1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4542880

Besoekers aanlyn

Ons het 58 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

KOESTER U ERFENIS

BybelJeremia 15:1-21

“Jy het my verwerp, spreek die HERE, jy het ál agteruitgegaan; daarom strek Ek my hand teen jou uit en verwoes jou; Ek is moeg om berou te hê.” (:6).

Wanneer ons die Ou Testament lees, ontmoet ons ‘n volk wat verstaan het hoe om God deur sy ondankbare optrede te terg. Alvorens ons te vinnig die vinger na Israel uitsteek moet ons dalk so ‘n bietjie selfondersoek doen om vas te stel of ons nie maar vandag steeds dieselfde doen nie.

Ek neem u graag terug na die tydperk waar God besluit het om die volk Israel uit hul slawerny in Egipteland te verlos.

Sedert hierdie trek na hul beloofde erfenis begin het, het God hul gemaan om getrou aan Hom te leef en om Sy insettinge en verordeninge sorgvuldig te onderhou. Hierdeur sou God se Naam as ‘n wonderbare Raadsman en sterke God verheerlik word.

 

Nadat die volk Israel na menige beproewing in die woestyn en talle oorloë teenoor hulle vyande elkeen wel sy erfdeel in besit geneem het, het Josua die volk opnuut vermaan om trou te wees in God se insettinge. “Maar julle moet daar baie vas by staan om sorgvuldig te doen alles wat geskrywe staan in die wetboek van Moses, dat julle daar nie regs of links van afwyk nie; maar die HERE julle God moet julle aanhang soos julle tot vandag toe gedoen het.” (Jos. 23:6&8).

Die geskiedenis wat hierna volg, is eintlik tragies. ‘n Lewe van gehoorsaamheid aan die stem van God en ‘n getroue onderhouding van Sy insettinge en verordeninge het ‘n rustige, voorspoedige en vredevolle lewe vir die volk ingehou. Hoe dan anders – Hy is immers ‘n God van liefde en vrede en gehoorsaamheid aan Hom sal derhalwe die vrug van vrede en besadiging vir jou in die lewe voortbring.

Dit is egter asof die volk Israel menigmaal “verveeld” geraak het met hul rustige, voorspoedige en stil lewe. Dit was dan wanneer daar langs allerlei dwaalweë na opwinding gesoek is wat afvalligheid van God tot gevolg gehad het. God het telkens sy volk met strenge tugtiging besoek omdat Hy hul nie wou sien verlore gaan langs hierdie dwaalweë in die lewe nie. Wanneer dit met die volk sleg genoeg gegaan het, het hul gewoonlik hul verkeerdheid laat staan en hul tot God bekeer.

Hierdie bekering van die volk Israel tot God was telkens maar net totdat hul weer “verveel” is deur hul lewe van rustigheid en voorspoed. In plaas daarvan dat hulle hul verlustig het in die verheerliking van God deur hul lewenswandel, het die volk telkens God se trou en barmhartigheid ru beloon met dade wat ten hemele skreeu. Dit was in die tyd van Jeremia dat God dan ook finaal besluit het om die volk oor te gee aan heidense onderwerping. Die volk het dan gedurig so bitterlik gehunker na die lewenswyse van die heidene – en daar was dan nou hul wens bewaarheid. Hierdie lewe onder heidense bewind het egter vinnig geblyk nie só ‘n opwindende lewe te wees as wat die skyn daarvan was nie.

Die geskiedenis van die mensdom het bewys dat die mens nie daartoe instaat is om absoluut trou aan God te leef nie. Dit is om hierdie rede dat God besluit het om Sy Seun, Jesus Christus, as mens na ons te laat neerdaal om aan ons rigting hier benede te bied. Soos met al die ander planne van God was ook hierdie plan nie aan Hom voorgelê of voorgestel deur ‘n mens nie. In ‘n toestand waarin alles verlore blyk te wees, bedink God hierdie plan wat vir die gelowige in retrospek verstom laat oor die ongeëwenaarde verlossing oor die Bose wat hierdeur bewerk is.

Na die oorwinning oor die Bose wat Christus op Gólgota behaal het, is alle mag in die hemel en op aarde aan Hom gegee. Net soos dit die geval was met Israel, kom God ook na sondaarmense met die erfenis van ‘n lewe in Christus, weg uit die slawerny van sonde. “in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil, sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het, in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.” (Efésiërs 1:11-14).

God wil nie sien hoedat ons swaarkry en ten gronde gaan onder die sware las van sondeheerskappy in ons lewens nie, maar dat ons die sondelas sal neerlê en eerder Sy ligte juk op ons skouers sal neem. “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.” (Matt. 11:28-30).

Die gelowige wat egter hierdie erfdeel van verlossing uit God se Hand ontvang, hierdie erfdeel wat deur die Heilige Gees verseël is, het die verantwoordelikheid om hierdie allerkosbare erfenis te koester. Net soos wat die volk Israel God se toorn opgewek het deur afgodery in hul land in te voer, bedroef ons ook die Heilige Gees van God wanneer ons ongehoorsaam aan Hom leef. “En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.” (Efés. 4:30).

‘n Gelowige wat die stem van die Heilige Gees van God in sy lewe ignoreer se optrede is net so ‘n ru beloning van God se barmhartigheid as die ongehoorsaamheid van die volk Israel uit die Ou Testamentiese tyd. Inteendeel, die erfdeel wat Israel ontvang het, was ‘n verganklike erfenis hier benede. Die erfdeel wat ons in Christus ontvang, is onverganklik en die prys daarvoor was Sy kosbare bloed wat gevloei het om die volle losprys vir elke gelowige se erfenis te betaal. Daarom dat ons dit met die grootste agting moet koester.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie