1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4314976

Besoekers aanlyn

Ons het 72 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

MEDIA VERKLARING OOR MEDIAVERKLARINGS.

Volkstem LogoDaar het onlangs twee mediaverklarings en een inligtingsbrief die lig gesien wat daarop dui dat daar steeds groeperings bestaan wat poog om ons Afrikanervolk te laat afsien van die Republiek van Suid Afrika as Afrikanerland, in ruil vir ‘n volkstaatjie iewers.

Terwyl dit sigbaar duidelik is dat die politieke vêrsig van die voormalige leier van die Herstigte Nasionale Party, mnr. Jaap Marais, besig is om voor ons oë in vervulling te gaan, is die jong politieke “beterweters” steeds besig om op omstandighede te reageer ten koste van beginsels. Hierdie afwyking van die bestaande en bewese suksesvolle beginsels het ons dusver ons land gekos en ongekende ellende veroorsaak!

Aanvaarding van die volkstaatgedagte en onderhandelings met die vyande van jou volk sonder dat jy ‘n oorlog verloor het, was nog nooit mnr. Marais se oorweging nie. Inteendeel het hy deurgaans dringend daartéén gewaarsku. Hy het die nadele daarvan beklemtoon en die voordeel wat die vyande van die Afrikanervolk sou toeval indien jy selfs net aandui dat jy bereid is om te onderhandel oor wat joune is, as uiters negatief uitgewys.

Wat betreurenswaardig is, is dat die onlangse vlaag moorde in die verklarings wat uitgereik is nou gebruik word, nie om die moorde te bekamp nie, maar om mense te beweeg om weer tyd en energie te verspil in ‘n VVK verkiesing om steun te verleen aan, soos wat dit in een van die uitgereikte verklarings gestel word: ‘n “onwrikbare eis vir onafhanklikheid wat aan die “Regering” gekommunikeer is deur die sg. Boere-Afrikaner Volksraad. Daar word ook verwys na die internasionale gemeenskap wat net tyd het tot 31 Mei 2017 om in “die” dispuut te bemiddel. Watter onsin! Watter belagging waaraan die Afrikanervolk onderwerp word!

Het ons Afrikanervolk werklik nog tyd vir sulke onsinnige politieke speletjies? Die “eenrigting-oorlog” waarna in een van die verklarings verwys word is al meer as 22 jaar aan die gang! Wyle mnr. Jaap Marais het daarna verwys as ‘n oorlog van lae intensiteit. Die ondertekenaars van die verklarings poog egter steeds om ons volksgenote te oorreed om hulle besit prys te gee om iewers saam te trek sodat ons dit ‘n volkstaatjie kan maak?? Dit terwyl die moorde op ons besig is om hand-oor-hand toe te neem? Quo Vadis Afrikaner? Het omstandighede sommige sogenaamde "leiers" nou van hulle sinne berowe?

Daar word verder op skrif verklaar dat: “ons dink nie ons kan weer die gesag oor die miljoene volksvreemdes in S.A. herwin nie”. Die ondertekening van die uitgereikte verklarings dui op ‘n aanvaarding van de Klerk se “onomkeerbare” geskepte onwettigheid en is inderdaad 'n openlike erkenning van die onwettige terroristebende se reg as Regering van S.A. Aan hierdie onwettige regime moet nou gekommunikeer word dat ons onafhanklik wil wees in ons eie land! Bid jou aan!

Die Afrikaner Volksparty maan dat behalwe dat dit ‘n onhaalbare, dit ook ‘n uiters nadelige aksie is wat ons vryheidstryd ernstig benadeel indien nie heeltemal in die wiele ry nie. Die Swart Meerderheidsregime is sigbaar besig om hulleself te vernietig, terwyl geweld onderling feitlik daagliks aan die toeneem is, presies soos wat mnr. Marais se logiese politieke oordeel met Afrika as aanskouingsles hom instaat gestel het.

Hierdie land is ons land en eensgesindheid om dáárby te staan moet die voorkeur oorweging wees. Daaruit groei samehorigheid en daaruit vloei die politieke eensgesindheid wat in lyn met die veranderende wêreldklimaat, terug na nasionalisme, ons vryheidstryd in ‘n positiewe lig sal plaas in teenstelling met die valse verwagtings wat geskep word met die volkstaatfopspeen!.

‘n Verkiesing vir die verkryging van ‘n mandaat om te onderhandel is fataal! Veral omdat dit die prysgawe van ons duur verworwe Republiek al reeds deur die aanduiding dat ons bereid is om met die onwettige regime oor ‘n volkstaat wil onderhandel gekommunikeer is, is  dit fataal!

‘n Verkiesing waarin die somtotaal van Afrikaners, en daarby die meerderheid blankes in Suid Afrika, die geleentheid kan kry om hulle uit te spreek oor die oorsprong van die onwettigheid van die swartes se beheer van Suid Afrika en die leuens dat ons die land van hulle gesteel het, sal veel meer beteken om eendragtigheid te bereik, verdeeldheid te besweer en geestelik ingesteld te raak om dit wat onwettiglik van ons ontneem is, terug te neem wanneer die geleentheid hom voordoen.

Beide Orania en Kleinfontein, wat albei steeds onder die sentrale regime en sy blanke onverdraagsame grondwet moet buig, het reeds albei uit hulle tempo van groei aangedui dat die gedagte nie vir die Afrikanervolk aanvaarbaar is nie. Die volgehoue pogings met die volkstaatgedagte was en is steeds bedenklik en plaas die ondersteuners daarvan onder ernstige verdenking van samewerking met ons volksvyande wat ons land wil hê.

Die AVP vra, staak dit nou en laat ons ten ene male verenig in geloof soos by Bloedrivier! Ons vryheid en/of veiligheid setel nie óf by hierdie godlose regime, óf die sekulêre internasionale gemeenskap nie. By God kom dit nie daarop aan om deur baie of deur min te verlos nie! Kom laat ons liewer begin by die een gemeenskaplikheid van toelopende en onophoudelike moord en aanvalle op ons blankes. Ons moet ons krag en vaardigheid verenig in verset teen die barbaarse wandadigheid wat deur geen persoon of instansie geregverdig kan word nie.

Planmatige en effektiewe teenmaatreëls, effektiewe gesamentlike optrede teen die vervolging van persone wat hulleself verdedig het teen aanvallers, dit is die soort aksies wat vertroue en samehorigheid in die hand werk en die eenheid wat verlore is weer kan herstel!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie