Want dis onbevrugte eiers.

So is dit met ons volk.

Verskoon maar die terme waarvolgens ek leierskap bespreek en dat ek aanvoer leierskap het ‘n bevrugtende taak. Maar dis nou maar eenmaal so: ‘n Leier of leierskap het ‘n bevrugtende taak wat die volk betref. Is daar nie ‘n leier en leierskap nie, sit die Afrikanervolk sonder bevrugte politiek. Klaar. Oor. Uit. Aanskou die les van meer as twintig vermorste jare.

Daar is die oulikste eiers gelê en die volk en sy hoofsaaklik alternatiewe nuusmedia het al wat ideologie en dwaling en godsdienstige rigting is verken. Of die volk nie sy aard, sy godsdiens, sy politieke toegeneenthede, ken nie maar tog het die volk die moeite gedoen en al die uiteenlopende filosofieë besnuif en befrons om te kyk waar hy die waarheid dalk misgelees of misgehoor het.

Ja, die volk het ‘n mooi klompie eiers in die nes onder hom gekry. En gebroei. En sommer later vir hom broeimasjiene gekry om te help om die eiers uit te broei. Maar niks broei uit nie, genugtig.

Een van die broeimasjiene is vir ‘n volkstaat. Wat hulle nou nog soek. Gaan lees die twak wat sekere webwerwe verkoop, hulle soek nog ‘n volkstaat en al daardie eienaardige vorme van “selfbeskikking”: Ons het ons volkstaat en sy naam is Suid-Afrika.

Hulle wil volkstate omlyn en kaarte trek. So al of hulle Vasco da Gama en Bartlomias Dias is wat nog ‘n seeweg na Indië soek. Of kaptein James Cook wat met ‘n paar skepe — ja, ook kaarttekenaars en navigators het hulle genoeg — presies wil gaan uitvind waar Van Diemensland is en as Van Diemensland daar is, gaan kyk of die vestiging van nog ‘n Britse kolonie moontlik is.

Die Afrikanervolk weet waar is sy land, hy sal net weer en klaarblyklik ná harde en dadelike stryd harde grense moet trek.

Maar sonder die bevrugtende en bevestigende rol van ‘n leier en leierskap sal die Afrikanervolk nie gedoen kry wat hy moet nie.

— Hansard de Wet

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie