1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4542228

Besoekers aanlyn

Ons het 88 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

ONEERLIKE HELDEDAAD. IS DIT AANVAARBAAR?

Prof H W vd Merwe geheime byeenkoms in Lusaka met ANC 1988Wat ek vandag onder die loep wil neem is die politieke verrigtinge direk na die sluipmoord op doktor Verwoerd tot nou toe en die gevolge daarvan op die psige,(gevoels- en denkaard) van die Afrikaner.

Die rede daarvoor is die uiteenlopende uitwerking wat dit plaaslik en Internasionaal gehad het en in groot mate vandag nog het. Veral buite Suid Afrika is dit wat in Suid Afrika gebeur het as ‘n heldedaad gesien en is dit met die Nobelprys vir vrede bekroon. Binnelands deur die media en die ondersteuners daarvan, word dit tot vervelens toe as onafwendbaar en noodsaaklik ge-ag om ‘n bloedbad te kon voorkom. Wat hier tersake is, is die volgehoue standpunt dat die Afrikanervolk vir die verandering ‘n mandaat voorsien het en tevrede is met die verandering wat plaasgevind het.

Daar was egter nog altyd veral binne Suid Afrika, maar ook van buite, diégene wat dit wat in Suid Afrika gebeur het as verraad beskou het en nog só beskou en daarteen in opstand is. Die kunsmatige verdeeldheid wat as gevolg van hierdie gebeure op die gevoelswaarde van die Afrikaner ’n negatiewe invloed uitoefen, het ons kwesbaar gemaak vir invloede wat sommige van ons afstand laat doen het van die beginselwaardes waarmee Suid Afrika opgebou is.

Om werklik nugterheid te kan verkry oor die waarde van die verandering wat plaasgevind het, sal daar allereers duidelikheid verkry moet word oor waarom daar van die begin af deurgaans oneerlikheid betrokke was!

Sedert John Belthazar Vorster is daar van uitoorlêtaktiek gebruik gemaak om die Afrikanervolk rustig te hou. Ontkennings oor ‘n sameswering om dr. Verwoerd te vermoor, ontkennings oor die afwyking van die sportbeleid, geheime samesprekings, talle leuens, stigting van die AWB en later die KP as opvangsgebiede van opstandelinge teen die sigbare verandering van beleid.

Die onderhandelings oor Mosambiek, Rhodesië, Suid Wes Afrika en Angola het lewens gekos wat blykbaar vir die maghebbers aanvaarbaar was onder die voorwendsel dat dit in belang van oorlewing was.

In terugskouing vandag, in die lig van Internasionale onrus en konflik wat druk op inheemse volke begin plaas deur middel van die multikulturele konsep, soos wat op Suid Afrika afgedruk is, kom die regverdiging van oneerlikheid terwille van oorlewing ernstig in gedrang.

Dit is eers wanneer die begrip dat misleiding deur oëverblindery, wanvoorstellings en uitoorlê-ery, daartoe gelei het dat die Afrikanervolk sy eie grootste vyand geword het deur besluite te steun wat ons van ons erfenis ontneem het en duisende se fisiese lewens, maar ook die lewenskwaliteit van ons ganse volk tot gevolg gehad het, dat die denkaard op beginsel verenig sal word.

Dit is ook waarom dr. Malan destyds toe Genl’s, Botha en Smuts die Britte se belange voorop gestel het, soos wat John Vorster Afrikaners uit die NP verdryf het omdat hulle kwansuis die Engelse te na gekom het, aan die Afrikaners gevra het: “Quo Vadis Afrikaner? ” Waarheen Afrikaner?

Kyk terug na waar ons vandaan kom! Besef dat ons doelbewus mislei was. Meet dan die uitkoms van die verandering deur om jou te kyk. Kom dan terug na die beginselpad van die Afrikaner waar die AVP steeds die fakkel brandend hou. Dan, met die hulp van ons Hemelse Vader vanwaar ons hulp verwag word, sal ons weer vry word in dié land wat Hy aan ons as erfenis laat toekom het en wat ons deur klein geloof en ondiens aan Hom, verloor het!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie