1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4500250

Besoekers aanlyn

Ons het 18 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DIE SUID AFRIKAANSE RESERWE BANK, MKWEBANE EN STEPHEN GOODSON

finansiele verknegtingDit is baie duidelik dat die Openbare Beskermer, (OB) die spreekwoordelike kat in die duiwehok losgelaat het met haar aanbeveling wat die mandaat van die Reserwebank betref.

Die AVP verskil nie met haar oor die opmerking dat Stephen Goodson se boek oor die reserwebank ‘n “moet lees boek” is nie. Inteendeel word die sluier daarin gelig oor die wyse waarop geld uit niks geskep word waarop die leners dan rente moet betaal nie. ‘n Beginsel van woekerwins waarteen die Woord van God uitdruklik waarsku.

Verder word daar ook aangedui dat die reserwe bank soos oral elders in die wêreld, dié instrument in die internasionale geldmag se hand is waarmee regerings, hulle geldwaarde en energiebronne beheer en gemanipuleer word en die banke gebruik word om die man in die straat finansieël te verkneg.

Werkloosheid en inflasie word geskep en aangewend om bevolkings afhanklik te hou, onluste aan te stig en wanorde en chaos te laat toeneem of te beheer na gelang dit hulle agenda pas. Vir die gewone Afrikaner is die boek van Goodson ‘n belangrike opvoedkundige inligtingstuk vir perspektief oor hoe die ekonomie geplooi is.

 

Regeringshoofde wat nie daarby inval nie word eenvoudig verwyder, hetsy deur staatsgrepe, ditsy deur sluipmoord. In hulle plek kom dan gewoonlik ‘n lakei van die geldmag. Gevalle soos Saddam Hoesein, Gadafi en huidig die aanslag op Asaad van Sirië waar in elke geval redes vir ingrype aldaar aangevoer is wat glad nie strook met die waarheid nie.

Mkhwebane OBDit gesê, laat dit die vraag ontstaan oor wie agter Mkhwebane se aanstelling sit. Aanvanklik het dit na Zuma gelyk en het hy waarskynlik daarin ‘n hand gehad. Baie bepaald is sy nie ‘n geldmag aanstelling nie. Gebore in die Hoëveld in die dorp Bethal, lyk dit tog of haar etniese afkoms Zulu is.

Haar onlangse uitlatings dat Zuma geen gronde het om die verslag van die vorige OB oor die Guptas se staatskaping te stop nie, lyk egter na ‘n omkeer van haar standpunt kort na haar aanstelling. Dit is bepaald nie ‘n gunstige opmerking in belang van Zuma nie.

Dit blyk verder ook dat sy vir een of ander “obskure” rede, afgesien het van haar aanbeveling oor die reserwebank. Dit kan natuurlik ook wees om die stof kans te gee om te gaan lê.

Hoe dit ookal sy, dat daar steeds duistere magte is wat in Suid Afrika aan die werk is, is onbetwisbaar! Dat hulle hok ernstig geskud is, is egter ook waar en veral waarneembaar uit uitreksels uit verskeie artikels wat ons hier onder aanhaal.

Top of Form

REVEALED: Public Protector punted ‘must read book’ by anti-Reserve Bank activist

Jun 21 2017 12:36 Matthew le Cordeur

ANC rejects Public Protector's call to change Constitution

Tito Mboweni warns Public Protector not to interfere with SARB

Public Protector creates useful diversion for a state under siege

On Wednesday, Business Day reported that Mkhwebane has "advocated a role for the central bank that is closely aligned to the views of Chris Malikane, the controversial adviser to Finance Minister Malusi Gigaba who advocates the creation of a state bank with the unrestrained ability to create money".

The Holocaust denier, the public protector and the Reserve Bank

Phillip de Wet, Lisa Steyn21 Jun 2017 15:12

Our Public Protector Is A Gupta Buddy Who Loves Books By Holocaust Deniers

22 Jun 2017 by Jasmine Stone in Jacob Zuma, Politics, South Africa

This below from the Mail & Guardian:

Just what possessed Mkhwebane to order a change in direct opposition to economic orthodoxy, shocking everyone from the ANC to ratings agencies, is not clear.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie