1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4421914

Besoekers aanlyn

Ons het 101 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

MOET ONS VIR HULLE JAMMER WEES?

Rooimiere verwyder plakkershutteVan wie praat ons hier? Plaaslike plakkers wat deur die “rooimiere” op straat uitgegooi is sonder heenkome met ‘n koue wintersnag in aantog, of die nagenoeg 200‚000 Zimbabwiërs wat met spesiale visas na die 2008 ineenstorting in Zimbabwe na Suid Afrika vir heenkome gekom het en wat nou in Desembermaand, na sewe jaar se geldigheid verval en moet terug.

Met ‘n infrastruktuur wat die Afrikanervolk uit die grond uit opgebou en instand gehou het, waarop die swart massas noual vir 23 jaar teer, is die welsynstatus waarheen die terroristiese swart regime sedert 1994 Suid Afrika bestuur het, besig om na armlastigheid voort te snel. Die tempo is onbeheerbaar en die uitkoms voorspelbaar. Die Klerk se beste poging om ‘n “bloedbad” te vermy was die sekerste handeling om ‘n komende bloedbad te veroorsaak, bo en behalwe die meer as seshonderdduisend moorde se bloed wat Suid Afrika oorstroom. Moorde wat onbeheersd en in alle waarskynlikheid met die regime se goedkeuring sedert die Klerk se nuwe “demokrasie”,( slegs in belang van die swartes), gepleeg is.

“The SA Institute of Race Relations said on Wednesday that by 2016, the number of people receiving grants had increased by 328% while those with jobs increasing only by 24%.” 17 Miljoen wat van die staat afhanklik is en toelaag ontvang teen slegs 15.5 miljoen wat werk het. Watter land in die wêreld kan dit bekostig en bly bestaan?

Indien jy besluit om moedswillig op iemand anders se eiendom te gaan plak omdat jy daartoe aangehits word deur onverantwoordelike heethoofde wat geen respek vir wet en orde of ander mense se swaarverdiende eiendom het nie, en jy word dan gewelddadig daar afgesmyt, verdien jy simpatie?

As ‘n Zimbabwiër, toe jy goedgedink het om jaar na jaar vir Mugabe te stem wat blankes se grond en besit op dieselfde veragtelike wyse gevat en hulle die land uitgejaag het, nou na sewe jaar se bestendige woon, werk en rustigheid in Suid Afrika nou moet terug, verdien jy simpatie?

Indien ons Afrikaners hierdie ooglopende onreg sien, ervaar en dit dan verdra sonder om in verset daarteen te kom, verdien ons dan simpatie? Wanneer ons toelaat dat ‘n klomp politieke humaniste, liberaliste en menseregteakte ondersteuners samesprekings en ooreenkomste in samewerking met die terroriste-regime, namens ons volk onderneem sonder dat ons dit openlik repudieer, kan ons simpatie verwag?

Wanneer sport, drankmisbruik, dwelmmisbruik en immoraliteit, veral in die vorm van homoseksualiteit bedryf, toelaat of aanvaar word omdat dit die gees van die tyd is en wat ons hemelse Vader by Sodom en Gemorra met vuur vernietig het, kan ons simpatie verwag?

As ons land met dieselfde straf geteister word as waarmee God die volk van Juda en Israel gestraf het na Koning Josía, wat die Here gedien het, se seuns ná hom die Here geterg het deur die heidene se afgode te dien en in afvalligheid in sonde geleef het soos opgeteken in 2 Kronieke 32 tot 37, het dit nie tyd vir introspeksie geword nie?

Boers at Spion Kop 1900 Project Gutenberg eText 16462Kan jy deur jou pêrels voor die sweine te gooi en alles rondom jou besig is om sigbaar in duie te stort, nog simpatie verwag? Het ons dan nou heeltemal ons geloof verloor? Was behalwe vir die versekerings uit die WOORD van God, die bewyse van God se ingrype in die nood van ons eie volk dan vergete en word dit verdring deur die omstandigheid van getalle? Dit was dr. Malan wat geroep het: “Keer terug na jou God, keer terug na jou volk en keer terug na jouself!” Só bring ons weer bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar tuis hoort, wat nou verward, sonder geloof en verdeeld agter gefabriseerde oplossings aanloop om telkens teleurgestel te word.

Nasionalisme is van God af en net so min as wat jy die golwe van die see met ‘n besem kan terugvee, net so min kan jy nasionalisme keer! Die ander “ismes” is mensgemaak, feilbaar, nikswerd en destruktief! Maak maar ‘n opname van die effek van die liberalisme, humanisme, sosialisme en kommunisme, rondom jou waar dit alles hier in Suid Afrika gebruik is om Nasionalisme te probeer vervang! Quo Vadis Afrikaner?

Terwyl die AVP die Afrikaner se ankertou nog stewig vashou, vra ons kom val in en trek saam! Met die hele restant van die Afrikanervolk aan die ankertou, in vaste geloof en hakke in die grond, is daar nie ‘n mag wat groot en sterk genoeg is om ons te oorwin nie. Vra maar vir die Britte en kom stry dan saam met ons!

Mpho Raborife News24 - ‎21‎ ‎June‎ ‎2017

MORE PEOPLE ON GRANTS THAN WITH JOBS, FIVE YEARS LATER

Johannesburg - There were more than 17 million South Africans dependent on social grants on a monthly basis compared to about 15.5 million South Africans with jobs last year, the SA Institute of Race Relations said on Wednesday.

In a finding released in the institute’s latest South Africa Survey, it said this did not bode well for the economy because government would find it harder to expand the rollout of grants or to increase their value.

“The numbers are a recipe for social and political chaos,” the institute’s analyst Gerbrandt van Heerden said.

“As the economy stagnates, and tax revenue slows, demand for more grants will increase. The government will then have to cut other areas of expenditure in order to meet popular demands for more and higher grants. We predict that this will lead to much higher levels of violent protest action.”

'A double-edged sword'

In a survey conducted by the institute in 2001, around 12.4 million people were employed compared to around 3.9 million people receiving social grants.

This roughly translated to 330 people with jobs for every 100 people on social welfare. By 2012, the ratio had dropped to 90 people in employment for every 100 social welfare beneficiaries, the IRR said in 2013.

By 2016, the number of people receiving grants had increased by 328% while those with jobs increasing only by 24%, it said.

“There is no doubt that the grants rollout did a lot to improve living standards in South Africa. However, the grants have become a double-edged sword,” Van Heerden said.

He said the inability to continue expanding the rollout while also increasing the value of grants would see living standards begin to stagnate and even slip.

Poor and unemployed people would be worst affected and could suffer new misery as their living standards began to fall.

The consequences for social cohesion would therefore end up being severe as inequality increased, he said. “The pending grants crisis will trigger much suffering and desperation in already poor communities.”

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie