1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4593108

Besoekers aanlyn

Ons het 45 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

SAL DIE AFRIKAANSE TAAL EN DAARMEE SAAM DIE AFRIKANERVOLK KAN BLY BESTAAN?

Afrikaans must fallMet die intrapslag wanneer ‘n mens konfronteer word met so ‘n vraag, sal die eerste gedagte wat opkom waarskynlik wees, maar is daar dan enige twyfel?

In die Afrikanervolk se geskiedenis is hierdie vraag egter al meermale gevra. Nie deur die gewone man op straat nie, maar veral deur diégene wat erns maak met die volksaak en die dieper betekenis van die doel vir sy bestaan. Waarom is die Afrikanervolk in aansyn geroep en wat is die middele beskikbaar vir sy groei en beskerming?

As in aanmerking geneem word dat daar geen vooraf beplanning van die mens was om ‘n nuwe volk op aarde tot stand te bring nie, maar dat die Afrikanervolk spontaan gegroei het uit hoofsaaklik vyf Germaanse volke, almal vreemd aan Afrika, is dit aangrypend om te besef dat elkeen van daardie volke uiteindelik hulle moedertaal, hulle kultuur en hulle land prys gegee het en Afrikaners kom word het aan die Suidpunt van Afrika.

Dit is dáárdie Afrikaners uit wie óns gegroei het! Dit is dáárdie Afrikaners wat ‘n eie taal, ‘n eie geskiedenis, ‘n eie kultuur en ‘n besonderse saamhorigheid, gevestig en ge-anker in die Woord van God, tot wasdom laat groei het. ‘n Volkóme volk, onderskeibaar van elke ander volk op aarde in sy taal, sy geskiedenis, sy herkoms, sy voorkoms en sy kultuur, in kort, sy identiteit. Dit terwyl die oogmerk slegs 'n verversingspos vir verbygaande skepe was.

SlangtaalIs dit dus nie “awesome”, “amazing”, “great” en ’beudifull”, dat ‘n volk so spontaan en onbeplan gebore en volwasse word nie? Dan na bloedige stryd en sweet en volharding van ons voorgeslag, laat ons onself geleidelik verteer deur jingoïstiese goorwoorde. Goorwoorde uit die taal van ons grootste vyand, aan die hare in ons eie pragtige taal, deur onsself ingesleep. ‘n Vyand wat daarop uit is om ons van die geskiedenisverhoog af te vee, al kos dit wát!

Wanneer die anker van taalsuiwerheid getrek word is die sleurstroom na jou identiteit ‘n oop kanaal! Dit is dan wanneer die vraag van voortbestaan weer geldig word! Indien die kragwoorde wat deesdae so vryelik in veral die sosiale media en in gesprekke bygetel word, quo vadis Afrikaner? Vir wie veg ons dan ‘n vryheidstryd? Is dit vir óns wat ons voorvaders moes sug: Engels, Engels, alles Engels! Die GHA, die GRA, die eerste en tweedeTaalstryd om eers in 1925 deur die Parlement erken te word.

Laat ons egter nie negatief bly nie. Elke keer wat ons volk sy vryheid in die verlede verloor het, het ons dit elke maal teruggewen! Met elke Afrikaner wat sy pragtige Afrikaanse taal suiwer hou, beïnvloed jy menig ander om dit ook te doen! Dít is reeds die begin van verset en selfhandhawing om te bly by dit wat ons by geboorte ge-erf het. ‘n Afrikaner geplant in Afrika, beskerm en gedra deur die God van Abraham, Isak en Jakob, wat nou ons hemelse Vader geword het deur Jesus Christus.

As ons glo dat dit Sy wil was dat ons ‘n Volk moes word, dit in Afrika moes word, waarom dan die middele waarmee ons, dit wat ons uit Sy hand ontvang het moet beskerm en bewaar, min ag, weggee of verwaarloos? Die Afrikaanse taal as beskermer van die Afrikaner se beskawingsbedrading is onvervangbaar, ook in die verwoording van sy sielsbehoefte. Laat ons dit suiwer hou!

Dr. D.F. Malan het by geleentheid gesê : "Oor die pad van SA sal u ook moet trek, oor bergreeks en deur dorsland heen.

Koers hoef u nie te vra nie. Dis daar. Sal u dit hou?

Lig hoef u nie te ontbeer nie. Die fakkel met vaste voet oor honderd jaar gedra, word vir u in u hand geplaas.

Sal u hom brandend hou?"

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie